02/09/2026
Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.
By Die Voortrekkers mik ons altyd hoër✈️ - nie om bo ander uit te styg nie, maar om meer te beteken, verder te d**k en ons lig al helderder in die wêreld te laat skyn.
Al 95 jaar lank.
27/08/2026
HIER BEGIN…
Vriendskappe
Avonture
Grootword
Leierskap
Die Voortrekkers - meer as net ’n aktiwiteit.
Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers
09/08/2026
🇿🇦 Nasionale Vrouedag 2026
Aan elke vrou - dankie vir julle sterkte, wysheid en liefde.
Julle is kosbaar. Julle is sterk. Julle maak die wêreld mooier.
Gelukkige Vrouedag 2026! 💙
07/08/2026
Waag. Leer. Ontdek.
Hoe gereeld kry ’n mens die geleentheid om ’n indrukwekkende luislang van so naby te ervaar?
Vir Die Voortrekkers gaan dit oor die moed om nuwe dinge aan te pak, die natuur met respek te ontdek en herinneringe te skep wat ’n leeftyd hou.
Kom beleef die avontuur saam met ons!
Word deel van Die Voortrekkers en ontdek hoe lekker leer kan wees.
01/08/2026
Ware leiers wag nie vir die toekoms nie, hulle bou doelgerig daaraan. Hulle droom groot, hulle glo heelhartig en pak elke uitdaging met moed aan.
Hierdie drie Voortrekkers het bewys dat hulle as jong Afrikaners en positiewe landsburgers 'n blink toekoms sien. Dat hulle diensbaar staan as kinders van Jesus en vertrou dat hul voetstappe deur HOM gerig word.
Baie geluk met julle toekennings as Presidentsverkenners. Julle maak ons trots.
Om as Presidentsverkenner te kwalifiseer word groot fokus op die Voortrekkerloopbaan geplaas waar waardes en vaardighede deurlopend ontwikkel word. Tydens die toetskamp word blootstelling gegee aan ’n verskeidenheid intellektuele perspektiewe, leierskapsafronding en toerusting met sosiale en praktiese vaardighede wat hulle op universiteit en die werksplek nodig gaan hê.
Niekie van den Berg, destyds aanbieder van “Sê wie?” op RSG, het eenmaal in ’n radio-onderhoud aan Hoofleier Tom Dreyer gevra om in een sin te sê wat hy in Die Voortrekkers wil bereik. Niekie was seker ietwat verras toe oom Tom antwoord: “Om ons lede te laat d**k.”
Mag hierdie toekenning julle inspireer om nog groot voetspore in die wêreld te maak. Mag julle altyd op ons Hemelse Vader vertrou, dat Hy jul voete op die regte pad sal rig.
27/07/2026
So begin ons 'n nuwe kwartaal waar die graad 7, 6 en sommer 5 die jonger spanne met speletjies besig hou en Oom Dawie almal leer Kettie skiet. want 'n Voortrekker neem leiding en hoe beter om te leer as om self 'n speletjie aan te bied.
21/07/2026
*Die skoolklok lui weer.*
Skooltasse is gepak en die vakansie is iets van die verlede. Maar vir honderde Voortrekkers begin hierdie kwartaal met iets ekstra: herinneringe wat hulle vir ’n leeftyd sal saamneem.
Die afgelope vakansie het kampe regoor die land nuwe vriendskappe gebou, leiers laat groei en onvergeetlike ervarings geskep. Vir ons Presidentsverkenners was die PV-kampe nóg ’n tree nader aan volwassenheid, verantwoordelikheid en diens.
Die grootste lesse word nie altyd in ’n klaskamer geleer nie. Soms word dit op ’n bergpad ontdek, of langs in getroue vriend wat saam met jou 'n uitdaging moet oorkom.
Mag elke Voortrekker hierdie kwartaal met dieselfde moed, deursettingsvermoë en entoesiasme aanpak as waarmee hulle die vakansie se avonture aangepak het.
Hou aan groei. Hou aan leer. Hou aan leef waarvoor jy staan.
15/07/2026
HET JY GEWEET?
Die Voortrekkers is een van die min jeugorganisasies waar die hele gesin saam betrokke kan wees. Van kleuters tot volwassenes – elkeen het ’n plek om te leer, te dien en herinneringe te bou.
Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
26/06/2026
Die Voortrekkers wens al ons lede, gesinne en vriende ’n heerlike vakansie toe!
Mag hierdie tyd gevul wees met avontuur, rus, lekker kuier en kosbare herinneringe saam met familie en vriende.
Vir almal wat hierdie vakansie gaan kamp – geniet die vars lug, die kampvuur, die sterrehemel en die besondere oomblikke wat net die buitelewe kan bied.
Bly veilig op die paaie en kom terug met nuwe energie vir die volgende Voortrekker-avonture.