22/10/2026
⛳ Die Bunker Boys van die Strand kuier in Heidelberg!
Dis ’n plesier om Cornie Blom en die Bunker Boys by Heidelberg Gholfklub te verwelkom! Dankie dat julle ons baan deel van julle gholfuitstappie gemaak het. 🏌️♂️
Dis besoekers soos julle wat die lekker gees van plattelandse gholf help bou. Ons hoop julle het die kuier geniet en sien uit om julle weer hier te ontvang!
Hopelik was daar meer voëltjies as bunkers op die telkaart! 😉🍻