Sea Hawks RFC Arniston

Directions Website Contact the business

Sea Hawks RFC Arniston Hier hou ons jou ophoogte van gebeure in ons klub. Ook krediteur ons presteerders. / Here we keep you posted on events in our club. We also credit our achievers.

Sea Hawks RFC is n gemeenskap rugby klub te Arniston / Waenhuiskrans gestig 1965 wat sport tot op n hoe vlak in die vissersdorpie wil bevorder. Vir ons gaan dit oor die toekoms daarom wil ons die sport suksesvol van geslag tot geslag oordra.

03/11/2026

Die Uitvoerende Bestuur van 𝗦𝗲𝗮 𝗛𝗮𝘄𝗸𝘀 𝗥𝗙𝗖 𝗔𝗿𝗻𝗶𝘀𝘁𝗼𝗻 gee hiermee kennis dat die klub se 𝗻𝗼𝗺𝗶𝗻𝗮𝘀𝗶𝗲-, 𝘃𝗲𝗿𝗸𝗶𝗲𝘀𝗶𝗻𝗴𝘀- 𝗲𝗻 𝗸𝗼𝗼𝗽𝘁𝗮𝘀𝗶𝗲𝗽𝗿𝗼𝘀𝗲𝘀 ingevolge die bepalings van die Sea Hawks RFC Grondwet sal plaasvind.

𝟭. 𝗩𝗘𝗥𝗞𝗜𝗘𝗦𝗜𝗡𝗚 𝗩𝗔𝗡 𝗩𝗢𝗢𝗥𝗦𝗜𝗧𝗧𝗘𝗥 𝗘𝗡 𝗔𝗗𝗝𝗨𝗡𝗞-𝗩𝗢𝗢𝗥𝗦𝗜𝗧𝗧𝗘𝗥
Ingevolge Klousule 6.9.2 van die Grondwet word slegs die volgende twee posisies deur die AJV verkies:

● 𝗩𝗼𝗼𝗿𝘀𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿
● 𝗔𝗱𝗷𝘂𝗻𝗸-𝗩𝗼𝗼𝗿𝘀𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿
Hierdie verkiesing vind 𝗲𝗹𝗸𝗲 𝘁𝘄𝗲𝗲 𝗷𝗮𝗮𝗿 plaas.

Die nominasieproses word deur middel van ’n 𝗮𝗺𝗽𝘁𝗲𝗹𝗶𝗸𝗲 𝗻𝗼𝗺𝗶𝗻𝗮𝘀𝗶𝗲𝘃𝗼𝗿𝗺 hanteer en moet binne die voorgeskrewe 21-dae tydperk voor die AJV afgehandel word.

𝟮. 𝗡𝗢𝗠𝗜𝗡𝗔𝗦𝗜𝗘𝗦
Ingevolge die Grondwet:

● ’n 𝗢𝗽𝗯𝗲𝘁𝗮𝗮𝗹𝗱𝗲 𝗹𝗶𝗱 het die reg om ’n nie-opbetaalde lid te nomineer.
● ’n 𝗢𝗽𝗯𝗲𝘁𝗮𝗮𝗹𝗱𝗲 𝗹𝗶𝗱 wat vir die vakante posisie wil staan, mag hom/haarself nomineer.

’n Genomineerde word slegs as ’n 𝗮𝗺𝗽𝘁𝗲𝗹𝗶𝗸𝗲 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁 erken indien die voorgeskrewe prosedure gevolg en die nodige dokumentasie korrek voltooi is.

𝟯. 𝗞𝗢𝗢𝗣𝗧𝗔𝗦𝗜𝗘 𝗩𝗔𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗥𝗘𝗦 𝗩𝗔𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗨𝗜𝗧𝗩𝗢𝗘𝗥𝗘𝗡𝗗𝗘 𝗕𝗘𝗦𝗧𝗨𝗨𝗥
Na afloop van die verkiesing moet die 𝘃𝗲𝗿𝗸𝗼𝘀𝗲 𝗩𝗼𝗼𝗿𝘀𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿 𝗲𝗻 𝗔𝗱𝗷𝘂𝗻𝗸-𝗩𝗼𝗼𝗿𝘀𝗶𝘁𝘁𝗲𝗿 𝗯𝗶𝗻𝗻𝗲 𝟭𝟰 𝗱𝗮𝗲 ’n gekoöpteerde Uitvoerende Bestuur met portefeuljes saamstel.

