03/09/2026
1-slapie-voor-SMUL!
Bring jou mense.
Jy is altyd welkom! Wie is ons? Kom nes jy is! Ons gebou is geleë in Dormehlsdrift en ons eredienste begin elke Sondag om 09:00. Kom nes jy is - jy is WELKOM!
As huisgesin van God wil Tuinedal ‘n VEILIGE ruimte wees waar goed versorgde en toegeruste lidmate gestuur word na ‘n stukkende wêreld - tot eer van God. Ons eredienste word ingerig met kindertyd, begeleiding deur ‘n orrel sowel as ‘n musiekgroep, relevante Woordverkondiging, Sondagskool vir laerskoolkinders tydens die erediens, ‘n oppasdiens aan voorskoolse kinders sowel as heerlike saamkuier in
03/09/2026
1-slapie-voor-SMUL!
Bring jou mense.
01/09/2026
Nog net DRIE slapies!
Met wie moet jy hierdie week gaan vrede maak?
27/06/2026
Maar hoe kan Ek jou prysgee? Hoe kan Ek jou laat vaar? Hoe kan Ek jou vernietig? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.
Hosea 11:8
20/06/2026
Ons kan nie wág om jou more in ons kerkgebou te verwelkom nie!
08:30 | Palgravestraat | Dormehlsdrift
04/06/2026
Die herstelwerk aan ons kerkgebou het gister afgeskop. Ons moes eers deur die admin van die versekering, assessore en verskeie kwotasies werk. Ons is dankbaar en hoopvol dat ons weer vanaf middel Junie as gelowiges bymekaar kan kom! HOU DIE SPASIE DOP vir inligting.
25/05/2026
Ons Youth for Christ-sendelinge in Kamieskroon ontvang Tuinedal-besoekers!
Wie is lus vir 'n uitreik Namakwaland toe?
Steek op jou 🤚!
Liewe gemeente,
na n rowwe en stormagtige week is ons dankbaar almal is droog en veilig.
Ons kerkgebou het egter erge wind- en waterskade opgedoen. Die versekering het die gebou ongeskik verklaar vir menslike gebruik.
Die Kerkraad het gister George Suid gemeente se uitnodiging aanvaar om tot tyd en wyl saam met hulle eredienste en Pinksterbidure te hou.
Ons vertrou die Here vir diep ontmoetings met Hom in hierdie tyd van ontwrigting.
Hulle erediens begin om 09:00.
Ds Pieter
11/05/2026
Indien enige iemand in groot nood verkeer, help Wellington Spar graag.
| Monday | 09:00 - 13:00 |
| Tuesday | 09:00 - 13:00 |
| Wednesday | 09:00 - 13:00 |
| Thursday | 09:00 - 13:00 |
| Friday | 09:00 - 13:00 |
| Sunday | 09:00 - 11:00 |