26/10/2026
Saterdag 24 Oktober 2026 was die Wildehonde gashere en -dames gewees vir die Nedbank Developement span van die 2026 Nedbank Gravel Burn. Dit was 'n heerlike dag van lekker fietsry, lekker eet en lekker kuier met ons gaste uit die Wes-Kaap.
Hulle het 'n 60km roete in ons mooi omgewing en die Camdebo Nationale park gery.
Baie dankie vir almal se gasvryheid en Abie en Marichen Nel vir die gebruik van jul plaasingang.
Dankie aan Romero Hector, Elise Steynberg, Philip de Klerk en Japie Delport wat die groep begelei het en hulle so tuis laat voel het.