Generaal Jan Smuts maak hierdie opmerking: "We do not want new orders. What the world want is an old order of 2000 years ago - the order of the Man of Galilee." Aangrypend!!
Author, Writer, Psychoanalytic Pastor
Psychoanalytic Pastor
29/08/2017
'n Geleerde beweer dat as jy in die afgrond kyk, kyk die afgrond terug na jou. Onthou, hoe jy teenoor 'n ander optree, is ten diepste hoe jy met jou eie binneste omgaan.
21/08/2017
In Afrika is daar die gesegde: ""As jy naby die rivier wil woon, maak vriende met die grootste krokodil!"
Wat jy dus sê en doen moet op diepe insig gegrond wees.
In Africa there is the saying: "" If you want to live near the river, make friends with the biggest crocodile! "
So what you say and do must be based on profound insight.
14/08/2017
My jongste boek se boodskap vertel "Dis nie die jare in jou lewe wat tel nie, maar die lewe in jou jare!!"
31/07/2017
Verwondering;
Iemand wat in God glo, leef altyd in verwondering. Hy/sy kyk en kyk en kyk totdat dinge terugkyk. Soos iemand sê: jou lewe word nie gemeet aan die aantal asemhalinge nie, maar aan die oomblikke wat ons asem wegneem.
25/07/2017
Wysheid vir die week:
Die Griekse word perichoresis beskryf die verhouding tussen God, die Seun en die Heilige Gees. Dit beteken dat die Drie met mekaar dans.
Om God na te volg, beteken om te dans. Niks in die lewe mag ons voete laat vasvries nie. Nie depressie en verlies in ons nie; nie haat, woede en misverstand, buite ons, teenoor ons medemens nie.,
Ons moet ligtelik, ligvoetig met hierdie dinge omgaan. Dit in hulle maai dans!!
18/07/2017
Die kursus wil op ‘n deernisvolle wyse vir u die gedrag ontbloot wat ons agter ons mooi maniere en godsdienstige gebruike wegsteek; ons vertel dat ons eintlik kaal is. Maar ook raad verskaf.
‘n Kind wys die weg.
In die sprokiesverhaal van Hans Christian Andersen word vertel van ʼn Keiser wat net die beste klere wou hê en die nuutste modestyl nagejaag het. Hy wou altyd uitstaan en aandag trek. Hy word deur twee wewers uitoorlê en loop op die ou end poedelnakend deur die strate – verby al sy onderdane.
‘n Kind let dit op.
Dit is wat Jesus ons ook in Matteus 18:2 vertel as Hy sê dat ons soos kindertjies moet word. Die dinge ontdek wat ons in ons volwasse jare wegsteek.
Datum: Saterdagoggend 5 Augustus 2017.
Plek: NG Gemeente Oostersee.
Tyd: Registrasie 8:30vm. Kursus vanaf 9:00 tot 13:00.
Fooi: R100.00. Dr. Kobus Anthonissen se nuutste boek “Dansend met die Lewe” (Rooi Rose se boek vir Augustusmaand!) verkrygbaar teen R225.0
Inskrywings: Maandae, Woensdae en Vrydagoggende van 9h00 tot 13h00. Tel: 021 – 9393830.
17/07/2017
Sprankie Lewe vir die dag.
Binne in elkeen van ons leef 'n lewendige kind, Dalk het jy al van hom of haar vergeet of doodgemaak. Soek om hierdie kind weer te laat lewe.
17/07/2017
Kobus Anthonissen se boek 'Dansend met die lewe' is Rooi Rose se boek van AUGUSTUS-maand. Vyf boeke kan gewen word.
Goeie more vriende. Hiermee die volgende skakel na die RSG program "Uit 'n ander hoek" u kan dit daar luister.
http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20170716_UIT_N_ANDER_HOEK.mp3
Uit 'n ander hoek
Sondag 16 Julie 2017
Bestaan daar werklik iets soos ʼn ewige lewe of 'n lewe na die dood? En waar is die hemel en die hel? Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, Anton van Niekerk, en die psigoanalis, Kobus Anthonissen, oor waarom sommige mense die hunkering het om vir ewig te leef, en of ons nie maar tevrede moet wees met een lewe en dit verantwoordelik leef nie.
Luister vanaand om 19h00 op RSG. Kobus gesels met Jean Oosthuizen op die program 'Uit 'n ander Hoek'.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the business
Website
Address
22 Fairfield StreetSouth, Fairfield Estate, Parow
Cape Town
7530
Opening Hours
| Monday | 10:00 - 19:00 |
| Tuesday | 10:00 - 19:00 |
| Wednesday | 10:00 - 19:00 |
| Thursday | 10:00 - 19:00 |
| Friday | 10:00 - 19:00 |