23/08/2026
ππΌ WELKOM KLEIN MIKA! πΌπ
Die Durbell Blues-familie wil vir Zyn Geustyn & Mijeanne Mia Geustyn van harte geluk wens met die geboorte van hul pragtige dogtertjie. π
π Mika Geustyn
π
21 Augustus 2026
β° 10:25
βοΈ 2.9 kg
Mag klein Mika julle huis vul met liefde, lag, vreugde en ontelbare kosbare herinneringe. π
Ons wens vir mamma, pappa en klein Mika baie liefde, goeie gesondheid en God se ryke seΓ«n toe.
Baie geluk met julle pragtige klein wonderwerk! ππΆ
π΄βͺπ΅ Liefde van julle
Durbell Blues-familie
18/08/2026
β³π DURBELL OLD BOYS FUNDRAISER β ANNUAL GOLF DAY! π΄βͺπ΅
Time to swap the rugby boots for golf shoes for the day! πποΈββοΈ
Join the Durbell Old Boys for a great day of golf and gees at Wagnerβs Golf Academy.
π
28 August 2026
π Wagnerβs Golf Academy, De Bron Road, Vredekloof
β° Tee-off: 12:00 & 14:00
π° R1 400 per fourball
Included:
π A burger
π» 2 beers or
π₯ Double brandy
Get your fourball together, bring the gees and come support the Durbell Old Boys Rugby! π΄βͺπ΅
π² Bookings & more info:
Van Der Merwe Schalk β 084 941 2845
Spaces are limited β book your fourball early! β³π₯
17/08/2026
π So kom elke seisoen tot 'n einde
Na vier ongelooflike jare het die tyd aangebreek om die beker aan die nuwe kampioene oor te gee.
Die Durbell Blues was met trots langs die veld om die finaal te ondersteun. Ons het dalk nie vanjaar die trofee gelig nie, maar rugby gaan oor meer as net wen. Dit gaan oor respek, sportmanskap en die broederskap wat die spel so besonders maak.
Baie geluk aan Maties met 'n welverdiende kampioenskap. Geniet die oomblik en dra die beker met trots. ππ
Ons is trots op ons manne en sien reeds uit na wat volgende seisoen inhou. π
Sterling Access
14/08/2026
π OLD BOYS GAME π΄βͺπ΅
Die Durbell Old Boys klim weer op die veldβ¦ want ons is, of nog mal genoeg vir rugby, of net te trots om te erken ons lywe is klaar met ons. π
Die knieΓ« kraak, die skouers kla en die lae rΓ»e het lankal bedankβ¦ maar aftree? Nog nie! π
π
15 Augustus
π Langa Stadium β B-Field
β° 13:00
π₯ Durbell Old Boys vs Kuilsrivier
Ons bring baie ervaring, vuil praatjies en genoeg anti-inflammatories om βn apteek jaloers te maak. ππ
Kom kyk hoe die ou manne nog βn paar groot hits uitdeel.
Want ons kan nog. πͺπ
π΄βͺπ΅
06/08/2026
'n Opregte dankie aan ons Management en Coach vir alles wat julle hierdie seisoen ingesit het.
π Management
π΄ Jacques Visser
βͺ Hein Koen
π Coach
π΅ Vorster Klip Stone
Dankie vir die ontelbare ure langs die veld en agter die skerms. Vir elke spanpraatjie, WhatsApp-boodskap, oefensessie, wedstrydreΓ«ling, spelersregistrasie en al die beplanning wat dit verg om 'n span aan die gang te hou.
Baie van wat julle doen, gaan ongemerk verby, maar dit is juis daardie werk wat dit vir die manne moontlik gemaak het om op een ding te fokus... om rugby te speel.
Julle toewyding, leiding en passie het 'n groot verskil gemaak.
Dankie dat julle hierdie span gelei het, op en van die veld af. π
Sterling Access
05/08/2026
π Agter elke sterk span is daar manne wat die gees aan die brand hou. π₯
'n Opregte dankie aan ons 2026 Geeskomitee:
π΄ Johan Fourie
βͺ Roderick Dalton
π΅ JP Prinsloo
π΄ Johan Kotze
βͺ Chris van der Sandt
Dankie vir elke fines meeting, elke braai, elke plan en elke oomblik wat julle die ekstra myl gestap het om die Blues-broederskap sterker te maak.
Julle het seker gemaak die moraal bly hoog, die gees bly leef en dat daar altyd iets was om oor te praat... of iemand om te "fine". π
π»
Dankie vir alles wat julle hierdie seisoen vir die Durbell Blues gedoen het. Julle harde werk agter die skerms het 'n verskil gemaak en word opreg waardeer. π
Die seisoen is dalk verby, maar die gees bly leef.
Sterling Access
04/08/2026
ππΈ SEMI-FINAL MOMENTS πΈπ
A few moments from Friday nightβs battle against the Brackenfell Bravehearts. π΄βͺπ΅
A huge thank you to LimeArt Media for capturing the action and sharing these incredible photos! ππ·
Tag your teammates and tell us your favourite moment! π
Sterling Access
Mustbenice Clothing