Boland Varswater Hengel Klub

Call Contact the business

Boland Varswater Hengel Klub Boland Fresh Water Angling Club is an Angling Club that strives to grow Freshwater Angling.

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣STERKTE AAN MICHAEL EN NATHAN VAN DER WALDT!Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Mic...
10/10/2026

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣

STERKTE AAN MICHAEL EN NATHAN VAN DER WALDT!

Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Michael en Nathan van der Waldt baie sterkte toewens met die Karp-Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en Protea-proewe wat vanaf 10 tot 13 Oktober 2026 by Bamboesspruit, Bloemhofdam, plaasvind.

Mag julle elkeen jul beste hengelvermoë ten toon stel, die geleentheid ten volle geniet en met trots ons klub se naam uitdra. Ons wens julle goeie geluk, stywe lyne en hope sukses met die kompetisie toe!

Mag julle harde werk en deursettingsvermoë beloon word en mag hierdie toernooi vir julle ’n onvergeetlike ervaring wees.

Ons staan agter julle en hou duimvas! 🎣💪

Sterkte, Michael en Nathan!

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Bertus, Anika, Kara en Kwagga baie sterkte toew...
25/09/2026

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣

Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Bertus, Anika, Kara en Kwagga baie sterkte toewens met die SAVOF/SA Skole-toernooi, wat van 28 tot 30 September 2026 by Bloemhofdam – Sloep plaasvind.

Dit is ’n besonderse prestasie om op hierdie vlak te kan deelneem, en ons is trots daarop om al drie ons hengelaars in die SAVOF O/19 C-span te hê. Met Bertus van Eck as kaptein wens ons die hele span ’n suksesvolle en onvergeetlike toernooi toe. 🏆🎣

Mag julle elke oomblik geniet, hard baklei en natuurlik baie mooi visse op die oewer kry! 💪🎣

Baie geluk en baie sterkte! Ons staan bankvas agter julle en glo in julle! 🏆🔥

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Lohan Uys sterkte toewens met die SAVOF/Magte T...
10/09/2026

🎣 BOLAND VARSWATER HENGELKLUB 🎣

Boland Varswater Hengelklub wil graag vir Lohan Uys sterkte toewens met die SAVOF/Magte Toernooi wat van 12 tot 16 September 2026 by Bloemhofdam – Sloep plaasvind.

Die toernooi begin met twee oefendae, waarna die kampioenskappe vanaf 14 tot 16 September 2026 afskop.

Ons wens Lohan alles van die beste toe vir die toernooi. Mag jy jou beste hengel wys. ! 💪🎣

Sterkte, Lohan! Ons staan agter jou! 🏆

Op 22 Augustus 2026 het ons weer by Kwaggaskloofdam bymekaargekom vir ons 6de klubkompetisie van 2026.Die gees het hoog ...
29/08/2026

Op 22 Augustus 2026 het ons weer by Kwaggaskloofdam bymekaargekom vir ons 6de klubkompetisie van 2026.

Die gees het hoog geloop en ons het die dag met albei hande aangegryp.

Henning Ferreira was ons algehele wenner vir die dag met ’n pragtige sak van 21 vis vir ’n totaal van 21,77 kg. 🥇

Baie geluk aan Henning en aan al die ander wenners! 🎖️🎖️

Boland Hengelklub! 🎣

🎖️ WP spanne 2026🎖️Baie geluk aan die hengelaars wat opgeneem is in die onderskeie WP spanne.Hou Boland se naam hoog!
18/07/2026

🎖️ WP spanne 2026🎖️

Baie geluk aan die hengelaars wat opgeneem is in die onderskeie WP spanne.

Hou Boland se naam hoog!

🎖️WP Top Hengelaars 2026🎖️Vanjaar is ons bevooreg om 3 van Boland se hengelaars aan te kondig as WP se Top Hengelaars vi...
17/07/2026

🎖️WP Top Hengelaars 2026🎖️

Vanjaar is ons bevooreg om 3 van Boland se hengelaars aan te kondig as WP se Top Hengelaars vir 2026 in hulle onderskeie afdelings.

Baie geluk aan Lohan, Albert en Anika! Julle het ongelooflik hard gewerk en verdien hierdie eer.
Ons is trots op julle prestasies!🎣🏅

🎖️ Feeder 🎖️Baie geluk aan Braam Marx wat algeheel 2de geeïndig het in die Feeder afdeling vir 2026!  Dit is voorwaar ʼn ...
17/07/2026

🎖️ Feeder 🎖️

Baie geluk aan Braam Marx wat algeheel 2de geeïndig het in die Feeder afdeling vir 2026! Dit is voorwaar ʼn prestasie om op trots te wees!🥈

🎖️ WP Premier Liga 🎖️Ons Premier span eindig 2de! 🥈  Elke hengelaar het hard gewerk en elke vis het saakgemaak.  Baie da...
16/07/2026

🎖️ WP Premier Liga 🎖️

Ons Premier span eindig 2de! 🥈 Elke hengelaar het hard gewerk en elke vis het saakgemaak.

Baie dankie aan elke hengelaar vir julle bydrae tot hierdie prestasie! Baie geluk ook aan elke hengelaar wat ʼn prys ontvang het!

ʼn Spesiale gelukwensing aan Heino Wessels wat algeheel 3de geeïndig het.🥉

🎖️ WP President Liga 🎖️Ons President span is weereens 🥇!Baie geluk aan al ons hengelaars wat toekennings ontvang het en ...
16/07/2026

🎖️ WP President Liga 🎖️

Ons President span is weereens 🥇!
Baie geluk aan al ons hengelaars wat toekennings ontvang het en dankie vir elke hengelaar en runner wat dit moontlik gemaak het!

Ons is besonders trots op Jac en Conrad wat podium plekke behaal het, baie baie geluk! Julle het hard gewerk daarvoor!🥇🥉

🎖️ WP Chairmans liga 🎖️Ons hengelaars is ysters en ons het baklei tot die einde toe… Boland se span het ʼn eerste plek be...
15/07/2026

🎖️ WP Chairmans liga 🎖️

Ons hengelaars is ysters en ons het baklei tot die einde toe… Boland se span het ʼn eerste plek behaal in die Chairmans afdeling!

Dit is immers nou tyd om vir ons hengelaars wat dit moontlik gemaak het, geluk te wens. Baie baie dankie vir julle harde werk!

Baie geluk aan elke hengelaar wat ʼn toekenning ontvang het en almal wat uitstekend presteer het!

Spesiale gelukwensing aan Henning en Kwagga wat podium plekke behaal het! Dit gebeur nie net vanself nie… julle het dit verdien!🥇🥉

Address

Cape Town
Worcester

Telephone

+27828291815

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boland Varswater Hengel Klub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Boland Varswater Hengel Klub:

Shortcuts

Share