TuksWrestling

TuksWrestling

Share

TUKS Wrestling is the top wrestling club in the country, led by elite coaches who shape both athletes and character.

This sport doesn’t just train bodies — it changes lives

Photos from Vikings Wrestling's post 21/04/2026

Midstream Wrestling
Laerskool Elarduspark

Photos from Vikings Wrestling's post 21/04/2026
19/04/2026

Dit is 'n hartseerdag. Een van die ikone van SA Sport, oom Jan Wilkens is vanoggend op 83-jarige ouderdom oorlede.

Lank lank gelede was daar ’n jong sterk Boer wat met sy stoeigrepe en rugbrekers talle teenstanders van heinde en verre kapoet gestoei het.

Jan Wilkens was ’n stoeimasjien wat talle swaargewigtitels en trofeë oor dekades heen ingesamel het en as Suid-Afrika se beste stoeier van alle tye geag word.

Wilkens het al jare op ’n plaas buitekant Potchefstroom waar hy sedert sy aftrede in 1987 voortgeboer het. Die fleur en gloriedae van sy roemryke loopbaan is nou verby.

Dit kom ’n mens dadelik agter in die manier wat hy jou met sy groot hand groet – ’n ordentlike greep van inbors. Die jare was genadiglik goed vir Wilkens wat met heimwee vir Potchefstroom Herald op ’n nostalgietoer oor landgrense en binne stoeikryte neem wat alles by Hoërskool Carletonville begin het.

Die stoeigogga se eerste byt:

“My laerskoolopleiding was ’n klein plaasskool by Rysmierbult, Hoërskool Carletonville tot Standerd 8 en by Hoërskool Virginia klaargemaak. Ek is in St. 7 blootgestel aan stoei. My vriend het my genooi na ’n amateurklub toe in die dorp. Hy het my in ’n stoeigeveg gepen en dit was baie sleg vir my ego,” sê hy skertsend.

Wilkens is toe terug na die amateurklub en so het die stoeigogga hom behoorlik gebyt.

In Virginia het hy ingeskryf vir die Vrystaatkampioenskappe, waar die vlak van kompetisie baie hoog was. In ’n mate was dit die perfekte blootstelling vir Wilkens.

“Ek was 16 jaar oud toe ek in 1960 in Port Elizabeth die SA Swaargewig-titel in my ouderdomsklas gewen het. My amateursloopbaan het toe in alle erns begin. Ek het ’n kort ruk daarna senior begin stoei en die Vrystaatse senior kampioenskap gewen.”

Wilkens het toe vir ’n wyle by die polisie aangesluit in Pretoria en toe die SA polisiekampioenskap gewen en vir Noord-Transvaal gestoei.

“Ek het besluit om beroepstoei te doen met die kanse wat nul was om vir Suid-Afrika op amateurvlak te verteenwoordig, omrede die internasionale boikot wat op ons toegepas is,” sê hy.

Engeland en groot sukses roep vir Wilkens:

Die begaafde stoeier is toe Engeland toe om beroepstoei te beoefen, waar hy al 40 van sy gevegte in die land gewen het. Verder is hy ook Duitsland toe en het nog sukses in Japan ook beleef. “Ek het in 1969 die Stille Oseaan-trofee gewen wat vir my baie spesiaal was.”

Wilkens het ook in 1975 deelgeneem aan die New Japan Pro- Wrestling-reeks wat tot vandag toe een van die grootste beroepstoei promosies in die wêreld is.

1975 was ’n besondere jaar vir Wilkens, wat toe vir die eerste keer die wêreldtitel gewen het, nadat hy vir Don Leo Jonathan verslaan het.

“Altesaam het ek in 42 wêreldtitelgevegte geveg. Ek het 32 gewen en 10 verloor en was drie keer swaargewigkampioen vanaf 1975-1987,” noem hy.

Een van Wilkens se groot oomblikke was toe hy vir Mr. X (Percy Hall) gewen het om die Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen te word. “Percy was my held gewees en net om teen hom te stoei was reeds vir my ’n groot voorreg,” sê Wilkens met ’n glimlag.

Oorsese opponente soos Blackjack Mulligan, Big John Studd, Seiji Sakaguchi en Big John Strongbow het vir talle aksie in die kryt gesorg – hierdie was groot gevegte wat Jan vir so lank soos hy lewe sal onthou.

