11/06/2026
Rooster vir 2de rondte.
'n Gemeenskaps rugby klub in die hartjie van die Boland, wat passievol is oor die spel van rugby, en toegewyd is tot die ontwikkeling van jong spelers.
11/06/2026
Rooster vir 2de rondte.
04/06/2026
Kaptein Thom Persens lei sy span op die veld.
03/06/2026
Ons ystervroue!!! Daleen, Dine, Patricia en Elsabe. Baie dankie dat julle altyd dinge vlot laat loop by die snoepie as ons tuis speel. Ons waardeer julle!!!
Merchandise❗❗❗
Kontak Relton Pieterse by 060 480 2602
Fulltime
1ste Span Del 33 - Ham 31
Weereens een vir die boeke. Goeie spel van beide kante. Baie dankie aan Hamlet en hulle toeskouers wat uitgekom het om die dag te geniet. Sterkte vir die 2de rondte.
Aan ons boyz. Dankie dat julle die 1ste rondte op n hoe nood afgesluit het. Geniet die rus periode.
Dankie vir al ons ondersteuners wat in getalle opgedaag het. Ons waardeer julle.
Delicious of niks!!! 🇧🇬🇧🇬🇧🇬
Tellings
2de Del 38 - Ham 14
3de Del 3 - Ham 0
29/05/2026
Gabriel Samson. Spoed se baas. Een van die jongste vleuels wat sy buiging in die 90s vir die A-span gemaak het. Het altyd sy man aan die buitekant geklop. Was goed onder die hoe bal en met sy skraal lyf het hy nie terug gestaan vir die big dogs nie.
Na sy speeldae, is hy ook nog betrokke as afrigter by die 3de span. Hy het ook sukses behaal, deur die liga te wen. Gipp, ons salute jou.
29/05/2026
Aubrey Rooi. N kragtige stut wat verskeie posisies in die voorry kon speel. Hy het baie sterk geskrum en verdedig. Het verseker dat die bal skoon na die agterlyn gaan. Ook bekend ver sy uithouvermoe.
Na sy speeldae, is hy steeds betrokke by die klub. As die afrigter van die 3de span, het hy ook sukses behaal, deur die liga te wen. Buks, ons salute jou.
29/05/2026
Faizel Jumath. Kookwater senter wat se naam op n tyd elke naweek in die koerant was vir driee druk. Met sy bal vaardighede kon hy wonders doen. Kon lyne breuk en was goed op verdediging.
Op die ouderdom van 46, draf hy nog steeds uit vir sy tuisdorp Tulbagh. Nog steeds lewer hy kwaliteit rugby. Faia, ons salute jou.
29/05/2026
Derby specials❗❗❗
Verkope by hoof hek, verkope is tot voor 1st Team opdraf
Kontak Neville van Wyk by 071 864 6161