30/12/2025
lol
Trending Catchy Song - Aham chiki chiki bubblegum - Travelling Sensei #catchy #trending
This is the song you will put on repeat and don't know why you are humming it over and over - aham chiki chiki bubblegum! Put your dance shoes on and warm up...
13/01/2021
Die bokwagter
So stop ek by n bokwagter.Ek sien daar is bietjie van n onderonsie daar op die bokveldt en n seun wat weghardloop(soos op foto gesien as jy zoom)
My nuuskierigheid kry die oorhand en ek stap nader.
"Middag my oom" groet ek beleef.
"Middag meneer" antwoord hy rustig
Ek voeg verder by "geseende nuwe jaar vir jou en familie"
"Dankie jy ook en die familie" antwoord hy kort.
"Was n moeilike 2020 met die corona en alles ne oom" se en vra ek gelyk.
"Mmmm..." beaam hy hees
"Wat d**k oom van die corona ?en hoekom hardloop daai seun dan so al huilend oor die vlak ?"bombardeer ek hom met die vrae.
Hy is vir rukkie doodstil en kry rus op n melkemmer toe hy stadig antwoord.
"Jy sien meneer...die ding loop so.
Die jare van corona was maar soos bokstront.
Hard en klonterig"antwoord hy geirriteerd.
N stilte volg.
Ek breek die stilte.
"nou hoekom hardloop daai kind dan nog so huilend" vra ek terwyl die kind nog met spoed hardloop in die verte.
"Het jy hom geslaan?"vrae ek kwaai.
"Kyk meneer die ding werk so."
"Daai die kind hy kom hier"
"Die bok wei en pla niemand"
"Die bok is op sy plek elke hulle dag"
"Die bokke hulle pla fokkel en eet net hier elke hulle dag"
"Nou daai kind hy raak onrustig en kan nie stilsit nie."
"Sy agter se sit die pla hom."
"Nou die kind hou hom nie op sy plek nie."
"Nou meneer sien die kind hy vat n stok"
"Hy terg daai bok"
"Nou die bok draai om en stamp daai kind hard op die bors dat sy wind soek."
"Nou meneer ek d**k ......."
"Miskien daai bok het fokkol lus om gepla te word nie"
Ek groet vinnig en stap in diep denke na die bakkie.
17/09/2020
My phone was stolen again.I had enough and decided to buy me a cheapy of R200 .everytime I take it out to answer a call the people around me start laughing out loud.They so ,,,no sensei,and crack themselves
Let me tell you ! If your phone can
1 .make a picture look like this
2.batery that last for seven days and more
3 that you can use as a weapon
4.that falls without breaking
5 .thats a conversation piece
6.that take two sims
7.memory that not gets full
8.that wattsapp,facebook,skype,youtupe,assistant,maps,store and more
And still phone overseas
We can talk again.
Do you know of anybody else that still uses these cheap phones? Lol
09/09/2020
Only south africans will catch this joke of the morn
23/08/2020
Die blikbeker.
Net anderkant Katbakkies stop ek vir n geselsie en bietjie water. Tannie Anna is baie opgewonde en dors vir gesels. Sy is al oor die 50 jaar daar woonagtig.
So kom daar n tamaai blikbeker vol vars water. Die water is lekker soet van die streek. 'n Suiwerheid in die water en ek maak daai blikbeker leeg.
"Die is darem 'n ou beker?"
"Dit lyk of dit al n paar jare agter hom het, " terg ek .
"Ja my kind, daai beker het ek nog by my oorlede oupa gekry. Ons is almal groot gemaak met daai beker, " antwoord sy vinnig.
"En die knoppe op die beker? Is dit van al die val?" vra ek nuuskierig.
"Dit is van stoutkoppe" lag sy lekker.
"Stoutkoppe?" vra ek deurmekaar.
"Ja is vir die kinders, as jy nie wou hoor nie en die beker is naby, dan bliksem ek sommer jou oor die kop. My oorlede ma het ons ook maar so bygekom. My hou lê ook daar langs die linkerkant. Die bloed het sommer geloop" vertel Anna.
"Sjoe,dit moes erg wees. Gebruik jy hom nog?" vra ek.
"Nee die kinders is al uit die huis en mooi groot. Een is pakhuisbestuurder in die Kaap. Die ander voorman op die plaas in Ceres en my laatlammetjie 'n verpleegster."
"Het jy kinders in die huis ?" vra sy vinnig.
"Ja twee seuns"
"Luister hulle?"wil sy weet.
"Net so nou en dan"
"Nou vat daai beker vir jou, hy het lanklaas gewerk en pas hom mooi op. Sy werk is klaar hier."
Met die beker nog in my hand en met dankbaarheid:
"Dankie baie. Dit sal mooi opgepas word."
"Onthou nou, sê sy, "is nie 'n kas beker nie. Is 'n werksbeker.
"En die nommers aan die buitekant? Dit blyk my hulle kon nie spel toe hulle dit uitkap nie?" vra ek sarkasties.
"Nee my oorledene Pa kon skryf. Kyk aan binnekant, Stupid" kap sy vinnig terug
Ek gee lekkers en val in die pad met my bliksembeker vasgemaak op my fiets.