SASHF Mpumalanga

Call Website Contact the business

SASHF Mpumalanga South African Sport and Hunting Federation Mpumalanga Branch

The Mpumalanga Highveld Branch of the SA Sport and Hunting Federation offers a home to families and individuals who love the bush, hunting and sport shooting activities. The Federation was established in 1991 mainly to follow ethical standards in hunting and range shooting. The SA Sport and Hunting Federation is a welcoming community for families and individuals who have a passion for the bush, hunting, and sport shooting activities. Established in 1991, the Federation aims to uphold ethical standards in hunting and shooting sports. It is an accredited organization that is geared towards both families and serious hunters who enjoy hunting and practising shooting as a sport. Family members can get involved in various activities, which can also help support the application process for anyone looking to possess fi****ms. Sport and Hunting Federation is an internet-driven accredited organisation for the whole family as well as for the serious hunter who likes to hunt and practice shooting as a sport. Their family can be involved and regularly participate in activities which can support his/her application process when applying to possess fi****ms.

Fanie Potgieter!  Mag jou nuwe lewensjaar vol seën, goeie gesondheid, voorspoed en baie mooi oomblikke in die veld wees....
09/10/2026

Fanie Potgieter! Mag jou nuwe lewensjaar vol seën, goeie gesondheid, voorspoed en baie mooi oomblikke in die veld wees. Lekker verjaar Fanie!
Van
SA SPORT EN JAG FEDERASIE HOËVELD TAK

SEPTEMBER MAAND HET 2 SKIETDAE – HOËVELD TAK! Kom kuier saam vir ’n lekker dag in die buitelug waar sport, jag, vriendsk...
07/09/2026

SEPTEMBER MAAND HET 2 SKIETDAE – HOËVELD TAK!

Kom kuier saam vir ’n lekker dag in die buitelug waar sport, jag, vriendskap en goeie geselskap hand aan hand gaan!

Saterdag 12 September
👉 Skietdag met ’n bietjie pretskiet daarby!

Saterdag 19 September
👉 Skietdag met vergadering ná afloop van die dag se skietdissiplines.

Lede met statusse kan ’n ekstra aktiwiteit kry vir die bywoning van die vergadering.

Driefontein Skietbaan
Inskrywings: 08:00–08:30
Opening: 08:30
Skiet begin: 09:00
Skietdissiplines:
Jaggeweer – 25m tot 200m (10 skote)22
Handwapen
Windbuks
Haelgeweer

Baanfooie:
R30 – enige aantal dissiplines
R40 – Haelgeweer

Bring jou coolboks met genoeg drinkgoed, iets lekker om te eet en natuurlik jou kampstoel!

En op die 19de wag daar ná die skiet ’n lekker boereworsrol tydens die vergadering!

Hier gaan dit nie net oor die skiet nie — dis oor goeie mense, goeie sport en ’n lekker dag saam in die buitelug!

📞 Kontak Christo: 082 879 7033 vir enige navrae.

Bring jou toerusting, bring jou stoel, bring jou kuiergees… en kom geniet die dag saam met ons!

Sien jou daar!

HOËVELD TAK SKITTER BY DIE SA SPORT EN JAG FEDERASIE SE JAARLIKSE  NASIONALE BOKJAG KAMPIOENSKAPPE! 🦅SA Sport en Jag Fed...
20/07/2026

HOËVELD TAK SKITTER BY DIE SA SPORT EN JAG FEDERASIE SE JAARLIKSE NASIONALE BOKJAG KAMPIOENSKAPPE! 🦅
SA Sport en Jag Federasie se jaarlikse Nasionale Bokjag Kampioenskappe het vanjaar by Tumuga Hunting Safaris net buite Swartwater, Limpopo plaasgevind. Met 18 jagters uit verskillende takke was die kompetisie uiters uitdagend in die digte, ruie bosveld.
Ons is ongelooflik trots op Hoëveld Tak, wat weereens ons tak se naam hoog gehou het!
Werner Swanepoel is aangewys as Kampioen Jagter van die Jaar met uitstekende jagprestasie:
🦓 Sebra – kopskoot (196 kg uitgeslag)
🦌 19" Rooibokram – kopskoot
🦌 Rooibokooi – hartskoot (29.8 kg uitgeslag)

- Dewald Swanepoel het 'n pragtige Rooibokram suksesvol gejag, terwyl Tobie Swanepoel 'n Rooibokooi in die moeilike bosveld gejag het.

Die drie Swanepoel-manne het gewys dat deursettingsvermoë, jagvernuf en spanwerk steeds die verskil maak.

Baie geluk aan Werner, Dewald en Tobie Swanepoel met julle uitstekende prestasie.
Julle is ware ambassadeurs van Mpumalanga Hoëveld Tak.
Hierdie Swanepoel-familie ons is trots op julle! 🇿🇦🦅
Charmain Potgieter
Christo van der Vyver
Fanie Potgieter
Jaco Vorster
Biance Botha
Swanepoel
Swanepoel
SASHF Mpumalanga

Dis die laaste kaans wat u het om te kwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskap in Aug.Bevestig met Christo.0828797033 o...
22/06/2026

Dis die laaste kaans wat u het om te kwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskap in Aug.

