20/06/2025
FINALS naweek!
Die Blitz manne het na 'n lang seisoen en so bietjie se gesukkel weer die goue finals gehaal.
Nadat ons verlede seisoen 'n breuk kans gevat het en net buite krieket gespeel het,hoop die manne om dit 2 goues in 'n ry te maak die naweek.
Sondag 14:00 sal ons weer teen Oupa Olof speel vir die goue medalje nadat ons 1ste op die log ge eindig.
Kom support en klink 'n knerts saam die manne,enige en alle ondersteuning sal waardeer word.
Lets go Blitz!
Dankie aan Die Visfabriek vir ons borg hierdie seisoen, asook baie geluk en sterkte aan die Prawn Stars manne wat Sondag in hulle eie bronze final speel.
12/06/2025
Vanaand begin pre-lims en die manne hoop om vanaand die wen te kry en dan reguit Goud finals toe te gaan.
Stiek uit en kom support, dit gaan 'n wedstryd met goeie krieket wees.
26/03/2025
Die Visfabriek mag dalk geen gehad het verlede week nie, maar hulle maak hierdie week op met oorgenoeg specials vir die week.
Geldig by alle takke en terwyl voorraad hou.
Hierdie week se Spesiale Aanbiedinge by Die Visfabriek. Geldig vanaf Woensdag 26 Maart tot Maandag 31 Maart 2025. Slegs terwyl voorraad hou. By Alle Winkels.
20/03/2025
Die manne is reg vir week 5 van die Autumn League vir 2025🔥⚡
08/03/2025
Crunch time!
Die Kraaifontein Last Man Stands liga kom more tot 'n einde en die Blitz manne speel more oggend 09:00 in die 1ste semi finaal teen Zeneco.Die wenner sal dan 14:30 in die finaal speel teen SF #2 se wenner.
Kom en ondersteun die manne,drink 'n paar koues en geniet 'n goeie dag van krieket.
26/02/2025
Die blitz manne is weer bevoorreg om 'n gedeeltelike borg te verkry het van Die Visfabriek en wil net weereens dankie se.
Hiermee ook hulle nuwe specials vir die week.Hulle is ook deesdae baie meer aktief op FB en ander sosiale media platforms,so gaan gee hulle gerus 'n like en follow waar julle kan.
Beskikbaar by alle takke en terwyl voorraad hou.
05/02/2025
Baie geluk aan BSA Blitz se Co-captain Morne Groenewald met jou verjaarsdag! Ek vra onverskoning dat ek 'n dag laat is! VOETFOUT! Ek hoop jou dag was awesome en van ons almal af wens ons jou n wonderlike jaar vorentoe⚡🔥
Dankie vir al jou moeite!
17/01/2025
Die Blitz manne het die jaar afgeskop met 2 friendly matches verlede naweek,waarby hulle albei gewen het ook.
Die manne kon darem so bietjie van die roes afskud na hulle so lanklaas gespeel het en sien uit na hierdie naweek se liga wedstryd.Daar was 'n paar uitblinkers wat die jaar mooi begin het ook.
Hierdie Sondag @ 13:40 vs Southern Sluggers by Kraaifontein Cricket Club ,stiek uit en kom support.
11/01/2025
Met die die 2025 Last Man Stands Cape Winelands seisoen wat môre afskop, is dit nou die regte tyd om terug te kyk na die hoogtepunte van 2024🔥
27 Januarie 2024: Ons het die jaar begin met 'n Dag wat nog lank onthou sal word toe ons deelneem aan die Jaarlikse Wellington Cricket Club 6 a side. In die aangehegde foto geniet ons 'n welverdiende koue een in die swembad!
4 Februarue 2024: Ons speel in die Bronze finaal van ons Liga by Brackenfell Action Sports Arena en wen die wedstryd en daarmee natuurlik die Bronze medalje! Baie dankie aan die Samurai's vir n great game!
3 Maart 2024: Ons speel vir die eerste keer by Hermanus Cricket Club in 2 vriendskaplike wedstryde en wen albei games! Hoogtepunte van die dag sluit in Christopher Swart se Boetie burgers en Edrich Ackermann se 2 home runsâš¡
14 April 2024: Ons maak die finaal van die Kraaifontein Cricket Club LMS Liga, maar verloor ongelukkig met 1 lopie. Ongeag, was die seisoen top gewees en defnitief n goeie 1ste seisoen vir BSA Blitz
28 April 2024: Elgin 8s skop af en daarmee saam speel ons op die dag op 1 van die mooiste krieketvelde daar buite! Ons wen die Toernooi in 'n hoogs kompeterende Ligaâš¡
9 Junie 2024: Die groot dag breek aan en ons gaan in die B2 Goud finaal as underdogs na D8 die Liga heeltemal hul eie gemaak het. Ons bat 1ste en slaan 61 wat ons self gedink het te min was. Nietemin het ons terug baklei en vir D8 tot 44 gelimit. Ons wen op die dag Goud. Wel gedaan aan Morne Groenewald wat met die speler van die wedstryd toekenning weg stap!âš¡
24 Augustus 2024: TYD VIR ARMADILLOS. Edrich, Morne en Ashley Carroll verteenwoordig vir Blitz as deel van die Monsoons. Na 3 Lang weke en hoogs kompeterende krieket stap die Monsoons weg as algehele Goud wenners in die 1ste Jaarlikse ARMADILLOS toernooi! Op die dag verloor Ashley ook toe al sy hare!
15 September 2024: Ons speel oms 1ste 11 man wedstryd teen KLEINMOND KRIEKET KLUB in n 35 over vriendskaplike wedstryd. Ons wen die wedstryd waarvan die hoogtepunt Lechloe se 67* was en JT Schoeman se 6 paaltjiesâš¡
14 Desember 2024: Ons sluit die jaar af met die Velddrif 6ixes waar ons in die Beste gereelde 6 a side toernooi speel wat Ek persoonlik al ervaar het! Dankie Melvin vir die dag! Ons slaap die aand oor in St. Helenabaai en daarmee ook die jaar âš¡
Baie dankie 2024, ons sien uit na 2025
Groete
Edrich,Morné en BLITZ!
22/12/2024
🔥VELDDRIF 6IXES 2024🔥
Ons het op 14 Desember vir die 1ste keer aan die Velddrif 6ixes deel geneem. Dit was n dag gevul met Vuurwarm krieket, goeie braaivleis en talle onvergeetlike memoriesâš¡
Ons wil graag die organiseerder, Melvin, bedank vir sy moeite en vir Velddrif CC vir hul gasvryheid. Ons hoop om julle volgende jaar weer te sien âš¡
18/12/2024
Nuwe specials beskikbaar by Die Visfabriek die week.Beskikbaar by alle takke en terwyl voorraad hou.
Kom besoek Die Visfabriek vir hierdie week se spesiale aanbiedings.
Beskikbaar terwyl vooraad hou!