30/05/2026
'n Dag vol opwindende rugby. Sterkte menere!
Some season highlights of Oos-Moot Rugby 2024. Lets go boys! Gaan groot!! Fotos en opbouende kommentaar welkom. Rugby Unite people Ons harte is die Blou Golf!
Hierdie blad is vir die rugby seuns van Oos-Moot wat hulle harte uitspeel in rugby. Fotos is welkom, opbouende kommentaar is welkom. Hierdie is nie die skool se offisiele blad nie, hierdie is 'n feel good supporter blad. Die offisiele Hoërskool facebook blad is https://www.facebook.com/hsoosmoot en hulle amptelike website is https://www.oos-moot.co.za/.
30/05/2026
'n Dag vol opwindende rugby. Sterkte menere!
Sterkte Bulle
28/05/2026
Die rugby was kookwater die naweek! Die senuwees was gedaan toe Oos-Moot in die laaste sekondes van die wedstryd daardie wen drie druk teen 'n baie sterk Transvalia! Uitstekend seuns!
💪 BB SKOLE VERSTEWIG POSISIES
🔥 Bere, Kloof 1ste en 2de in Beker-afdeling
Ses Blou Bulle-skole is ná die naweek se wedstryde in Virseker se Noordvaalreeks nóg sterker in die wedloop om vir die onderskeie halfeindrondes te kwalifiseer.
📌In die twee Beker-wedstryde het Garsfontein, kampioen in 2023, 2024 en 2025, en Waterkloof, die NWU-Skolesportreekskampioen die afgelope drie jaar, die pap dik aangemaak.
Die Bere het die Pretoria-derby teen Menlopark op ’n drafstap met 52-20 gewen en daarmee nóg harder gebrul oor hul vasberadenheid om die kampioenskapstitel ’n vierde agtereenvolgende keer in te palm.
Op sy tuisveld het Kloof self groot indruk gemaak deur Middelburg, die Plaatkampioene van 2025, oortuigend te klop. Dié sege met 48-26 oor ’n gedugte opponent het verdere momentum gegee aan Kloof se herbouprogram om homself weer as ‘n kragreus in skolerugby landwyd te vestig. Die winde van verandering wat hier waai ná die herstrukturering van die sportafdeling lewer duidelik reeds beduidende vordering ten opsigte van algehele mededingendheid.
Monument, naas die Bere die enigste onorwonne span in die Beker-afdeling, het in een wedstryd minder as Garsies [1ste met 19 punte] Waterkloof [2de met 16 punte] gespeel. Monnas is derde op die puntelys met 15.
Hoewel Menlo baie stof tot nadenke het ná die loesing teen die Bere en nou 6de is met 7 ligapunte, het hy verlede jaar ’n soortgelyke benarde situasie só merkwaardig omgekeer dat hy uiteindelik die halfeindronde gehaal het. Met drie ligawedstryde oor en 15 punte op die spel is ’n herhaling van 2025 se Operasie Regruk nie uitgesluit nie.
📌In die Plaatafdeling, waar Montana, Oos Moot en Zwartkop die Bulle se vaandel dra, lyk Zwarries ná slegs twee wedstryde doelgerig ingestel om sy sukses in die NWU Prestigereeks te herhaal toe hy Heidelberg Volkskool oortuigend in die finaal geklop het.
Zwarries is derde op die puntelys met 10. Eerste is Nelspruit, die enigste ander onoorwonne span (20), met Kempton Park tweede (16). Hulle het albei reeds vier wedstryde agter die rug.
Oos Moot (5de met 9) is vir seker nog sterk in die halfeindronde wedloop. Monties, die Skildkampioen van 2025, is selfs ná vier nederlae in met 6de plek en 6 ligapunte nie uit die halfeind-wedloop nie, maar sal eerstens moet leer om weer die kuns van wen te bemeester.
Die groot Pretoria-derby Saterdag tussen Monties se Wit Bulle en Oosies se Blou Golf kan van deurslaggewende belang vir albei se halfeindronde aspirasies wees.
📌In die Skild-afdeling is Eldoraigne die enigste BB skool wat deelneem, en hul vertoningslys is nie goeie leesstof nie. Die eerste span is laaste op die puntelys met ’n ronde nulletjie.
📌Twee 2025-kampioene, Midstream [Noordvaal Afd 2] en Centurion [BB Afd 2 Stadsbeker], het die tonge los met hul debuutseisoen-kraglopie in die BowlWes-afdeling.
Centurion is onoorwonne ná drie wedstryde en die ligavoorloper [15] met Midstream in die tweede plek, ook met 15, ná drie seges in vier kragmetings.
📌In die Bulle se Afdeling 2-reeks spog Pretoria-Noord nou met die enigste onoorwonne eerste span nadat hy die afgelope naweek ook die tande van die Wonnies-Tiere getrek het. Die feit dat PNHS drie ligapunte minder het as sowel die Tiere en die Bulldogs van John Vorster, is bloot omdat hy een wedstryd minder gespeel het.
