Floreer as vrou

Directions Website Contact the business

Floreer as vrou Ek help vroue om weer in hulleself te glo en selfvertroue te bou, om te leef met minder self-twyfel en vrees.

Kry hier 'n GRATIS video uit my reeks Vertrou God met jou seer: https://www.services.mindfulbeautysa.co.za/sukkel-jy-met-emosies

Vir elke vrou wat eenkant voel, lees gerus die pragtige stuk wat Pragtige JY - Is Genoeg • Juanita Grobler geskryf het.h...
04/11/2026

Vir elke vrou wat eenkant voel, lees gerus die pragtige stuk wat Pragtige JY - Is Genoeg • Juanita Grobler geskryf het.
https://www.facebook.com/share/1TG7duMAdQ/

Jesus was oppad ĂŞrens heen.
Daar was 'n skare mense om Hom.
Almal het aan Hom geraak, almal het iets van Hom verwag, almal wou naby Hom wees. Mense het van alle kante af teen Hom gedruk.

Maar iewers tussen al daardie mense was daar 'n vrou wat nie meer geweet het hoe dit voel om raakgesien te word nie.

Twaalf jaar lank het sy seer gedra.
Twaalf jaar van dokters, behandelings, teleurstellings en waarskynlik hope onbeantwoorde vrae. Twaalf jaar waarin haar liggaam haar in die steek gelaat het, haar finansies uitgeput geraak het en haar omstandighede haar al hoe verder van ander mense af weggedruk het. Sy was nie net siek nie. Sy was 'n vrou wat geleidelik haar plek in die samelewing verloor het.

Miskien het mense intussen opgehou vra hoe dit met haar gaan. Miskien het hulle haar eerder met haar probleem vereenselwig as met haar menswees. Dalk het sy so gewoond geraak daaraan om op 'n afstand te leef dat sy nie meer verwag het dat iemand haar sou raaksien nie.

Maar toe gebeur iets.

Sy hoor Jesus is naby.

En sy besluit om deur die skare te kom.
Nie om 'n gesprek met Hom te hĂŞ nie.
Nie om 'n openbare gebed te vra nie.
Sy wil net aan die soom van Sy kleed raak.

Een aanraking.
Een klein beweging van geloof.
Een laaste poging om by Jesus uit te kom.

En toe gebeur die wonderwerk.

Nie net is sy genees nie.
Jesus het opgehou loop.

Hy kon aangestap het.
Hy was op pad na 'n dringende situasie. Daar was 'n dogtertjie wat besig was om te sterf. Die skare het Hom omring.
Daar was soveel ander mense wat ook Sy aandag wou hĂŞ.

Maar Jesus het stilgestaan vir 'n vrou wat die wĂŞreld lankal opgehou raaksien het.
Hy het nie net haar aanraking gevoel nie.
Hy het háár raakgesien.

En dit is juis wat sy daardie dag nodig gehad het. Ja, sy het genesing nodig gehad.
Maar sy het ook nodig gehad dat iemand haar weer as mens sou sien. Dat iemand haar nie aan haar siekte sou herinner nie, maar haar haar waardigheid sou teruggee.

Jesus het haar nie toegelaat om stilweg weer tussen die skare te verdwyn nie.

Hy het gevra: "Wie het My aangeraak?"

Nie omdat Hy nie geweet het nie, maar omdat Hy haar uit naamloosheid wou bring.

En toe sĂŞ Hy iets wat twaalf jaar se verwerping nie kon uitwis nie:

"Dogter..."

Sy het gekom as 'n vrou met 'n probleem.
Sy het weggestap as 'n dogter met 'n identiteit.

Jesus het haar nie aangespreek volgens haar toestand nie. Hy het haar aangespreek volgens haar plek in Sy hart.

Sy was nie die onrein vrou nie.
Nie die uitgeworpene nie.
Nie die een met die twaalf jaar lange probleem nie.

Sy was 'n dogter.

En dalk moet jy ook vandag weer hierdie waarheid hoor.

Jy is nie die somtotaal van alles wat met jou gebeur het nie. Jy is nie jou trauma nie.
Nie jou egskeiding nie.
Nie jou mislukking nie.
Nie die verwerping wat jy ervaar het of die seisoen waarin jy jouself verloor het nie.

Miskien het mense lankal opgehou vra hoe dit regtig met jou gaan.
Miskien het jy geleer om jou pyn agter 'n glimlag weg te steek. Miskien voel jy soms soos iemand wat tussen 'n duisend mense staan, maar deur niemand werklik raakgesien word nie.

Maar Jesus sien jou.

Hy sien die vrou agter die glimlag.
Die ma wat stilweg huil.
Die vrou wat almal anders aan die gang hou, maar self nie meer weet waar sy krag vandaan moet kom nie.
Die een wat nie eens meer mooi weet hoe om te bid nie.
Die een wat voel sy staan alleen in die vallei en die berg lyk net te onmoontlik om uit te klim.

Selfs wanneer jou geloof net 'n uitgestrekte hand is, selfs wanneer al wat jy kan doen is om in Sy rigting uittereik, is Hy nie onbewus van jou nie.

Jy hoef nie die hardste te skree om deur Jesus raakgesien te word nie.
Jy hoef nie voor in die ry te staan nie.
Jy hoef nie eers jou lewe bymekaar te kry voordat jy na Hom toe kom nie.

