24/08/2026
Ons is ongelooflik trots op ons WKSSV-skut, Louisa De B**r, wat die geleentheid gehad het om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Great Britain Junior International (GBJI)-kompetisie, wat in Bisley, Engeland, aangebied is.
Die kompetisie het op Maandag 17 Augustus afgeskop met die Target Sprint-kompetisie. Op Dinsdag 18 Augustus het die deelnemers aan die 3P-kompetisie deelgeneem, gevolg deur die 10m-kompetisie op Woensdag 19 Augustus. Die kompetisie is op Donderdag 20 Augustus afgesluit met die finale uitskiet.
Louisa het uitstekend presteer en die volgende medaljes tydens die kompetisie verower:
🏅 3P Staan – Brons
🥇 3P Pare-kompetisie – Goud
🥇 10m Individueel – Goud
🥇 10m Span-kompetisie – Goud
Ons is uiters trots op Louisa se besondere prestasie en haar toewyding, harde werk en uitstekende verteenwoordiging van Suid-Afrika. Baie geluk, Louisa! Jy het ons WKSSV-gemeenskap ongelooflik trots gemaak! 🇿🇦🏆
20/07/2026
Met groot trots stel ons die WKSSV-span bekend wat ons later vanjaar by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein gaan verteenwoordig.
Hierdie video vier nie net prestasie nie, maar ook deursettingsvermoë, opoffering en die ontelbare ure se harde werk agter elke skut se reis. Elke naam in hierdie span verteenwoordig ’n storie van toewyding en ’n passie vir die sport.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle—julle dra nie net WKSSV se naam nie, maar ook die trots van ’n hele gemeenskap.
Sterkte met die voorbereiding. Ons staan vierkantig agter julle!
Send a message to learn more
20/07/2026
Hier volg nog ’n paar gedeelde hoogtepunte van Kompetisies 6 en 7.
20/07/2026
Vrydag 17 Julie en Saterdag 18 Julie 2025 het WKSSV se laaste twee kompetisies van die jaar plaasgevind—’n naweek vol trots, vreugde en diep emosie.
Saterdag het vir baie van ons ’n spesiale betekenis gedra. Ons het gesien hoe skuts hul persoonlike beste oortref en hul harde werk beloon sien word. Vir ons matrieks was dit egter ’n besonder aangrypende oomblik—hul laaste skote wat nie net ’n kompetisie afsluit nie, maar ’n hele hoofstuk van hul skietloopbaan.
Die hoogtepunt van die dag was die aankondiging van die WKSSV-span wat die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aan die einde van September in Bloemfontein gaan bywoon—’n ongelooflike prestasie en ’n droom wat vir baie waar geword het.
Baie geluk aan elke wenner en aan elke skut wat opgeneem is in die WKSSV-span. Julle deursettingsvermoë, passie en toewyding maak ons ongelooflik trots. Hierdie is meer as net ’n sport—dit is ’n familie, en elkeen van julle is deel van iets besonders.
12/07/2026
Saterdag 11 Julie 2026
Nog 'n paar herinneringe saam met Wes-Bolandjag
12/07/2026
Nog 'n paar herinnering van Saterdag 11 Julie 2026
12/07/2026
Baie dankie aan Wes-Bolandjag vir die uitnodiging om die dag saam met julle te kon deurbring. Wat begin het as ’n tipiese koue Kaapse wintersoggend, het ontwikkel in ’n dag wat lank onthou sal word.
Die wind het beslis menige skut se vaardighede beproef, maar het terselfdertyd bygedra tot die uitdagende en genotvolle aard van die dag. Ouers en kinders het die geleentheid gehad om saam die buitelug en natuurskoon te geniet, en dit bevestig weereens dat die Wes-Kaap werklik ’n besonderse deel van ons land is.
03/07/2026
Almal word uitgenooi om hierdie dag saam met ons te kom deel
28/06/2026
Baie geluk aan al ons wenners van Kompetisie 5
28/06/2026
WKSSV Kompetisie 5 – 27 Julie 2026
Hoërskool Tygerberg
Baie dankie aan Hoërskool Tygerberg en hul personeel vir die hartlike gasvryheid. Soos altyd was hierdie kompetisie werklik een vir die boeke – presies wat ’n mens van WKSSV kan verwag.
Die opwinding onder die skuts was tasbaar, en wapeninspeksies is flink en professioneel afgehandel.
Die dag sou nie volledig wees sonder heerlike kos nie – ’n spesiale dankie aan Tygerberg se snoepie en personeel vir die smaaklike etes, asook aan die tannies wat die heerlikste pannekoek gebak het.
Tussen aflosse deur het die skuts lekker saam gekuier, stories gedeel en weer met mekaar kontak gemaak. Sommige het nuwe mylpale bereik, terwyl ander dalk nie heeltemal tevrede was met hul punte nie – maar kompetisies 6 en 7 wink reeds!
Ons sien uit daarna om julle almal binnekort weer te sien.
WKSSV Groete