08/04/2026
Die Hollard Affies Fees is veel meer as net ’n musiekaand — dit is ’n
volledige gesinsuitstappie. Terwyl volwassenes kuier en die musiek
geniet, wag daar ’n wêreld vol pret op die kinders. Op die terrein sal
daar springkastele vir die energieke kleinspan wees, gesigverf vir oud
en jonk, asook ’n fotostrokie-geleentheid waar gesinne saam blywende
herinneringe kan vaslê.
Die Milky Lane-trok sal ook op die terrein wees met roomys en ander
lekkernye. In die kinderlekkergoedsone wag daar boonop lekkers,
koekies, roomys, ysdrankies (“slush puppies”) en nog vele meer.
Die Hollard Affiesfees 2026 word met trots deur Hollard Namibia geborg
en deur WAP aangebied. Kaartjies is by KuduKey en by die skool se
finansieskantoor beskikbaar teen N$100 vir skoolgaande kinders en
N$150 vir volwassenes. 💙🤍💛
Neem asseblief kennis dat geen glas op die terrein toegelaat sal word
nie; slegs plastiekhouers sal toegelaat word. Parkering is by Wanderers
beskikbaar, met addisionele oorloopparkering by die Ramblers
sportgronde. Indien heerlike Namibiese reën vir dié dag voorspel word,
word families aangemoedig om ’n sambreel of gazebo saam te bring.
25/03/2026
Hi julle!
Het nog 4 nuwe Afrikaanse liedjies klaar gemaak as julle wil aflaai, maar ek wil ook die Engelse liedjie van my met julle deel wat op my Ludik 'profile' gelaai is..
> https://music.apple.com/.../i-need-you-tonight/1887370426...
> https://link.deezer.com/s/32NVU62gWLHn231wditeR
> https://open.spotify.com/track/6SyB78jdy51hN51KFTlbw2...
Groete,
Stefan
I Need You Tonight
Ludik · I Need You Tonight · Song · 2026
13/03/2026
Onthou julle die een?
Was my heel eerste liedjie op 'n CD en was ook vir 'n tydjie die temaliedjie vir Toks & Tjops🍺🤠👍🔥
Laai hom af op die skakels hieronder..
Lekker naweek en lekker braai!
> https://link.deezer.com/s/32HcSg3obrwumLZzKLExi
> https://music.apple.com/za/album/kom-ons-braai/1884472677?i=1884472680
> https://open.spotify.com/track/1yxxrJ1zdRGfOLpVfFYM6a?si=05bbb0d4db234723
Kom Ons Braai
Stefan Ludik - song - 2026
13/03/2026
Jy Is so Mooi
Stefan Ludik - song - 2026
20/02/2026
🎙️Stefan Ludik is terug… maar hierdie keer is dit deel Stefan en deel AI 👀🤖
Hy het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat “remix” en vervaardig — en nou is dit op al die groot musiekplatforms beskikbaar!
👉 Is dit steeds “egte” musiek as AI help met die produksie?
👉 Waar trek ’n kunstenaar die lyn?
👉 En hoe voel hy oor die kritiek rondom AI in die musiekbedryf?
Ons gesels met Stefan Ludik oor sy nuwe vrystelling “Trou Met My”, die kreatiewe proses, en die groot debat oor AI in musiek.
📻 Skakel in en deel jou mening!
Is jy vir of teen AI in musiek?
🇳🇦🎙️ Namibië se nommer 1!
📻 94.1 FM | 📺 DStv 877 | 📡 GOtv 317
🌐 Luister aanlyn: www.kosmos.com.na
📲 Laai die Kosmos 94.1-toep af: https://qrco.de/bg04uf
💬 WhatsApp: 085 127 3000 | ☎️ Studio: 94100
23/12/2025
Hier is nog ‘n nuwe snit, maar ‘n ou liedjie wat ek daai tyd in Johannesburg geskryf het en gedink het ek gaan myself verloor in die genadelose stad.. Laai hom af op jou gunsteling musiekplatform
> https://music.apple.com/na/album/windverlore-single/1863585229
> https://open.spotify.com/track/66skdK5bCAV6hlqb2b1aXK?si=d37d1df21a5a4bcf
Windverlore - Single by Stefan Ludik on Apple Music
Album · 2025 · 1 Song