Een klas, een evaluasie, een oefening, een kliënt op ‘n slag maak La Studio ‘n verskil… KOM MEET SODAT JY KAN WEET OF JY BETER.
La Studio
Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.
💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:
Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefening
29/08/2026
Hoe sterker en meer funksioneel jy voor ’n operasie ingaan, hoe beter voorbereid is jou liggaam vir die herstelpad daarna.
Berei voor. Bou krag. Herstel sterker. 🌿
La Studio Biokinetika | Wetenskap van HOOP
☎️0829240873
27/08/2026
Moenie wag totdat ouderdom jou bene begin beperk nie. Bou nou aan die liggaam wat jou later moet dra.
👌🏻Ons kan jou help - veilig oefen!
AS EK NET VIR DAARDIE JONG STUDENT KON SÊ: HOU AAN… 🌿
In 1998 het ek begin met my BSc Menslike Bewegingskunde.
Ses jaar later, in 2003, het ek by die Universiteit van Potchefstroom uitgestap — drie grade ryker.
Maar tussen daardie twee datums lê baie meer as grade.
Daar was klasse en eksamens.
Laat nagte, kuiers en partytjies. 😄
Baie leer — en baie grootword.
Reeds in my eerste jaar het ek begin werk waar ek kon: by biokinetika-sentrums en gimnasiums. Ek het personal training-kursusse bygewerk en soms ’n sentrum 04:00 in die oggend gaan oopsluit, vir min of geen vergoeding.
Nie omdat dit indrukwekkend was nie.
Omdat ek wou leer.
Toe ek uiteindelik die universiteit verlaat, kon ek dadelik my eie praktyk begin en mense begin help.
My eerste maand se salaris aan myself, mét ’n meestersgraad, was so klein dat ons dit maar eerder tussen my en die bankrekening sal hou. 😂
Maar ek sal dit nie verruil nie.
Elke vroeë oggend.
Elke kliënt.
Elke evaluasie.
Elke program wat ek geskryf het.
Elke kursus.
Elke persoon wat ek probeer motiveer het.
Elke keer wat iets nie gewerk het nie en ek weer moes leer.
Vandag kyk ek soms terug en besef:
Mens bou nie ’n loopbaan in een groot oomblik nie.
Jy bou dit in duisende klein oomblikke wanneer jy opdaag, aanhou leer en weer probeer.
En dalk is dit wat ek vandag vir iemand anders wil sê:
Moenie jou klein begin minag nie.
Jy weet nie waarheen die ure wat niemand raaksien jou nog gaan neem nie.
Ek is steeds besig om te leer.
Steeds besig om te bou.
En steeds dankbaar dat ek destyds net aangehou het. 🌿
Die pad was die moeite werd.
🌿 HULLE DAAG OP VIR HULSELF.
Nie net om sterker spiere te bou nie.
Hulle kom om energie te hê.
Om positief te bly.
Om steeds dinge saam met hulle kinders en kleinkinders te kan doen.
Om onafhanklik te bly.
Om beter te voel wanneer hulle huis toe gaan.
📌17:00 klasse nog plek
☎️0829240872 vir meer inligting
25/08/2026
150 MINUTE.
’n Klein belegging elke week vir ’n hart wat jou ’n leeftyd moet dra. ❤️
☎️ons vir jou evaluasie en bespreek jou of familielid se oefensessie💚💚
23/08/2026
Gesels🗣️🗣️ gerus as jy meer wil weet. Ons resultate het al so baie kliënte gehelp en gemotiveer. 💚✅💚✅💚💚✅💚
60:40 quadriceps:hamstrings is die krag verhouding. Ons kan dit meet sodat jy weet... dit kan pyn en prestasie beïnvloed. EN GEEN PIL KAN DIT REG MAAK NIE NET BEWEGING!!!!
📌0829240872 vir meer inligting
18/08/2026
JY HOEF NIE ’N “GYM-MENS” TE WEES OM STERK TE WORD NIE. 🌿
Miskien hou jy nie van ’n besige gym nie.
Miskien weet jy nie waar om te begin nie.
Of miskien wil jy net veilig oefen, sterker word en lekker voel in jou liggaam.
Dis hoekom ons klasse anders voel.
Ons oefen in ’n kleiner, gemaklike omgewing waar jy:
• jou spiere versterk
• jou “core” en balans uitdaag
• mobiliteit behou
• teen jou eie vermoë werk
• én steeds behoorlik oefen!
Geen kompetisie nie.
Geen oordeel nie.
Net vroue wat saam werk aan sterker, gesonder liggame.
En kyk mooi na hierdie foto’s…
jy hoef nie eers fiks te wees om hier te hoort nie. Jy moet net begin. 🤍
🌿 17:00 La Studio
Dalk is dit presies die klas waarna jy gesoek het.
17/08/2026
🫁🫁🫁🫁🫁
☎️082 924 0872
KOM KUIER : Om jou kardiovaskulêre stelsel ‘n hupstoot te gee en weer DIEP ASEM TE HAAL
Daar is nog plek in die 17:00 - 17:45 klas.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441