10/08/2024
Dit was 'Battle of the sexes' op Vrouedag. Ons mans seëvier weer, maar dit was in goeie gees! Selfs die kombuis was 'beman'.
Hier speel ons lekker rolbal!
10/08/2024
Dit was 'Battle of the sexes' op Vrouedag. Ons mans seëvier weer, maar dit was in goeie gees! Selfs die kombuis was 'beman'.
02/07/2024
Die Pro10 Gemengde Pare klubkompetisie was Saterdag gespeel. Baie geluk aan Cahrima van Rooyen en Robert Maropeng wat die Pro10 gewen het! Die naaswenners was Noel en Arina Joubert, geluk!
26/06/2024
Geluk aan Christine Marais en Arina Joubert wat die naaswenners is van die BGN Veterane Pare!
17/06/2024
Die tweede spantoernooi is vandag gespeel by Lynnwood Rolbalklub. 14 spanne, met hul unieke name, temas en kleure het meegeding om die trofee huis toe te neem. Die wenners was die "Rolling Stones" Dit was 'n fantastiese dag wat gevul was met rolbal en heerlike gees!
17/06/2024
Champ of Champs... Christine Marais! Baie geluk, dit is 'n besonderse prestasie!
01/06/2024
Baie geluk aan Christine Marais wat die BGN Veterane Enkels vandag gewen het! Welgedaan!
24/05/2024
Die besigheidsliga by Lynnwood rolbalklub is in volle swang. Hier word lekker gespeel, gekuier en goeie kontakte gemaak.
17/02/2024
Lynnwood was vandag in rooi getooi! Lekker rolbal, gesellige kuiers en smaaklike borde kos! Só vier ons Valentynsdag. Rolbal en 'n 'potluck' ete... die beste ooit! Nou weet almal wat ons weet. ❤️
16/02/2024
Geluk aan die naaswenners van die BGN Dames Veterane trips! Cahrima, Laurette en Hannelie!
08/02/2024
Die 9de Naguile kompetisie het Dinsdagaand afgeskop.
03/02/2024
Aan die einde van die ligaseisoen, kuier ons om die braaivleisvuur. Dankie aan elke ligaspeler vir die opoffering en lojaliteit. Die volgende ligaseisoen doen ons dit weer en rol ons nog beter. Rolbal bly 'n lekker spel!
18/01/2024
Daar was gefokus, gerol en genot tydens vanmiddag se vaardigheidskliniek!
| Tuesday | 08:30 - 12:00 |
| Wednesday | 13:00 - 17:00 |
| Friday | 08:30 - 12:00 |
| Saturday | 13:00 - 17:00 |