16/10/2026
🔎 MOORD BY DIE KLUB: DIE GEHEIM IS ONTHUL! 🩸🕵️
En so is die moord op Herman van der Merwe uiteindelik vanaand by Bredasdorp Rolbal Klub opgelos! 🔍🔪
Die moordraaisel het beslis 'n paar mense en spanne behoorlik laat kopkrap, met verdagtes, leidrade en hope speurwerk om die waarheid te probeer ontbloot! 🧐
🏆 Baie geluk aan die span van die Koffiekan-komplot wat die raaisel so fyn uitgepluis en die skuldige ontmasker het! Julle het gewys dat geen leidraad te klein is wanneer 'n goeie speurder aan die werk is nie! 👏🏻
❤️ 'n Groot dankie aan almal wat deel was van hierdie unieke fondsinsamelingsaand en gehelp het om dit 'n sukses te maak. Julle ondersteuning beteken baie vir Bredasdorp Rolbal Klub!
📅 MAAK SOLANK JULLE DAGBOEKE REG!
Ons sien julle weer op 20 November vir ons volgende sosiale aand! 🥳
Hou ons dop, want daar wag nog lekker kuier, pret en verrassings!
Bredasdorp Rolbal Klub: Waar vriendskap, pret en 'n bietjie drama hand aan hand gaan!