03/09/2026
Vasvat vier vrouemaand (Augustus 2026) en die dames tree aan om die vrou van die jaar te kroon, daarmee saam ook die vroue span van 2026.
Vrou van 2026 word oor drie sandputte met, “sudden death” bepaal. Maak of breek!
Eerste sandput word, “vat pen!” en Martie Basson — Vat Pen!
By die tweede sandput sluk die buiteband die skei in en Martie Basson se skei word ingesluk.
By die derde sandput eindig Saartjie op as die persoon wat die lê vat.
Geluk aan Martie Basson met haar — Vrou van die Jaar — prys en so ook baie geluk aan Saartjie Viljoen.
28/08/2026
Hoefies en Jukskei is eintlik maats en daar is vriende wat beide speel.
Een van ons jukskei maters is selfs Amerika toe om aan die groot toernooi deel te neem.
Kyk wat het Kleintjie Gardiner reggekry het by haar plek van vakansie.
Baie geluk Kleintjie
GNSBJV
26/08/2026
Drie nuwe boerdeperderuiters het by Vasvat aangesluit.
Martie Basson
Alta & Marius du Plessis
Mens kan reeds sien hoe die stofwolke opslaan.
Groete
RSJL — Vasvat!
26/08/2026
Raslouw Kampus Sosiale Jukskei Laer — Maandag, 24 Augustus — wei hul eerste nuwe baan (Pen tot Pen is 7 meter uitmekaar uit) in met jukskei en varsgebakte skons van Lorna de Clercq (foto aangeheg) en koffie & tee vanuit Saartjie se Kombuis.
Die laer se naam is Vasvat.
Hierdie nuwe baan word gestroop van vlakvarkstertjies en toutjie word nou gespan om te sien wie lê.
Die distansies bly presies soos by die nege meter (pen tot pen) bane en kinders en sewentig plus word nie meer opgekrop voor die bane nie.
Vastrap word nou vir almal ‘n plesier en langer tree uitgee is nie net makliker nie maar beslis ook beter.
Opening word waargeneem deur die Skopgraaf (voorsitter) wat twee tekste vanuit die boekrolle aanhaal.
1 Joh 4:16
En ons het die liefde van God leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God en God in hom/haar.
Joh 13 : 35
Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Soos die wetenskap sukkel om die grootsheid van sterre in volle maat te verstaan sukkel ons ook…
Om met eie gebrokenheid en ook die van ander saam te leef is maar opdraande en afdraande is nog nie in sig nie.
Chris Venter open die samestn met gebed en vra ook dat ons beskerm word teen die duiwel en sy dinge. (foto aangeheg)
_____
Die pad vorentoe vra dat nog een nuwe baan gebou word en dan daarna dat die twee vlakvarkstertjie bane hersien gaan word.
…word vervolg.
21/08/2026
Vasvat by 18-de ln en Vasvat se nuwe groep wat die leisels oorneem. Lyk presies dieselfde as die vorige groep.
Baie geluk en werk aan die mense wat in die toekoms gaan voorloop.
Vasvat
18/08/2026
Nog foto’s van GNSBJL by 18-de laan. (Dankie Frans & Mathilda)
18/08/2026
Elarduspark, Polsslag, Silwerkroon, Sonneblom & Vasvat.
Moot het verskoning aangeteken.
Gaste:
Brits
Krugersdorp
Speel jukskei waar geniet en groei geil groei.
(Die wie se kosbestelling nie betyds geplaas was nie — is met ‘n Maders pastei bederf)
Groete
GNSBJL
18/08/2026
Met elk van ons vier jaarlikse byeenkomste word die kosmaak taak opgelê aan ‘n sosiale jukskei laer of twee wat vir die dag iets maak om te eet.
Elarduspark & Polsslag het vetkoek en maalvleis voorgesit.
Almal betaal vir hul kossie en die geld, wat betaal is, word deur Lorna de Clercq saamgepot om te help betaal aan die baanfooie (einde April) by Kroonstad vir senior burgers van Gauteng Noord.
Hier is die staatmakers wat verantwoordelik was vir die heerlike dis.
Groete
GNSBJL
18/08/2026
Sosiale jukskei is mos gebore met ‘n oop deur waar almal welkom is — vriende van heinde en van ver.
Van Krugersdorp:
Johan Rossouw
Johan Van Niekerk
Jasper Bothma
Cillie Van der Velde
Elize Bothma
Van Warmbad:
Gerhard Coetzee
Nellie du Preez
Ons hoop is dat ons jul gou weer langs die bane gaan ontmoet.
Groete
GNSBJL
18/08/2026
Frans Schutte tree aan vir sosiale jukskei by 18-de ln. Hy is vir ons almal ‘n voorbeeld van die feit dat jukskei lewenslank gespeel kan word.
In die afrigtersmodule word gepraat van lewenslange deelnemer ontwikkeling en Frans wat hierdie jaar 90-jarige ouderdom vasvat is ‘n lewende toonbeeld van hierdie waarheid.
Hy wen een van Lorna de Clercq se smulhappies vir nagereg.
Juksie jou lekker ding, met jou wil ons nog ‘n langpad stap.
GNSBJL