16/10/2026
Weet julle wat doen ’n 'R100 paid into your account' FNB notification vir iemand wat nie meer weet hoe om môre se kos te koop nie? 💔😭
Vandag is swaar.
Ons sukkel.
Ons slaap nie.
Ons koppe werk oortyd met 2 000 planne. Elke moontlike ding wat ons nog kan probeer. Elke deur waaraan ons nog kan klop. Elke manier waarop ons dalk nog ’n paar rand bymekaar kan skraap.
Ons probeer plan maak. En nog ’n plan. En nóg een.
Maar hierdie maand vat ons dit dag vir dag. Party dae vat ons dit uur vir uur.
Want hoe kyk ons in ons honde se oë en verduidelik ons het nie meer nie? 😔🥹
Hoe verduidelik jy aan ’n hond wat uiteindelik veilig is, wat al soveel verloor het, dat die mense wat hom liefhet, nie weet hoe om môre se kos in sy bak te kry nie?
En dan, tussen al die bekommernis, kom daar daardie klein FNB-notification.
R100 paid into your account.
Vir iemand anders is dit dalk net R100.
Vir ons beteken dit ons kan gou ’n paar blikkies kos koop. Want ons ouer snoete het vanoggend langtand net ’n bietjie geëet. Ouer hondjies, ons hart se punt, kort regtig baie liefde en vertroeteling. Hulle blikkies kos is nie ʼn luxury nie. En vanoggend, het ons nie meer gehad om vir hulle in te meng nie... 🥹
Ons ouer honde verdien soveel beter as dit wat ons hulle vandag kon bied. En dit breek ons harte.
Miskien kom daar vandag R500 in.
R200 gaan vir brandstof.
R200 gaan vir krag.
R100 gaan vir ’n paar blikkies kos.
En dan kyk ons weer na die lysie.
Die rekeninge.
Die kos.
Die puppy-kos.
Die Simparica.
Die veeartsrekeninge.
Lone.
Die dinge wat nie kan wag nie.
En ons probeer weer môre.
Maar, julle… 💔
Ons is só ongelooflik moeg om elke dag net te probeer oorleef. Dit maak ons bang vir more.
Ons het die afgelope tyd soveel nood gesien. Soveel honde gehelp. Soveel veeartsrekeninge probeer betaal. Ons het gespring wanneer daar ’n snoet was wat ons nodig gehad het.
Fifi was siek. Hy moes spesiale kos kry, medikasie gebruik en veearts toe gaan. Sy rekening het ons bankbalans tot R0 gedruk.
Gister het hy uiteindelik ’n ommeswaai gemaak. ❤️
En ons is dankbaar. Regtig dankbaar.
Maar terwyl ons verlig asemhaal oor Fifi, lê daar reeds ’n volgende berg voor ons.
Ons blikkieskos is op.
Ons puppy-kos is amper klaar.
Ons krag is amper op.
Ons brandstof is op.
Ons veeartsrekeninge wag.
En ons bankbalans is in die rooi.
Ons probeer alles. Ons doen alles wat ons kan. Ons verkoop, ons organiseer, ons vra, ons beplan, ons skep nuwe idees en ons klop aan nog deure.
Maar daar is net soveel wat ’n mens kan doen wanneer daar eenvoudig nie geld is nie.
En weet julle wat maak ons die bangste?
Wat gebeur as een van ons eie Huistoe-snoete vandag dringend ’n veearts nodig het? 😭
Nie ’n hond wat ons dalk eendag kan help nie. Nie ’n noodoproep wat ons kan probeer uitsorteer nie.
Een van ONS kinders.
Een van die snoete wat elke dag op ons staatmaak. Wat hier lê en slaap, wat ons hande lek, wat ons vertrou met hul hele bestaan.
Wat gebeur as een van hulle môre pyn het? As een ernstig siek word? As daar ’n noodgeval is waar elke minuut tel?
Waarheen gaan ons?
Wie bel ons?
Ons is op ’n punt waar ons eers ons uitstaande veeartsrekeninge moet betaal voordat ons verder gehelp kan word.
En ons verstaan dit. Veeartse het ook besighede om aan die gang te hou. Hulle het personeel, salarisse, medikasie en hul eie rekeninge. Hulle kan nie vir altyd die gaping namens ons dra nie.
Maar dit verander nie die werklikheid waarin ons sit nie.
As een van ons eie honde vandag dringend hulp nodig het, weet ons eerlikwaar nie hoe ons dit gaan betaal nie.
Laat dit asseblief vir ’n oomblik insink.
Ons sorg vir meer as 70 honde op die perseel. Meer as 70 lewens wat nie self kos kan gaan koop nie. Wat nie self ’n veearts kan bel nie. Wat nie kan verstaan waarom die mense wat hulle liefhet, skielik nie meer genoeg het nie.
Hulle het ons.
En ons het julle nodig om aan te hou om daar vir hulle te wees. 💔🐾
Ons wil nie heeltyd vra nie.
Ons wil nie elke paar dae met ’n swaar hart hier sit en probeer verduidelik hoe erg dit geraak het nie.
