31/08/2026
π18 JAAR LATERβ¦ OUDTSHOORN IS TERUG! π
Wat βn ongelooflike prestasie vir Oudtshoorn Rugbyklub! π₯
Vir die eerste keer sedert 2008 sal Oudtshoorn weer in die Premier Liga gesien word 18 jaar later! π±π
18 jaar van wag, hard werk, opstaan, aanhou glo en elke seisoen weer probeerβ¦ en nou het daardie oomblik aangebreekππΌ
Dit is soveel meer as net rugby. Dit is die resultaat van spelers wat week na week alles gee, afrigters wat nooit ophou glo nie, bestuur wat agter die skerms hard werk en βn gemeenskap en ondersteuners wat deur dik en dun agter die klub staanβ€οΈ
Wat βn prestasie! Wat βn oomblik! Wat βn voorreg om deel hiervan te wees! π₯Ήβ€οΈ
Maar die werk is nog nie klaar nieβ¦ π₯
Ons A- en C-spanne gaan die naweek in die semi-finaal deelneem en ons staan vierkantig agter julle!
Oudtshoorn is terug waar ons hoort.π
Premier Liga 2027 , 18 jaar later!
Kom ons maak hierdie seisoen een om nooit te vergeet nie! π₯β€οΈπ
31/08/2026
BO-AAN DIE PUNTELEER NA 7 WEKE! π₯π
Wat βn ongelooflike seisoen is dit tot dusver vir Oudtshoorn Rugbyklub! π€β€οΈ
Na 7 weke van harde rugby staan Oudtshoorn steeds heel bo aan die SWD Uitdaagbeker Top 8-punteleer! π
π Oudtshoorn Rugbyklub
π 7 wedstryde
β
5 oorwinnings
π€ 1 gelykop
β 1 nederlaag
π₯ 29 punte
En nog beter met ons posisie bo-aan die punteleer het ons onsself βn tuis-halfeindstryd verseker! ποΈπ₯
Dit is die beloning vir weke se harde werk, opoffering en vasbyt deur ons spelers, afrigters en bestuur. Maar die werk is nog nie klaar nie! πͺ
Nou begin die belangrikste deel van die seisoen. Ons het βn doel voor oΓ« en ons wil hΓͺ die Groen Paviljoen moet vol wees wanneer daardie halfeindstryd aanbreek! ππ
βn Reuse dankie aan elke speler wat week na week alles op die veld gee, ons afrigters en bestuur wat agter die skerms werk en natuurlik elke ondersteuner wat ons langs die veld en van die huis af ondersteun. π
31/08/2026
GEORGE vs OUDTSHOORNπ
Wat βn wedstryddag in George! π₯
Ons manne het vandag alles op die veld gelos en ons is ongelooflik trots op die gees, harde werk en vasbyt van elke spelerπͺ
Uitslae:
π₯ 3de XV
George 28 β 33 Oudtshoorn β
π₯ 2de XV
George 28 β 12 Oudtshoorn
π 1ste XV
George 46 β 36 Oudtshoorn
Alhoewel die 1ste XV nie met die oorwinning weggestap het nie, was dit βn harde en strawwe wedstryd teen βn sterk George-span. Ons hou kop hoog en fokus nou op die volgende uitdaging!
βn Groot dankie aan elke speler, afrigter, bestuurslid en ondersteuner wat deel is van die Oudtshoorn Rugbyklub-familie. Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie!
25/08/2026
ππ₯ GROOT LOOTJIE-TREKKING! π₯π
Oudtshoorn Rugbyklub in samewerking met George Rugby Klub bring vir julle βn fantastiese lootjietrekking! ποΈπ
Vir slegs R50 per lootjie staan jy βn kans om een van hierdie ongelooflike pryse te wen:
π₯ 1STE PRYS
π‘ 2 nagte se verblyf vir 2 persone in die Deluxe Suite by Villa Castollini, Knysna
π° Ter waarde van R12 500
β Ontbyt ingesluit!
π₯ 2DE PRYS
π Springbok: 100 Jaar Rugby Versamelaars Boek
β’ Gepubliseer deur Opus Media in 2014
β’ Steeds in die oorspronklike Springbok-boks en omhulsel
β’ Spesiale 100-jaar uitgawe oor die Springbok-spanne en die geskiedenis van Suid-Afrikaanse Rugby
π
TREKKING: 29 AUGUSTUS 2026
ποΈ Lootjies: R50 elk
π Kontak JenΓ© Snyman: 083 287 6574 vir jou lootjies!
Elke lootjie help ons om die rugbyklubs, ons spelers en ons drome te ondersteun. ππ
Koop jou lootjie, ondersteun ons klubs en staan βn kans om GROOT TE WEN! π
24/08/2026
πβn Mens kan net dankbaar weesβ¦
Na 6 wedstryde vind ons onsself tans bo-aan die SWD Uitdaagbeker Top 8-punteleer.
5 oorwinnings, 1 gelykop en 28 punte βn resultaat waarvoor ons ongelooflik dankbaar isπ Maar ons weet baie goed dat hierdie seisoen nog nie verby is nieπβ€οΈ
Ons is dankbaar vir elke speler wat week na week hard werk, elke afrigter en bestuurslid wat agter die skerms hul deel doen en veral vir elke ondersteuner wat langs die veld staan, saam reis en in die goeie en moeilike tye agter Oudtshoorn Rugbyklub bly staanβ€οΈππ»
Ons geniet die oomblik. Daar is nog werk om te doen en elke wedstryd bring sy eie uitdaging.
