28/05/2026
Christelike Vrouekamp 2026 🌿
📅 18–20 September 2026
Dames, stap weg van die gejaag van die lewe en sluit aan by ons vir ’n kragtige tyd van vernuwing en gemeenskap. Ons September kamp fokus op hoe God ons dra en stewig plant sodat ons kan groei—gewortel in Sy liefde, versterk deur Sy Woord, en saam floreer in geloof.
✨ Jy kan uitsien na:
Inspirasie en aanbiddingsessies
Dieper verbintenisse met ander vroue van geloof
Rus, refleksie en geestelike groei
📍 Merk die datums: 18–21 September 2026
🌸 Kom gereed om verfris, herstel en gewortel in Christus te wees!
Vir meer inligting gaan na : https://www.battlegirlz.co.za/vrouekampe/
26/05/2026
Better goals se doelwit is: "'n Gesonde gees huisves 'n gesonde liggaam".
Deur die loop van die program is daar 2 fisiese byeenkomste en 10 WhatsApp besprekings. Die fisiese byeenkomste is gedurende die eerste week en wanneer die program klaarmaak.
Elke Maandag stuur lede 'n foto van wat hulle skaal wys en gedurende die 2de tot 3de week word mates geneem.
Deur die loop van die 12 weke, deel ons elke oggend 'n Geestelike boodskap en 'n gesonde resep.
Almal wat deel is van hierdie "program" neem deel aan gesprekke op WhatsApp.
Tydens Maandagaande se WhatsApp oproep, gesels Annebé met almal oor geestesgesondheid en jou liggaam. Die groep gee terugvoer oor die boodskap en die verloop van hulle daaglikse lewe.
Na afloop van die 12 weke kuier ons weer saam en deel in mekaar se suksesstories. Die persoon wat die meeste gewig of sentimeters verloor het, kry 'n geskenk.
Die koste beloop R150 per maand.
Die kostes dek die adminstrasie en die byeenkomste, sowel as 'n pragtige joernaal om jou statistieke neer te skryf en jou etes te beplan.
Alhoewel daar twee aande van fisiese byeenkomste is, is dit moontlik om die program "virtueel" te doen.
Kom Donderaand 18:30 nm. na The Steaming Mug en eet saam met die groep wanneer ons afskop, en geniet die journey saam met ons. 😀
23/05/2026
Woensdagaand het ons Battle Girlz weer bymekaar gekom. Die hele aand was awesome. Een van ons jong dames het die ervaring wat sy op haar vorige Daniëlvas beleef het, gedeel. Sy het vertel hoe sy werklik nader aan God gekom het. Dit was moeilik, maar ook goed vir haar.
Daarna het sy haar getuienis gelewer. Die aand was vol dankbaarheid, vreugde en geluk.
Daarna het Elize ons bedien met Woord wat so gepas was - die boek Daniël.
Wat 'n aand! Dit was so gepas vir die Danielvas wat ons die volgende 7 dae doen. Gelukkig het ons 'n goeie begin gekry vir die Donderdag se kos.
19/05/2026
Hi julle. Ons kuier weer lekker vanaand uit Ou Testament. Hou dop vir wat kom.
Ons begin ook Daniel Vas vir 7 dae.
Jesus groete
06/05/2026
Lekker weeksaand pret saam die Girlz. Escape Room by Bedford Centre. Moes bietjie die grysstof gebruik met al die raaisels. Dit was so lekker om te sien hoe ons almal kan saamwerk. Daar was niks kompetisie tussen die spanlede nie, net 7 koppe wat saam ged**k het en 7 lywe wat so elke nou en dan geruk het van die skrik🤣
03/05/2026
Woensdagaand het die Battle Girlz weer bymekaar gekom as susters en vriendinne om bedien te word met die Woord. Weereens was dit besonders. Ons d**k elke keer dit is 'n gewone afspraak, maar dan kom die Heilige Gees en Hý het ander planne met ons. Dankie vir die pragtige aanbieding.
27/04/2026
Lekker baie van ons op vanoggend se parkrun by Rietvlei. Monica Robinson se 50ste and Helen Schoeman se 70ste. Well done girlz.
23/04/2026
familie, baie welkom by ons nuwe reeks van 12 weke. Tema: Stories van die Ou Testament. Wanneer ons dit hoor d**k ons vanselfsprekend aan Adam en Eva en Daniël in die leeukuil en wat van Dawid en Goliat? Nie by Rykie nie....nee Rykie het ons bedien met die woord uit Esra. Die herbou van God se tempel in Jerusalem.
Om op God te vertrou en Sy beloftes vir ons. Hoeveel van ons is beloftes gegee? Sien ons die beloftes raak?
God het die Konings opdrag gegee en dit maak nie saak watter
vyand op
jou pad kom nie. God
sal daar wees. Bid en
vas vir beskerming.
Die tempel van God is God se gebou en die volk jubel van blydskap.
Die hoofstuk gaan ook daaroor om iets te gee. Gee van jouself, maak nie saak hoe groot of klein nie.
Maar God, Maar God sal altyd voorsien!
Dankie Steaming Mug, dat ons elke week by julle kan vergader en dieper in die woord kan delf.
Dankie vir ons bestuurspan en dankie vir ons Abba Vader vir die leiding en die wysheid en Sy guns oor ons.
Sien uit na die volgende boek
11/04/2026
Vandag het ons die eerste reeks afsluiting gehad.
Hoe geseënd en geliefd is ons nie. Ons het so baie om ons Vader voor te dank. Van Sy liefde vir ons en die voorreg om Sy woord te kan leer. Vandag was net ontspan en om Sy gawes te geniet. Heel eerstens gaan ek, en ek d**k al die Girlz sal saamstem, ons Vader dank. En daarna elke Girl wat instaan vir ń ander, wanneer dit moeilik of sleg gaan en ook as dit goed gaan. Ons kan altyd op mekaar staatmaak. Daar is ook die lekker lesse wat ons leer uit die Bybel. En soos Elize genoem het, moet ons bewus wees en ons moet lief word vir die Bybel en sy stories. Daar is so baie om te leer en so baie om te volg. Dankie aan die bestuurspan wat altyd uit hul pad gaan om ons tyd wonderlik te maak. Baie dankie
11/04/2026
Ons het vandag so lekker saam gekuier by Goddess Cafe. Wat 'n wonderlike afsluiting van ons eerste 12 weke van 2026. Ons sien uit na ons volgende 12 weke oor die stories van die ou testament en al die aktiwiteit wat daarmee saam gaan. Ons gaan fliek, amazing race speel en sommer nog baie meer.
Dankie vir elke girl wat vandag saam kom kuier het.