04/07/2026
| ENGELANDTOER 2026 |
Na ’n baie suksesvolle Engelandtoer is ons dankbaar dat al die manne veilig tuis is. Baie dankie aan elke speler, ouer, afrigter en ondersteuner wat hierdie toer so besonders gemaak het. Welkom terug!
02/07/2026
| DAG 13 |
Die manne hou hulself toeriste…
01/07/2026
| DAG 12 |
The name says it all….
30/06/2026
| 100ste CAPS |
Baie geluk aan Franco Schmidt, kaptein van ons eerste span, met sy 100ste Eerste Span-cap tydens die Engelandtoer – ’n besondere mylpaal en ’n ongelooflike prestasie vir ’n uitstekende speler.
Trots op jou, Franco!
30/06/2026
| CAPPING |
Frank van der Westhuizen en Liam Breedt is tydens die Engelandtoer “ge-cap”
Baie geluk manne!
30/06/2026
| DAG 11 |
Laaste wedstryde van die Engelandtoer 2026
WK 2 vs Loughborough Grammar School 1 XI
WK 2: 168 almal uit ná 37.1 beurte
Wihan Rademan – 34* (67)
Johan Ernst – 34 (32)
Loughborough Grammar School: 160 almal uit ná 39.4 beurte
Adriaan du Plessis – 3/27 in 10 beurte
WK 2 wen met 10 lopies! 👏
⸻
WK 1 vs Russell Cobb Invitational
WK 1: 402/9 ná 50 beurte
Vorster de Villiers – 100*
Franco Schmidt – 81
Rico vd Walt – 55
Russell Cobb Invitational: 148 almal uit ná 33.5 beurte
Wian du Plessis – 4/5 in 3.5 beurte
WK 1 wen met 254 lopies!
’n Fantastiese afsluiting van die Engelandtoer, met ’n oorheersende spanvertoning. Baie geluk aan albei spanne met uitstekende oorwinnings en ’n suksesvolle toer.
30/06/2026
| DAG 10 |
WK 1 vs Stratford Cricket Club
WK 1ste span: 237 almal uit ná 49.4 beurte
AJ de Villiers – 107
Stratford Cricket Club: 187 almal uit ná 49.1 beurte
Wian du Plessis – 3/37 in 9 beurte
WK wen met 50 lopies!
’n Uitstekende spanvertoning met die kolf én die bal. Baie geluk aan die manne met nóg ’n sterk oorwinning op die Engelandtoer!
30/06/2026
| DAG 9 |
Toerdag vir die manne
30/06/2026
| DAG 8 |
WK 1 vs Shrewsbury 1 - T20
Shrewsbury: 184/9 ná 20 beurte
Vorster de Villiers: 3/34 (4)
WK: 188/5 ná 19.5 beurte
Rico van der Walt: 66
WK wen met 5 paaltjies!
’n Uitstekende wedstryd teen sterk opposisie.
Baie trots op die manne se karakter, veggees en spanpoging!