GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub

Call Website Contact the business

GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub Die Gimmie-sport Ondersteunersklub is meer as net ’n klub – dit is die hartklop van Gimmie-sport.

Sedert 2019 werk ons doelgerig om sport na hoër hoogtes te neem deur beter fasiliteite, groter geleenthede en ’n positiewe ervaring vir elke leerder te skep. Alle ouers en besighede word aangemoedig om lede van dié klub te word. Alle fondse wat ingesamel word, word aangewend om alle sportsoorte te bevorder. Sluit vandag nog aan en dra daartoe by dat Gimmies se sport nuwe en hoër hoogtes bereik: https://gsok.web360.co.za/tour/

Ons GSOK-besighede speel ’n onmisbare rol in die groei en ontwikkeling van Gimmie-sport!Vandag plaas ons die kollig op ’...
19/10/2026

Ons GSOK-besighede speel ’n onmisbare rol in die groei en ontwikkeling van Gimmie-sport!

Vandag plaas ons die kollig op ’n paar van ons basiese GSOK-besighede wat met hul ondersteuning help om geleenthede vir ons sportlui te skep en Gimmie-sport na nóg hoër hoogtes te neem.

Ons moedig die Gimmie-gemeenskap aan om hierdie ondernemings te ondersteun.

Jou toekoms begin met die moontlikhede wat jy vandag ontdek!CTU Potchefstroom, een van ons GSOK-besighede, nooi jou na h...
16/10/2026

Jou toekoms begin met die moontlikhede wat jy vandag ontdek!

CTU Potchefstroom, een van ons GSOK-besighede, nooi jou na hul Future Finder Day. Kom verken jou studiemoontlikhede en vind uit wat jou volgende stap ná skool kan wees.

📅 17 Oktober
📍 Buskusstraat 39, Baillie Park, Potchefstroom
📞 018 290 5340

Bespreek jou plek en neem die eerste tree na jou toekoms!

Die atletiekseisoen skop af! 🏃‍♀️🏃‍♂️Elke item stel sy eie eise aan jou liggaam. Maak seker jy pak die seisoen sterk, ge...
13/10/2026

Die atletiekseisoen skop af! 🏃‍♀️🏃‍♂️

Elke item stel sy eie eise aan jou liggaam. Maak seker jy pak die seisoen sterk, gebalanseerd en goed voorbereid aan!

Orthosport Biokinetics, een van ons Premium-GSOK-besighede, help atlete met sportspesifieke krag en kondisionering, spoed en bewegingsbeheer. Hulle identifiseer ook swakplekke wat later tot probleme kan lei.

Vir atlete wat ná ’n besering terugkeer, bied hulle ’n veilige, gestruktureerde opbou om weer met selfvertroue te oefen en te presteer.

Nog ’n verbetering aan Gimmies se sportgeriewe!GSOK het 10 nuwe bankies vir die tennisbane aangekoop om vir ons tennissp...
09/10/2026

Nog ’n verbetering aan Gimmies se sportgeriewe!

GSOK het 10 nuwe bankies vir die tennisbane aangekoop om vir ons tennisspelers ’n gerieflike rusplek tussen wedstryde te bied.

Dit is juis sulke verbeterings wat help om ’n beter sportomgewing vir ons Gimmies te skep.

Baie dankie aan ons GSOK-ouers en -besighede wie se ondersteuning hierdie verbeterings moontlik maak!

Of jy nou vir besigheid reis, ’n naweekwegbreek beplan of bloot ’n rustige oornagplek soek, The Cedar Group het die idea...
09/10/2026

Of jy nou vir besigheid reis, ’n naweekwegbreek beplan of bloot ’n rustige oornagplek soek, The Cedar Group het die ideale verblyf vir jou!

Met ses unieke verblyfopsies bied The Cedar Group iets vir elke gas se behoeftes en voorkeure. Alhoewel elke gastehuis sy eie karakter en bekoring het, bly een ding dieselfde: gasvryheid, gehalte en persoonlike diens waarop jy kan staatmaak.

Nog ’n opgradering wat gereed staan vir die nuwe seisoen! 🙌Vyf nuwe pawiljoene is nou op hul plek — vier by die astro en...
07/10/2026

Nog ’n opgradering wat gereed staan vir die nuwe seisoen! 🙌

Vyf nuwe pawiljoene is nou op hul plek — vier by die astro en een by die netbalbane.

Hierdie toevoegings gaan vir spelers, ondersteuners en besoekers ’n lekkerder en meer gerieflike ervaring langs die veld bied.

Dankie aan elke GSOK-ouer en -besigheid wat dit moontlik maak om aan te hou bou aan beter sportgeriewe vir ons Gimmies.

🏏 JANSEN-GIMMIE-FEES | DAG 3 & 4 💙Wat ’n ongelooflike twee dae vir ons eerste krieketspan! 🔥DAG 3 | vs Stellenberg🏏 Gimm...
07/10/2026

🏏 JANSEN-GIMMIE-FEES | DAG 3 & 4 💙

Wat ’n ongelooflike twee dae vir ons eerste krieketspan! 🔥

DAG 3 | vs Stellenberg
🏏 Gimmies: 344/5
🏏 Stellenberg: 61 almal uit
🏆 Gimmies wen met 283 lopies!