Ons wil die mooi stories vertel. Die sterte wat waai. Die honde wat gesond word. Die snoete wat hul eie families kry. Die diere wat vir die eerste keer in hul lewens veilig voel.
Maar agter elke mooi storie is daar kos, elektrisiteit, brandstof, medikasie, veeartse en honderde uitgawes wat niemand altyd raaksien nie.
En vandag is ons weer hier.
Nie omdat ons nie probeer het nie.
Nie omdat ons nie planne gemaak het nie.
Nie omdat ons sommer net opgegee het nie.
Ons vra omdat ons alles probeer het, en ons steeds nie genoeg het nie.
Ons vra vir kos in bakke.
Vir blikkieskos vir ons ouer snoete.
Vir puppy-kos vir die kleintjies wat nog moet groei.
Vir geld om ons uitstaande veeartsrekeninge te betaal.
Vir ’n bietjie asemruimte.
Vir die vermoë om die volgende snoet wat ons nodig het, te kan help sonder dat ons eers moet wonder of ons dit finansieel sal oorleef.
🥹 WAT AS NET 200 VAN ONS VOLGERS VANDAG R100 ELK SKENK?
Net 200 mense.
R100 elk.
Dit is R20 000.
Dink vir ’n oomblik wat dit vir Huistoe kan beteken.
Hoeveel kosbakke gevul kan word.
Hoeveel rekeninge ons kan begin afbetaal.
Hoeveel nader ons kan kom daaraan om weer ’n noodgeval te kan hanteer.
Hoeveel minder hoef ons vanaand wakker te lê en wonder hoe ons môre gaan maak.
As jy meer as R100 kan gee, asb help ons vandag 🙏
En as R100 te veel is, help met R50. R20.
Elke rand maak ’n verskil.
En as jy niks kan gee nie, bid vir ons en
deel asseblief hierdie boodskap. Jy weet nooit wie dit gaan sien nie. Wie dalk vandag kan help nie, maar môre ’n verskil kan maak nie.
Ons weet die lewe is duur. Ons weet mense dra hul eie laste. Ons weet nie almal het iets om te gee nie.
Ons vra nie dat een persoon alles moet dra nie.
Ons vra dat genoeg mense dalk ’n klein stukkie saam met ons sal dra.
Ons het nie ’n groot toegewyde fondsinsamelingspan nie. Ons het nie ’n maatskappy wat tekorte vir ons aanvul nie. Ons het nie ’n geheime pot geld vir wanneer dinge skeefloop nie.
Ons het ons hande.
Ons harte.
Ons planne.
Ons liefde vir hierdie diere.
En mense soos julle.
Ons pak alles wat ons het op een hoop. Ons tyd. Ons energie. Ons hulpbronne. Ons idees. Soms selfs ons eie geld.
En ons probeer weer.
Maar vandag is ons bekommerd.
Vandag kyk ons na die leë blikkieskosrakke.
Vandag kyk ons na die bankbalans.
Vandag kyk ons na meer as 70 honde wat steeds van ons afhanklik is.
En vandag vra ons onsself die vraag waarvoor ons so bang is:
Wat as een van hulle ons vandag nodig het, en ons kan nie help nie? 😭
Ons wil nie nóg ’n teleurstelling in hul lewens wees nie.
Hulle het reeds genoeg gehad van mense wat hulle in die steek laat.
Hulle verdien nie om honger te wees omdat ons bankrekening leeg is nie. Hulle verdien nie om sonder mediese sorg te wees omdat ons eers ou rekeninge moet betaal nie.
Hulle verdien veiligheid. Kos. Sorg. Liefde.
En ons wil hulle dit kan gee.
Asseblief, help ons om dit moontlik te maak. ❤️
🙏 As jy vandag kan skenk, doen dit asseblief.
🙏 As jy nie kan nie, deel ons boodskap.
🙏 As jy ’n besigheid ken wat kan help met hondekos, blikkieskos, brandstof of ’n donasie, stuur hulle asseblief ons kant toe.
Mag hierdie boodskap die regte harte bereik.
Mag daar vandag ’n bietjie genade deurkom.
Mag ons vanaand weet daar gaan môre kos in die bakke wees.
En mag ons, wanneer ’n snoet ons môre nodig het, nie hoef te wonder of ons hom sal kan help nie.
Van ons mense by Huistoe, met harte wat vandag baie swaar klop…
En van elke honger snoet wat nie self vir hulp kan vra nie:
ASSEBLIEF, HELP ONS. 💔🐾
💳 HUISTOE CHARITY NPO
🏦 First National Bank
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62505113944
Takkode: 230234
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: Naam + HELP
Stuur groot asb jou bewys van betaling na [email protected]
YOCO AANLYN BETALING:
https://pay.yoco.com/huistoe-charity-npo
Elke rand is ’n stukkie hoop.
Elke donasie maak saak.
Elke deel kan die verskil wees tussen ’n deur wat toe bly en iemand wat besluit om te help.
Meer as 70 snoete. Een Huistoe. En vandag het ons julle nodig. ❤️🐾