05/11/2025
Hartklanke van n Verlore Tuis - Lang Pad Gedagtes
Ek deel woorde wat emosies vasvang - geloof, verlange en die reis van die lewe vêr van huis af.
05/11/2025
Unedited:
Vanaand sit ek vas aan gedagtes van jonk.
My kinder dae, my kinder huis.
Hoe mis ek dit wat gebou was vir ons.
Maar met lewe kom daar gebeurtenisse,
En so toe ook n nuwe rigting wat moes volg. Wat ek seker nooit oor sal kom. Maar my volwasse redenasie verstaan wat mos gebeur al was dit moeilik.
Deur die ervaringe het daar ook nuwe geleenthede gekom en my perspektief het gegroei. Dis wat ek nou sit en d**k.
As ek terug d**k en kyk hoe die lewe uitgedraai het. Mis ek nog steeds die wêreld van my kind-wees-dae. Ek huil. En dit maak soms nou nog seer. So diep seer tot in my innerlikse binneste. Nou laat dit my sommer d**k aan Job...
Daar het nuwe memories gekom soos my troudag en n nuwe lewe saam my man en toe ons eerste kindjie. ❤️
Planne het alweer verander (asof dit nooit n standvastige plek gekry het nie)
Ons het ons self bevind in n nuwe land, nou al sommer 2 keer.
Nuwe vriendskap verhoudings en 2 kinders later.
Maar ek sit in n land wat nie my moeder land is nie. En tog mis ek dit. En daai vra kom weer op. Jy weet, daai soort vra, wat as.
Tyd het stil gestaan...
My hart was in die comfort zone.
Dae, weke, maande het verbygegaan –
maar in daardie seisoen van gemak,
was daar geen gejaag na sukses nie.
Lewe het steeds aangegaan:
die werk, die skoonmaak,
die daaglikse juggle van 'n mamma met kinders.
Maar my hele wêreld het om hulle gedraai,
en liefde het my anker gebly.
Soos die weer verander,
het my seisoen ook stadig begin draai.
Van net gee en omgee,
na begin droom en groei.
'n Nuwe tyd vir my siel
om weer te blom soos 'n lenteboom.
Ek is opgewonde oor wat besig is om te gebeur –
selfs al voel dit soms of tyd nog stil staan.
Ek wag op die blom van innerlike waarde,
om uit te blink soos ’n cherry boom in volle blom.
Seisoene verander...
en vanaand praat die Heilige Gees weer sag met my hart.
Ek staan op ‘n pad vol onsekerheid,
Waar elke tree my na die toekoms lei.
Met ‘n hart vol hoop en ‘n kop vol drome,
Al voel ek soms ek is vêr van my huis.
Die verlangens in my, die pyn wat ek dra,
Maar die hoop wat ek dra, hou my op die regte pad.
Ek weet die pad is nie altyd reg nie,
Maar elke stap bring ek nader aan my doel.
Die toekoms wat ek bou, dit dryf my vorentoe,
Al is die koue wind teen, en die nag baie lang.
Ek glo in wat ek kan skep, ek glo in die droom,
Elke dag bring ek ‘n bietjie nader aan die wens.
Ek sal nie opgee nie, al voel die reis lank,
Ek weet die vrugte sal kom, dit is wat ek glo.
Al is die pad vol stryd en in stilte gefluister,
Die toekoms wat ek wil bou, gee my die moed om te hou.
So stap ek aan, vol hoop en vasberade,
My hart vol liefde, al is die pad nog vêr.
Ek bou die lewe wat ek wil hê,
Al dra ek die pyn, elke tree is ‘n tree na die lig.
09/03/2025
Lang Pad
Alweer raak die pad lank,
ek sit en kyk, stil en bang.
Lang bome, oop lig, blou lug bo,
’n diep asemteug - maar steeds laat dit nie los.
Nog ’n keer probeer ek beheer,
hand op my bors, maar steeds keer
die emosies nie, dit vloei net vry,
deur my oë, oor my wang, soos ’n stille kry.
’n Tissue in my hand, haastig gegryp,
sodat niemand sien hoe die trane gly.
Maar wie kyk? Wie gee om?
Ons almal jaag vorentoe, op ons eie pad, alleen, verstom.
Huil, huil - laat dit uit!
vee af die trane, voel dit luid.
En so gee ek oor, ek laat dit kom,
laat my snakke, my hart oopstorm.
Die pad bring my terug, my denke dwaal,
na memories sag, verlange straal.
Na wie ek mis, na wat ek wil hê,
maar die afstand bly, die oseane skei.
Ek wil ry, net ry, na hulle toe,
hul sien, hul vashou, net vir ’n oomblik of twee.
Maar ’n video call moet genoeg wees vandag,
en so sit ek, op die lang pad, en wag.
07/03/2025
Ek het geleer dat emosies nie net ervaar wil word nie maar wil vasgevang word, uitgeskryf word, ‘n stem kry.
Woorde het ‘n manier om die stilte te breek, om te sê wat trane nie altyd kan sê nie.
Ek het hierdie ruimte geskep om my reis in woorde vas te vang. My refleksies, my herinneringe, my drome. Dit is nie net oor die plekke waar ek was nie, maar oor die gevoelens wat ek dra. Dit is my manier om te onthou, te verwerk, en miskien selfs te genees.
As jy al ooit gevoel het jy leef tussen twee wêrelde, die een wat jy moes los en die een wat jy nou bou, dan is jy nie alleen nie.
Hierdie is my storie, en ek deel dit in die hoop dat dit iemand anders se hart ook sal aanraak.
📖✨ Woorde wat emosies vasvang. My spasie tussen verlange en geloof.
🌟 Welkom by Hartklanke van 'n Verlore Tuis - Lang Pad Gedagtes 🌟
Welkom in hierdie ruimte vir Afrikaanssprekende Christene wat in die buiteland is. Hierdie groep is 'n plek waar ek gedigte, refleksies en gedagtes sal deel wat die emosies vasvang wat ons op ons lewensreis ervaar. 'n Spasie vir diep denkers en verlange-harte.
Hier deel ek my woorde wat my emosies vang: verlange en verbintenis, gedagtes wat dwaal, en die stil stories van my siel.
As trane kon praat, sou hulle hierdie bladsy vul. Tussen twee wêrelde, tussen herinneringe en drome, deel ek my reis.
Click here to claim your Sponsored Listing.