Die kooptasieproses sal deur middel van ’n 𝗮𝗮𝗻𝘀𝗼𝗲𝗸𝗽𝗿𝗼𝘀𝗲𝘀 geskied, wat deur die Sekretaris/esse beheer word.

Die Grondwet bepaal dat kooptasie aan kundige persone die geleentheid bied om deur middel van die aansoekproses tot die Bestuur toe te tree.

𝗕𝗲𝗹𝗮𝗻𝗴𝗿𝗶𝗸: Aansoekers vir kooptasie moet die 𝗔𝗝𝗩 𝗯𝘆𝘄𝗼𝗼𝗻 om vir oorweging in aanmerking te kom.

Die Uitvoerende Bestuur moet oor ’n:
● 𝗦𝗲𝗸𝗿𝗲𝘁𝗮𝗿𝗶𝘀/𝗲𝘀𝘀𝗲, en
● 𝗙𝗶𝗻𝗮𝗻𝘀𝗶𝗲̈𝗹𝗲 𝗕𝗲𝗮𝗺𝗽𝘁𝗲
beskik. Die res van die gekoöpteerde persone word as 𝗴𝗲𝘄𝗼𝗻𝗲 𝗕𝗲𝘀𝘁𝘂𝘂𝗿𝘀𝗹𝗲𝗱𝗲 erken met ’n portefeulje/posbenaming wat aan hulle toegeken word.

Nominasievorms is vergrygbaar by Me Adeliade Samery en Mej Alicia Newman. Alle nominasievorms moet voor 6 November 2026 ingehandig word.

𝗦𝗘𝗔 𝗛𝗔𝗪𝗞𝗦 𝗥𝗙𝗖 𝗔𝗥𝗡𝗜𝗦𝗧𝗢𝗡
𝗨𝗶𝘁𝘃𝗼𝗲𝗿𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗕𝗲𝘀𝘁𝘂𝘂𝗿

Baie geluk aan 𝐌𝐢𝐭𝐜𝐡𝐞𝐥𝐥 𝐉𝐮𝐧𝐢𝐨𝐫 𝐕𝐢𝐬𝐬𝐞𝐫 (𝐌𝐉) met sy kandidatuur vir Hoofseun vir 2027! 👏🏽👑Om as Hoofseun te staan, is meer...
16/10/2026

Baie geluk aan 𝐌𝐢𝐭𝐜𝐡𝐞𝐥𝐥 𝐉𝐮𝐧𝐢𝐨𝐫 𝐕𝐢𝐬𝐬𝐞𝐫 (𝐌𝐉) met sy kandidatuur vir Hoofseun vir 2027! 👏🏽👑

Om as Hoofseun te staan, is meer as net ’n titel. Dit is ’n erkenning van jou potensiaal, maar ook ’n verantwoordelikheid om deur jou optrede, besluite en voorbeeld ’n verskil in ander se lewens te maak.

𝐋𝐞𝐢𝐞𝐫𝐬𝐤𝐚𝐩 𝐛𝐞𝐠𝐢𝐧 𝐧𝐢𝐞 𝐰𝐚𝐧𝐧𝐞𝐞𝐫 𝐣𝐲 ’𝐧 𝐭𝐢𝐭𝐞𝐥 𝐨𝐧𝐭𝐯𝐚𝐧𝐠 𝐧𝐢𝐞, 𝐦𝐚𝐚𝐫 𝐰𝐚𝐧𝐧𝐞𝐞𝐫 𝐣𝐲 𝐛𝐞𝐫𝐞𝐢𝐝 𝐢𝐬 𝐨𝐦 𝐯𝐞𝐫𝐚𝐧𝐭𝐰𝐨𝐨𝐫𝐝𝐞𝐥𝐢𝐤𝐡𝐞𝐢𝐝 𝐭𝐞 𝐚𝐚𝐧𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐞𝐧 𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐬𝐚𝐚𝐦 𝐦𝐞𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐭𝐞 𝐥𝐚𝐚𝐭 𝐠𝐫𝐨𝐞𝐢.

MJ se bereidwilligheid herinner ons ook aan iets besonders hier in 𝐀𝐫𝐧𝐢𝐬𝐭𝐨𝐧. Ons gemeenskap beskik oor soveel jongmense met talent, potensiaal en leierseienskappe. Die vraag is nie net wie vandag leiers is nie, maar ook wat ons vandag doen om die leiers van môre voor te berei.

