02/09/2026
Vrystaat Skoleskiet/Free State Schools Shooting
Free State Air R***e Shooting/ Vrystaat Luggeweer Skiet
02/09/2026
17/08/2026
Ons is ongelooflik trots op elke skut wat by die Vrystaat-finaal hul beste gegee het.
📸 ’n Paar oomblikke op die skietbaan.
17/08/2026
Vrystaatspan 2026!
16/08/2026
Finaal 2026
16/08/2026
Mik! Skiet! BULLSEYE! 18!
Saterdag was dit Semi-finaal… almal gefokus, ernstig en reg vir aksie, maar toe gebeur daar iets belangriker. Nathan Megaw, Hoërskool Sentraal skietklub, het 18 geword!
Natuurlik kon ons nie toelaat dat so ’n mylpaal sommer ongemerk verbygaan nie!
Die teikens is vir ’n rukkie eenkant toe geskuif, die verjaarsdagkoek is ingebring en Nathan moes wys of hy die kersies net so akkuraat kan uitblaas soos wat hy skiet!
Gelukkig het hy die uitdaging oorleef!
Want by Vrystaat Luggeweerskiet is dit nie nét 10’s en bullseyes nie…ons maak ook tyd vir lag, pret, vriendskap en verjaarsdae!
Baie geluk met jou 18de, Nathan! Mag jou nuwe jaar propvol bullseyes, sukses en onvergeetlike oomblikke wees!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Telephone
Website
Address
Bloemfontein