Die naweek wag Georgeβ¦ π
π
29 Augustus 2026
π George vs Oudtshoorn
Een wedstryd op βn slag. Een week op βn slag.
Ons hou aan werk. Ons hou aan gloπβ€οΈ
23/08/2026
ππ₯ WAT βN DAG OP DIE REC! π₯π
Wat βn ongelooflike rugbydag vir Oudtshoorn Rugbyklub! β€οΈπ€
Ons manne het vandag alles op die veld gelos teen Riversdal Blues en die resultate spreek vanself! πͺπ₯
π 3de XV: Oudtshoorn 32 β 22 Riversdal Blues
π 2de XV: Oudtshoorn 26 β 7 Riversdal Blues
π 1ste XV: Oudtshoorn 62 β 19 Riversdal Blues
βn Skoon sweep vir Oudtshoorn! π₯π₯ Al drie spanne stap as wenners van die veld af β βn prestasie waarop die hele klub trots kan wees!
Baie geluk aan elke speler, afrigter, bestuurder en ondersteuner wat vandag sy deel gedoen hetπβ€οΈJulle harde werk, toewyding en geloof in die span wys op die veld!
En aan ons ongelooflike ondersteuners langs die veld β DANKIE! π Julle stemme, energie en ondersteuning beteken alles vir ons spelers.
20/08/2026
π SATERDAG IS DIT ONS LAASTE TUISGAME OP DIE REC! π
Kom kuier Saterdag, 22 Augustus 2026, saam met ons vir ons laaste tuiswedstryd van die rondte wanneer Oudtshoorn Rugbyklub weer op eie bodem uitdraf! ππͺ
Hierdie is meer as net nog βn wedstryd β dit is ons laaste kans om hierdie rondte saam met ons tuisskare af te sluit! Ons wil graag die dag saam met ons spelers, ondersteuners, families, vriende, oudspelers en die hele Oudtshoorn-gemeenskap geniet.
Bring die kinders, bring jou familie, bring jou vriende en bring daardie gees saam! β€οΈπ₯
Kom staan langs die veld, sing saam, skree saam en gee ons manne die ondersteuning wat hulle nodig hetπ£π Daar is niks soos βn vol Rec en βn tuisskare wat die manne van die eerste fluitjie tot die laaste fluitjie dra nie!
Ons wil hΓͺ die Rec moet Saterdag lewe! π₯π₯π₯
π LAATSTE TUISGAME VAN DIE RONDE
π
Saterdag, 22 Augustus 2026
π Rec Sportgronde
Maak βn plan om daar te wees en kom geniet die rugby saam met ons. Bring jou stem, jou gees en jou liefde vir die klub! β€οΈπ
Oudtshoorn Rugbyklub β een klub, een span, een groot tuisskare!πͺ
Sien julle Saterdag langs die veld! πβ€οΈ
16/08/2026
π₯π LAATSTE TUISWEDSTRYD VIR DIE RONDTE !ππ₯
Die spanning bou op!π΄β«
Kom ondersteun Oudtshoorn Rugbyklub wanneer ons op 22 Augustus 2026 op die Rec Sportgronde kragte meet teen Riversdal Blues! πͺπ
π
22 Augustus 2026
π Rec Sportgronde
βοΈOudtshoorn Rugbyklub π Riversdal Blues
Dit is ons laaste tuiswedstryd vir die rondte en ons wil die Rec behoorlik laat bewe!
π£ BRING DIE GESIN!
π£ BRING DIE GEES!
β€οΈπ€ EEN KLUB! EEN HART!
Kom staan langs die manne, maak geraas en wys vir hulle hoe lyk Oudtshoorn se tuisveld ! π₯
16/08/2026
ππ₯ WAT βN DAG VIR OUDTSHOORN RUGBYKLUB! π₯π
Wat βn ongelooflike vertoning deur ons 1ste span! πͺπΌ
Oudtshoorn Rugbyklub loop as wenners van die veld af met βn 42β24 oorwinning! ππ₯
Maar vandag gaan nie net oor die telling nie, dit gaan oor spanwerk, harde werk, karakter en trots. πͺπΌ
β Spelers van die wedstryd:
π Agterspeler van die dag:
π Charlie Prinsloo β βn puik vertoning agterlangs!
π Voorste speler van die wedstryd:
π Nicolas Duvenage β βn reuse bydrae voorlangs!
π SPAR Algehele Speler van die Wedstryd:
π Christefer Snyman β welverdiend! π₯
Baie geluk aan al drie spelers! Julle harde werk en toewyding wys op die veldππΌπͺπΌ
βn Groot dankie aan elke speler, afrigter, bestuurspan en ondersteuner wat vandag deel was van hierdie oorwinning. Julle maak Oudtshoorn Rugbyklub trots!
15/08/2026
ππ₯ WELGEDAAN, OUDTSHOORN RUGBYKLUB! π₯π
Wat βn dag op die Rec! β€οΈ
Ons manne het vandag alles op die veld gegee en met trots die Oudtshoorn-trui verteenwoordigπͺπ
π 1stes XV: Oudtshoorn 42β24 Eagle Stars β WEN!
π 2des XV: Oudtshoorn 38β30 Eagle Stars β WEN!
π 3des XV: WEN β Eagle Stars daag nie op nie.
Drie spanne, drie oorwinnings! π₯π₯π₯
βn Groot dankie aan elke speler, afrigter, bestuurspan en ondersteuner wat vandag deel was van die dag. Julle ondersteuning langs die veld beteken ongelooflik baie! πβ€οΈ
Oudtshoorn Rugbyklub β ons bou voort! πͺ
WELGEDAAN, MANNE! ππ₯