Hy sien jou, selfs wanneer die res van die wĂŞreld by jou verbyloop.

Want dit is die hart van Jesus.
Hy sien nie net die nood nie.
Hy sien die mens binne-in die nood.
Hy genees nie net wat seer is nie.
Hy herstel ook wat verwerp, verneder en vergete gevoel het.

Jy is nie net nog 'n gesig in die skare nie.
Jy is nie 'n onbelangrike voetnota in iemand anders se verhaal nie.
Jy is nie wat met jou gebeur het nie.

Jy is 'n dogter.

Van vergete na geken.
Van uitgestoot na omhels.
Van 'n vrou wat in die skare probeer wegkruip het, na 'n dogter wat voor Jesus kon staan.

En dieselfde Jesus wat daardie dag vir haar stilgestaan het, stap vandag nog met deernis na gebroke mense toe.

Moet dus nie ophou uitreik nie.
Selfs al bewe jou hand.
Selfs al is jou gebed net 'n fluistering.
Selfs al is jou geloof vandag maar klein.
Hy sal jou nie sommer by die skare laat agterbly nie.

Die grootste wonderwerk was nie net dat haar liggaam genees is nie.
Dit was dat Jesus haar nie toegelaat het om as 'n vergete vrou weg te stap nie.
Hy het haar herinner aan wie sy is.
Sy dogter.

Jesus sien jou in die skare.

©️ Pragtige JY - Is Genoeg • Juanita Grobler
2026

29/10/2026

Vergifnis is nie n gevoel nie, maar 'n besluit wat jy maak.

In my boek gesels ek met jou oor hoe om jouself en ander te vergewe.

Jy kan hier 'n gratis kopie kry:
https://www.lanafourie.com/vergifnis_eboek

Mag jy 'n heerlike Lentedag hĂŞ en blom in jou hart.
01/09/2026

Mag jy 'n heerlike Lentedag hĂŞ en blom in jou hart.

Vroue het soveel om op hul skouers te dra en probeer altyd sterk wees, maar om sterk te wees beteken nie dat jy nooit va...
28/08/2026

Vroue het soveel om op hul skouers te dra en probeer altyd sterk wees, maar om sterk te wees beteken nie dat jy nooit val nie, inteendeel, die vrou wat opstaan elke keer nadat sy geval het, is die sterk een. Dié een wat val omdat die gewig op haar skouers te veel raak, maar besluit om God se hand te vat en wéér op te staan.

Mag jy 'n sterk vrou bly, jou lewe lank.

Ek het vandag amptelik hierdie blad se naam verander na Floreer as vrou, omdat ek glo dat vroue kan floreer ten spyte va...
26/08/2026

Ek het vandag amptelik hierdie blad se naam verander na Floreer as vrou, omdat ek glo dat vroue kan floreer ten spyte van swaar en moeilike tye as jy die Here se hand vat. Ek wou ook hĂŞ dit moes aansluit by die lidmaatksap wat al amper 'n jaar aan die gang is van Floreer as vrou.

Om te floreer beteken om te groei, te ontwikkel of om voorspoedig te wees selfs al het jy uitdagings.

Niemand het dit altyd nét maklik nie, maar wat doen jy wanneer dit moeilik gaan?

Die saadjies wat jy vandag plant is die blomme of onkruid wat later opkom.

Plant mooi saadjies, blomme eerder as onkruid, maar ewe belangrik, omring jou met mense wat dit water gee om dit te help groei. Wanneer jy jou heeltyd omring met toksiese mense en hulle té veel invloed gee, kan jy dalk net eindig met water wat onkruid aanhelp in plaas van die mooi blom.

Daar is soveel mooi blomme, nét so is daar soveel prag vroue, laat ons mekaar help groei om te floreer, elkeen uniek soos God jou gemaak het.

As jy hou van wat jy lees is jy welkom om die blad te volg en van tyd tot tyd inligting hier te kry wat jou help floreer.

©Lana Fourie - Floreer as vrou

12/08/2026

Hou op soek vir al die foute en drama in die lewe, daar is genoeg, jy hoef dit nie te soek nie. As jy dit soek, is dit al wat jy later gaan raaksien. Soek bietjie die mooi en goed in jou dag en jou medemens.

Het jy al ooit jou hart teenoor iemand oopgemaak en dit het nie goed uitgedraai nie?Vandag wil ek jou herinner dat God w...
08/08/2026

Het jy al ooit jou hart teenoor iemand oopgemaak en dit het nie goed uitgedraai nie?

Vandag wil ek jou herinner dat God weet horveel dapperheid en moed dit vat om jou seer met iemand te deel. Hy sal nooit jou seer hart geringskat nie. Hy is 'n veilige hawe vir jou seer hart.

Geniet wie God jou gemaak het om te wees, ek glo dit bring eer aan Hom. Jy is uniek jy, daar is niemand anders soos jy n...
06/08/2026

Geniet wie God jou gemaak het om te wees, ek glo dit bring eer aan Hom. Jy is uniek jy, daar is niemand anders soos jy nie, was nog nooit nie, en sal ook nooit wees nie.

Address

Hartenbos

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Floreer as vrou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Floreer as vrou:

Share

Category

Nearby gyms & sports facilities