Bevestig met Christo.
0828797033 om aan te dui of jy kom of nie.

Biance Botha
Christo van der Vyver
Jaco Vorster
Fanie Potgieter
Charmain Potgieter

04/06/2026
Charmain Potgieter Baie geluk met jou verjaarsdag!Jy is vir baie van ons bekend as die geliefde "Cat Lady", maar vir ons...
04/06/2026

Charmain Potgieter
Baie geluk met jou verjaarsdag!

Jy is vir baie van ons bekend as die geliefde "Cat Lady", maar vir ons is jy soveel meer as dit. Jy is 'n wonderlike mens wat altyd ander eerste stel, met 'n hart vol omgee en 'n gewilligheid om te help waar jy kan.

Ons is bevoorreg en geëerd om jou as Voorsitter van Sportjag Hoëveld te hê. Jou leiding, toewyding en vriendelikheid maak 'n groot verskil in ons tak en in die lewens van die mense om jou.

Maar nog meer as dit, is ons dankbaar om jou as 'n vriendin te kan ken.

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met goeie gesondheid, groot seëninge, baie geluk, liefde, vreugde en natuurlik baie spinnende katte! 🐱

Geniet jou spesiale dag!
Baie liefde en beste wense van ons almal

Biance Botha
Christo van der Vyver
Jaco Vorster
SASHF Mpumalanga Fanie Potgieter .
Margaret Botha

Waarom moet jy hierdie skietdag bywoon? Elke skoot wat jy afvuur, bou nie net jou vaardigheid nie – dit help jou om jou ...
01/06/2026

Waarom moet jy hierdie skietdag bywoon?

Elke skoot wat jy afvuur, bou nie net jou vaardigheid nie – dit help jou om jou bevoegdheid, selfvertroue en sportskietstatus te behou.
Hierdie skietdag bied die ideale geleentheid om saam met mede-skuts tyd op die baan deur te bring, jou toerusting te toets, jou skietvernuf te slyp en waardevolle punte aan te teken. Of jy nou 'n ervare skut is of net die sport geniet, elke deelname tel.

Onthou, dit is ook die laaste geleentheid om vir die Nasionale Kampioenskap in Augustus te kwalifiseer.

📌 Belangrik: Gereelde deelname aan erkende skietaktiwiteite is noodsaaklik vir die behoud van jou Sportskietstatus. Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.

Pak die geweer, laai die ammunisie en kom geniet 'n dag van goeie skiet, lekker geselskap en gesonde kompetisie.
Ons sien julle op die baan! 💪

Charmain Potgieter
Fanie Potgieter
SASHF Mpumalanga
Christo van der Vyver
Jaco Vorster
Biance Botha
@ Dewald Swanepoel

SA Sport en Jag FederasieMPUMALANGA HOËVELDSKIETDAG - SATERDAG 7 MAART 2026Kom sluit by ons aan vir 'n dag van fokus, va...
02/03/2026

SA Sport en Jag Federasie
MPUMALANGA HOËVELD

SKIETDAG - SATERDAG 7 MAART 2026

Kom sluit by ons aan vir 'n dag van fokus, vaardigheid en goeie gesleskap by die DRIEFONTEIN SKIETBAAN MIDDELBURG!

Of jy nou kom om jou skietvernuf op te skerp, voor te berei vir die jagseisoen, of net die kameraderie van mede-skuts te geniet - hierdie dag is vir jou.

Bring jou passie, jou dissipline en jou lus vir 'n lekker dag in die buitelug.

Bevestig asseblief jou bywoning by Christo 082 879 7033

Moet dit nie uitmis nie - elke skoot tel!!

Charmain Potgieter Fanie Potgieter Jaco Vorster Christo van der Vyver

09/02/2026

So ná die Sportjag-skietoefening het ons sommer ook bietjie pret geskiet 😄
Die kompetisie was taai, die teikens het nie genade gehad nie… maar o, daar wás gelag, mekaar is aangemoedig, en die gees was lig soos kruitrook in die oggendlug.
Dit was kameraadskap, uitdaging en lekker saamwees – net soos dit hoort.
Ons sien uit na volgende maand… nuwe teikens, nuwe stories, dieselfde goeie mense en hopelik n klomp nuwes ook.

Charmain Potgieter
Fanie Potgieter
Jaco Vorster

07/02/2026

Vandag het ons die nuwe jaar afgeskop met vars hoop. 🎯
Namens SASHF Mpumalanga bestuur wil ons baie dankie sê aan elke lid wat vandag saam kom skiet het. Julle teenwoordigheid, lag en samewerking het die dag op die skietbaan ’n ware sukses gemaak.
Ons staan met opgewondenheid, hoop en vaste vertroue aan die begin van die jaar—gereed vir alles wat nog voorlê. Mag dit ’n jaar wees van groei, goeie skote en mooi oomblikke saam.

Tot volgende maand dan sie ons mekaar weer op die selfde plek en selfde tyd!!👆💪👌

Address

Middelburg
1050

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Telephone

+27655822860

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SASHF Mpumalanga posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SASHF Mpumalanga:

Shortcuts

Share