Blue Bulls High Schools Rugby AssociationBlou Bulle Afrigters Vereniging / Blue Bulls Coaches AssociationDie LigblouesHoërskool EldoraigneHoërskool GarsfonteinHoërskool ZwartkopMidstream CollegeMenlo RugbyHoërskool GarsfonteinHoërskool ZwartkopWoerie Rugby - Hoërskool Centurion RugbyHoërskool Montana Pta AmptelikHoërskool WaterkloofHoërskool Oos-Moot - AmptelikVirseker Noordvaal Cup
22/05/2026
Witwarm rugby die naweek! https://www.facebook.com/share/p/1H8bQgNmac/
🏆BBRU-SKOLERUGBY | 23 MEI
🐻Bere teen Menlo hoofdis op Pretoria-spyskaart
Die eerste rugbyspan van Hoërskool Garsfontein kan Saterdag op sy tuisveld met ’n oorwinning in die Noordvaalbeker-derby teen Die Hoërskool Menlopark ’n “titel” inpalm wat laas in 2023 syne was.
’n Sege oor Menlo sal beteken dat die Garsie Bere vir die eerste keer sedert 2023 weer die nie-amptelike Makro-skoolkampioene van die BBRU word, aangesien hulle sedertdien nog nie in één seisoen met Affies, Kloof én Menlo kon afreken nie.
In hierdie konteks was die sege oor Affies op 18 April die grote — met ’n spogregte prys as beloning.
‘n Oorwinning teen Menlo is vir die Bere — wat tot dusver net in één wedstryd nie ’n bonuspunt sege behaal het nie en eerste op die puntelys is met 14 punte — van groot belang vir die suksesvolle verdediging van die kampioenskapstitel wat hulle in 2023, 2024 en 2025 ingepalm het.
In plaaslike derbies is daar altyd ’n element van onvoorspelbaarheid, maar gegewe die twee spanne se wenpersentasies in die 2026 reeks tot dusver (Garsies 100% – 3/3; Menlo 33% – 1/3) behoort die tuisspan as gunsteling op die veld te draf. Ter interessantheid: die laaste keer wat Menlo teen die Bere gewen het, was in 2019 (70–42).
🏉 Waterkloof, wat sterk staan en tweede op die puntelys is ná die oortuigende sege oor Menlo — en ook omdat die onoorwonne Monument nie op 16 Mei in ’n bekerwedstryd gespeel het nie — speel tuis teen Middelburg. Die 2025 Plaatkampioen, tans vierde op die puntelys, durf Kloof met ’n onoorwonne vertoningslys aan en kan ’n groot toets vir die tuisspan wees.
⚔️PLAAT
In die Plaat afdeling is al drie BBRU skole in aksie.
🏉 Zwartkop, die beste geplaasde skool op die puntelys (derde ná ’n stewige vertoning in sy enigste wedstryd tot dusver), reis Klerksdorp toe om Wesvalia — vierde op die puntelys — te takel.
Die ononderhandelbare etos van “leef in die werklikheid, voete op die grond, en ons vat dit wedstryd vir wedstryd” is diep gevestig in Zwarries se wenkultuur. Hulle sal niks aan die toeval oorlaat nie en het lankal die wegholsege oor Eldoraigne in die Classic Clash verlede naweek agter hulle gelaat.
🏉 Montana, sesde op die puntelys, sal sy beste vertoning van die seisoen moet lewer om Kempton Park (tweede) te klop. Die Monties se Wit Bulle kon nog nie een van hul eerste drie wedstryde wen nie.
🏉 Die ander tuiswedstryd is in die Moot, waar die Blou Golf teen Transvalia te staan kom: 7 (1/3) teen 8 (0/3).
🛡️SKILD
Die BBRU se vaandeldraer, Eldoraigne, (laaste op die puntelys) kan hom staal vir nóg ’n groot uitdaging wanneer hy in Tzaneen teen Ben Vorster, die voorloper, te staan kom.
🥣 BOWL WES
Die BBRU se twee verteenwoordigers, Centurion en Midstream, vaar baie goed en is onderskeidelik eerste en tweede op die puntelys.
🏉 Die Woeries speel tuis teen Bergsig.
🏉 Midstream College is weg teen Jeugland in Kempton Park.
🐂 BBRU AFDELING 2
Ná sy belangrike wegsege oor Erasmus verlede naweek, is Pretoria Noord se visier nou ingestel op die enigste oorblywende onoorwonne span: die Tiere van Wonderboom. Hulle speel Saterdag by PNHS teen mekaar.
Blou Bulle Afrigters Vereniging / Blue Bulls Coaches AssociationDie LigblouesAfrikaanse Hoër Seunskool - AffiesHoërskool EldoraigneHoërskool GarsfonteinHoërskool ZwartkopWoerie Rugby - Hoërskool Centurion RugbyOud-Monties Hoërskool Montana AmptelikHoërskool Oos-Moot - AmptelikVirseker Noordvaal CupBlue Bulls High Schools Rugby AssociationMenlo RugbyKlofies Rugbyklub
12/05/2026
Nou moet ons sokkies optrek Oos-Moot!
Four teams run riot in weekend's most dominant displays Affies, Paarl Gim, Kemptonpark and Zwartkop deliver dominant displays with comprehensive victories in weekend schools rugby action.
29/04/2026
Baie mooi post. Dis mos waaroor rugby gaan.
27/10/2025
Rugby is mooi gesond in die Moot.
30/08/2025
Groot dag vandag vir Oos-Moot rugby. Baie sterkte O15A en O16A in julle finaal. Wen of verloor, julle het ons ondersteuing en ons harte!
Mooi drie deur Oos-Moot 1stes. Dankie aan die ouer wat vir ons ingestuur het.
18/08/2025
Waar die spanne staan na die naweek se groot rugby..... laat ons nie van die Springbokke praat nie 😅