24/09/2026
Namens die bestuur, afrigters en spelers van Sunshine United RFC, wil ons graag stilstaan by ons matriekulante. 👑✨
Julle het almal ongelooflik netjies en pragtig gelyk. Dit is vir ons 'n voorreg om julle as deel van ons klubfamilie te hê. Julle maak die hele Sonskynvallei-gemeenskap opreg trots.🤩🫠
’n Groot dankie ook aan die ouers wat hierdie pad saam met hulle geloop het. Julle kan opreg trots wees op die pragtige jongmense wat julle grootgemaak het.😇🙌
Soos die klubmotto sê: "Arise and Shine". Dra daardie selfde passie en deursettingsvermoë nou oor na julle finale eksamens. 🎓 🤝
Ons staan bankvas agter julle!
Groete,
Sunshine United RFC Bestuur 💛 🖤
Voel vry om jul foto's in die comment section te drop...👇