“Ek het voorarm stampe en die Boston Krap gebruik om hulle sag te maak en toe die rugbreker gebruik om my opponent te verslaan,” vertel hy.

Jan Wilkens in sy beroepstoeidae - Hy het teen groot name soos Blackjack Mulligan en Big John Studd baklei en meermale hulle grond toe gestuur.

Jan Wilkens in sy beroepstoeidae – Hy het teen groot name soos Blackjack Mulligan en Big John Studd baklei en meermale hulle grond toe gestuur.
Beroepstoei se stelselmatige val in SA:

“Bull Hefer was die grootste Suid-Afrikaanse promotor van alles tye. Sonder hom sou ons sport in my jare nooit so suksesvol gewees het nie. Amateurs het die spel gemonitor en ’n mens moes fiks wees en kon stoei. As jy narstreke toegepas het, het hulle jou stoeilisensie weggevat.”

Toe die stoeilisensie en beheerraad ontbind word, was daar geen daadwerklike beheer nie en kon almal stoei. Vandaar het dit stelselmatig swakker geword.

“In my jare het ouens nog ’n kans gehad, maar nou moet hulle oorsee gaan om goeie beroepstoei opleinding te kry. Daar is nie meer goeie opleiding nie,” sê hy.

Wilkens het in Engeland, Duitsland sowel as Japan gestoei en het groot sukses buite Suid-Afrika behaal, al het hy nie voltyds gestoei nie.

“Ons het nie voltyds gestoei nie. Ek het in ’n stadium drie werke gehad en geboer. Daardie tye was baie anders as beroepsport vandag.”

Volgens Wilkens is Amateurstoei amper ’n ander spel op sy eie. “Amateurstoei is baie soos Judo. Beroepstoei is lekker, want elke greep het ’n teengreep. ’n Stoeier ken byvoorbeeld 50 grepe en ’n goeie stoeier sal dan ’n teenvoeter vir ’n greep hê. Enige spel waar geld betrokke is en waar skares gelok moet word, is daar ’n mate van skouspelagtigheid, verdedig Wilkens die sport van beroepstoei.

Tussen beserings en bondgenote:

“In Suid-Afrika het ons ses rondtes gestoei met die stoeier wat die beste uit drie tot twee valle sou wen, wat veeleisend was.

“Hierdie veeleisende natuur het in ‘n opsig self tot ’n klompie beserings gelei. My vingers is gebreek, my borsbeen gekraak en my ergste besering was teen Percy Hall toe hy my hoofslagaar getref het en ek ’n bloedklont in my kuit ontwikkel het . Ek het tot vandag toe daardie besering,” sê Wilkens, terwyl hy die letsels op sy been wys.

Interessante stories was daar wel, veral na stoeigevegte oor en verby was en die klomp stoeiers na verskillende bestemmings gereis het.

“Ons het baie pret gehad. Een keer het ek, Bull Hefer en die ander stoeiers van die Kaap af gery en dit was vreeslik warm. Ons het ’n plaasdam gevind in die Vrystaat en besluit om poedelkaal in die dam te swem.

Ons sien toe een van my mede-stoeiers wat ons klere vat aan die ander kant van die pad! Na ’n lang gesukkel het ons ons kleregekry en toe gooi ons hom klere en al in die dam,” lag hy.

Sulke staaltjies is maar van die herinneringe wat Wilkens sal onthou van dié sport wat hom ’n vol lewe gegee het.

“Ek het danksy stoei ’n baie skoon lewe gelei.

Ek het nie gedrink of gerook nie. Dit was belangrik om my liggaam in stand te hou. Stoeiers het ’n uitstekende kameraadskap en as jy aanhou wen, dan sien hulle jou raak.

Ek d**k al my oorwinnings in meer as 3 000 stoeigevegte het tot my bekendheid bygedra.”

Deur Wouter Pienaar

Photos from Noord-Gauteng Stoei - Gauteng North Wrestling's post 17/04/2026
Photos from Tallinn Open - Kristjan Palusalu Memorial Youth Wrestling Tournament's post 13/04/2026
13/04/2026
10/04/2026

ENTER NOW on eTMS

Photos from TuksWrestling's post 04/04/2026

Available at the GN SportShop
0834414038

Photos from South African Wrestling Federation's post 31/03/2026
Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address

Pretoria

Opening Hours

Tuesday 16:15 - 20:30
Thursday 16:15 - 20:30
Saturday 08:15 - 11:00