DAG 4 | vs Helpmekaar
🏏 Helpmekaar: 168 almal uit
🏏 Gimmies: 169/5
🏆 Gimmies wen met 5 paaltjies!

Met sterk kolfwerk, uitstekende boulwerk en 'n ongelooflike spanpoging het Gimmies albei wedstryde gewen.💙

Ons is ongelooflik trots op elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel is van hierdie besonderse toernooi.🏏

GIMMIE-SPORTShaun Pollock-week | Dag 1-4Verskeie wedstryde, baie harde werk en waardevolle ervaring vir ons o.14A-krieke...
07/10/2026

GIMMIE-SPORT
Shaun Pollock-week | Dag 1-4

Verskeie wedstryde, baie harde werk en waardevolle ervaring vir ons o.14A-krieketspan! 💙🏏

Ons 14A’s het hul alles op die veld gegee, waardevolle lesse geleer en ervaring opgedoen teen sterk teenstanders. Ons is trots op elke speler se toewyding, spanwerk en vasberadenheid! 💪🏻

Dag 1: Potch Gim 134/10 vs Menlo Park 135/6
Jeandre Boshoff – 32 (52)
Ryan McPherson – 2/10
Christian Smith – 2/25

Dag 2: Potch Gim 151/10 vs Midstream College 153/1
Marno Hattingh – 1/8

Dag 3:
vs Northwood: 221 lopies vir 5 paaltjies na 50 beurte
Christian Smith: 1 paaltjie vir 11 lopies
Conrad Wasserman: 1 paaltjie vir 20 lopies

Potch Gim: 105 lopies vir 10 paaltjies na 28 beurte

Duan Deacon: 42(67)
Jeandre Boshoff: 32(30)

Northwood wen met 116 lopies

Dag 4: vs Helpmekaar

Potch Gim: 145 lopies vir 9 paaltjies na 20 beurte

Duan Deacon: 83(47)
Jeandre Boshoff: 39(43)

Helpmekaar: 149 lopies vir 4 paaltjies na 17 beurte

Jeandre Boshoff: 2 paaltjies vir 18 lopies
Marno Hattingh: 2 paaltjies vir 33 lopies

Helpmekaar wen met 6 paaltjies

Elke wedstryd is ’n geleentheid om te leer, te groei en sterker terug te kom. Ons staan trots agter julle!💙

GIMMIE-sport🎾 Multisurface-tennistoernooi 🎾Ons seun- en meisiespan het van 26 tot 29 September aan die Multisurface-tenn...
07/10/2026

GIMMIE-sport
🎾 Multisurface-tennistoernooi 🎾

Ons seun- en meisiespan het van 26 tot 29 September aan die Multisurface-tennistoernooi deelgeneem, waar hulle op klei-, gras- en harde bane teen van die land se topskole kragte gemeet het.

Die deelnemende skole was:
* Duineveld
* Helpmekaar College (A- en B-span)
* Noordheuwel
* Bethlehem Voortrekker
* Potchefstroom Gimnasium

Albei ons spanne het uitstekend gevaar en 'n vierde plek behaal! Die seuns se uitslag was besonder naelskraap. Ná gelykopuitslae moes die aantal stelle die deurslag gee. Slegs een stel het tussen ons seuns en die span in die derde plek gelê!

Ons is ongelooflik trots op al ons spelers wat met soveel deursettingsvermoë en toewyding teen hierdie skole se eerste tennisspanne meegeding het.

Baie sterkte met die volgende toernooi! Ons staan agter julle en glo in julle! 💙🎾

GIMMIE-SPORT🏊🏼‍♂️💙 Namibië-kortbad-kampioenskappeKeegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt, Gimmie-swemmers, w...
07/10/2026

GIMMIE-SPORT
🏊🏼‍♂️💙 Namibië-kortbad-kampioenskappe

Keegan Tredoux, Egbert Palmer en Mieke van der Walt, Gimmie-swemmers, was deel van die NWU Junior Swemklub wat aan die Namibiese kortbadkampioenskappe in Swakopmund deelgeneem het.

Hulle het uitsonderlik presteer met verskeie persoonlike beste tye, plekke in die finaal én medaljes.

🥇🥈🥉 Keegan Tredoux het goud in die 100 m- en silwer in die 200 m-borsslag behaal. Hy het ook vier aflosmedaljes verower waarvan een silwer- en drie bronsmedaljes.

🥈🥉 Egbert Palmer het ’n indrukwekkende ses individuele medaljes ingepalm: silwer in die 50 m- en 100 m-rugslag, asook die 400 m- en 800 m-vryslag, en brons in die 100 m- en 200 m-vryslag. Hy het ook een silwer- en drie bronsmedaljes in die aflosse verower.

🥉 Mieke van der Walt was deel van die gemengde 200 m-wisselslag- én 200 m-vryslagaflosspanne wat albei bronsmedaljes gewen het.

Baie geluk, Keegan, Egbert en Mieke! Ons is trots op julle puik prestasies en die manier waarop julle Gimmies verteenwoordig het.💙🏊🏼‍♂️

Address

20 Molenstraat
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to GSOK Gimmie-sport Ondersteunersklub:

Shortcuts

Share

Category