Ons het jongmense nodig wat bereid is om vorentoe te tree, verantwoordelikheid te aanvaar, saam te werk en hoop vir ander te bring. Ons het ouers, skole, sportklubs, organisasies en gemeenskapsleiers nodig wat ons kinders ondersteun, bemagtig en die geleentheid gee om te groei.

𝐃𝐢𝐞 𝐭𝐨𝐞𝐤𝐨𝐦𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐀𝐫𝐧𝐢𝐬𝐭𝐨𝐧 𝐬𝐚𝐥 𝐧𝐢𝐞 𝐧𝐞𝐭 𝐛𝐞𝐩𝐚𝐚𝐥 𝐰𝐨𝐫𝐝 𝐝𝐞𝐮𝐫 𝐰𝐚𝐭 𝐨𝐧𝐬 𝐯𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐯𝐢𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐤𝐢𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬 𝐧𝐚𝐥𝐚𝐚𝐭 𝐧𝐢𝐞, 𝐦𝐚𝐚𝐫 𝐨𝐨𝐤 𝐝𝐞𝐮𝐫 𝐝𝐢𝐞 𝐥𝐞𝐢𝐞𝐫𝐬 𝐰𝐚𝐭 𝐨𝐧𝐬 𝐯𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐡𝐞𝐥𝐩 𝐯𝐨𝐫𝐦.

MJ, mag jy jou posisie met nederigheid, integriteit en deursettingsvermoë beklee sodra jy as Hoofseun gekies word. Mag jy onthou dat ware leierskap nie daaroor gaan om bo ander te staan nie, maar om saam met ander vorentoe te beweeg.

Jou leuse sê dit so mooi:

“𝑉𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑚𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑚𝑒𝑒𝑟. 𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑘𝑜𝑚𝑝𝑒𝑡𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑎 𝑠𝑢𝑘𝑠𝑒𝑠!”

Mag hierdie woorde nie net jou leierskap by die skool rig nie, maar ook ’n inspirasie wees vir jongmense in Arniston en die breër gemeenskap.

𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤, 𝐌𝐉! 𝐉𝐲 𝐢𝐬 𝐧𝐢𝐞 𝐧𝐞𝐭 ’𝐧 𝐤𝐚𝐧𝐝𝐢𝐝𝐚𝐚𝐭 𝐯𝐢𝐫 𝟐𝟎𝟐𝟕 𝐧𝐢𝐞, 𝐣𝐲 𝐢𝐬 𝐝𝐞𝐞𝐥 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐯𝐨𝐥𝐠𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐠𝐞𝐧𝐞𝐫𝐚𝐬𝐢𝐞 𝐰𝐚𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐭𝐨𝐞𝐤𝐨𝐦𝐬 𝐡𝐞𝐥𝐩 𝐯𝐨𝐫𝐦.

13/10/2026
Match Results🦅💚💛
29/08/2026

Match Results

🦅💚💛

🏉 GAME DAY 🏉Final league game of 2026! 🔥One last push. One last battle. Leave it all on the field! 💚💛🦅
29/08/2026

🏉 GAME DAY 🏉

Final league game of 2026! 🔥
One last push. One last battle. Leave it all on the field! 💚💛🦅

🦅 𝗚𝗼 𝘄𝗲𝗹𝗹, 𝗫𝗮𝘃𝗮!  #𝟵 🏉Thank you for the memories, commitment, passion and everything you gave to the Sea Hawks. We wish ...
27/08/2026

🦅 𝗚𝗼 𝘄𝗲𝗹𝗹, 𝗫𝗮𝘃𝗮! #𝟵 🏉

Thank you for the memories, commitment, passion and everything you gave to the Sea Hawks. We wish you nothing but success and happiness in your next chapter.

𝗢𝗻𝗰𝗲 𝗮 𝗛𝗮𝘄𝗸, 𝗔𝗹𝘄𝗮𝘆𝘀 𝗮 𝗛𝗮𝘄𝗸! 🦅💚💛

Sea Hawks RFC Arniston vs Caledon RFC🦅💚💛
24/08/2026

Sea Hawks RFC Arniston vs Caledon RFC

🦅💚💛

Address

Camp Street
Arniston
7280

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sea Hawks RFC Arniston posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sea Hawks RFC Arniston:

Shortcuts

Share

Nearby gyms & sports facilities