Hoedspruit Diepsee Hengelklub

Directions Contact the business

Hoedspruit Diepsee Hengelklub Hoedspruit Diepsee Hengelklub

🎣 Ken jy jou tuna?Sewe tunasoorte, elk met sy eie kenmerke! Watter een het jy al gevang? Deel jou vangsfoto in die komme...
13/10/2026

🎣 Ken jy jou tuna?

Sewe tunasoorte, elk met sy eie kenmerke! Watter een het jy al gevang? Deel jou vangsfoto in die kommentaar! πŸ“Έ

🎣 Drie hengelknope wat elke hengelaar moet ken!Die Palomar-, Uni- en FG-knoop is nuttige knope om te oefen voor jou volg...
13/10/2026

🎣 Drie hengelknope wat elke hengelaar moet ken!

Die Palomar-, Uni- en FG-knoop is nuttige knope om te oefen voor jou volgende diepsee-avontuur.

πŸ’‘ Toets altyd jou knope voordat jy gooiβ€”jou volgende groot vangs kan daarvan afhang!

πŸ‘‡ Watter knoop is jou gunsteling?

06/10/2026

πŸ†πŸŽ£ HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB β€” PRYSTOEKENNINGS 2026 πŸŽ£πŸ†

’n Jaar van groot vangste, lekker samesyn en onvergeetlike oomblikke op die water! Ons vier met trots die hengelaars wat in 2026 uitgeblink het. Baie geluk aan elke pryswenner! πŸ‘

🌟 PRESTASIETROFEΓ‹

πŸ† O.13-hengelaar van die jaar: Lu-Mar Slabert
πŸ† Junior hengelaar van die jaar: Johan Meintjes jnr.
πŸ† Vrouehengelaar van die jaar: Yolandi Pretorius
πŸ† Hengelaar van die jaar: Mats Blom
πŸ† Beste prestasie van die jaar: Mats Blom β€” Kingfish
πŸ† Persoonlikheid van die jaar: Wiehan Stapelberg
πŸ† Miskruier van die jaar: Gerrit van Niekerk πŸ˜„

🐟 ALGEHELE ROOFVISTROFEΓ‹

πŸ₯‡ Swaarste Cuda: Johan Meintjes jnr. β€” 15,3 kg
πŸ₯‡ Swaarste Dorado: Peter John Mclellan β€” 15 kg
πŸ₯‡ Swaarste Wahoo: Johan Meintjes jnr. β€” 18,3 kg
πŸ₯‡ Swaarste Tuna: Lu-Mar Slabert β€” 12,5 kg
πŸ₯‡ Swaarste Kingfish: Mats Blom β€” 20,78 kg

πŸ“œ KATEGORIEPRYSE β€” SERTIFIKATE

🎣 Juniors o.13
β€’ Johan Meintjes β€” Cuda: 15,3 kg
β€’ Lu-Mar Slabert β€” Tuna: 12,5 kg

🎣 Juniors o.19
β€’ Johan Meintjes β€” Cuda: 12 kg
β€’ Johan Meintjes β€” Wahoo: 18,3 kg
β€’ Johan Meintjes β€” Tuna: 12,4 kg
β€’ Johan Meintjes β€” Kingfish: 45 cm

🎣 Dames
β€’ Lara Leicesterβ€” Tuna: 8,7 kg
β€’ Lara Leicester β€” Kingfish: 6,22 kg

🎣 Mans
β€’ Herman Dickinson β€” Cuda: 7 kg
β€’ Peter John Mclellan β€” Dorado: 15 kg
β€’ Thehan Wolmarans β€” Wahoo: 25 kg
β€’ Herman Dickinson β€” Tuna: 8,1 kg
β€’ Mats Blom β€” Kingfish: 20,78 kg

🌊 SNAWELVIS β€” TAG & RELEASE

Baie geluk aan ons hengelaars met hul vangste wat gemerk en vrygelaat is:

β€’ Blou marlyn: Yolandi Pretorius
β€’ Swart marlyn: Mats Blom
β€’ Streepmarlyn: Marsel Slabert Γ— 2, Pieter Pretorius en Zenith Kuhn
β€’ Seilvis: Wiehan Stapelberg en Mark Di**le

πŸ† SnawelvistrofeΓ«
β€’ Meeste seilvisse: Wiehan Stapelberg
β€’ Meeste bloumarlyne: Yolandi Pretorius
β€’ Meeste swartmarlyne: Mats Blom
β€’ Meeste streepmarlyne: Marsel Slabert β€” 2

🚀 KLUBKAMPIOENSKAP β€” FINALE PUNTESTAND

πŸ₯‡ Fish’ O Therpay β€” 249 punte
πŸ₯ˆ Pura Vida β€” 186 punte
πŸ₯‰ Lauwrette β€” 119 punte
β€’ Mystique β€” 59 punte
β€’ Malachite β€” 50 punte
β€’ Wille Ding β€” 40 punte
β€’ Mamasita β€” 5 punte

Dankie aan elke lid, skipper, bemanningslid en ondersteuner wat deel was van ons klubjaar. Die vangste gee ons stories om te vertel, maar die mense maak ons klub besonders! πŸ’™

Baie geluk aan al ons wenners β€” mag die volgende hengeljaar nΓ³g groter vangste en mooi herinneringe oplewer! 🎣🌊

🎣🌊 ’N HENGELLEGENDE KOM KUIER! 🌊🎣Hoedspruit Diepsee Hengelklub is ongelooflik trots om die bekende Mark de la Hey as ere...
16/09/2026

🎣🌊 ’N HENGELLEGENDE KOM KUIER! 🌊🎣

Hoedspruit Diepsee Hengelklub is ongelooflik trots om die bekende Mark de la Hey as eregas by ons jaarlikse AJV en Boottoetsdag te verwelkom!

πŸ“… Saterdag 19 September 2026

πŸ”₯ TACKLEBOX SAAM MET MARK DE LA HEY πŸ”₯

Mark is ’n professionele hengelaar, TV-aanbieder en vervaardiger wat oor ’n tydperk van ongeveer 18 jaar reeds in meer as 600 hengelprogramme verskyn het. Hengelliefhebbers sal hom herken uit gewilde programme soos ESA, Freespool Angling, Reel Africa, Hooked on Africa en Land en Strand.

Sy hengelavonture het hom langs die Suid-Afrikaanse kus, deur Mosambiek en na van Afrika se indrukwekkendste hengelbestemmings geneem. Hy bedryf ook sy eie charteronderneming vanuit Ballito en beskik oor ’n ongelooflike skat van praktiese kennis, diepsee-ervaring en onvergeetlike visvangstories.

Hierdie is meer as net ’n AJV β€” dit is ’n unieke geleentheid om by ’n ware meester van die sport te leer!

Kom kuier saam, luister na Mark se avonture en kry waardevolle wenke en geheime oor hoe om daardie groot vis te vang! 🎣

Nog nie ’n lid nie? Nou is die perfekte tyd om aan te sluit!

πŸ‘‰ Sluit hier aan:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeb3fgAEGWA_n3YnwbeFIiBouRC3nsgWyA5om0zE248rO4hvA/viewform?usp=publish-editor

By Hoedspruit Diepsee Hengelklub gaan dit nie net oor die vis wat jy vang nie. Dit gaan ook oor:

βš“ Kennis en ervaring wat gedeel word
🎣 Nuwe hengelvriende en waardevolle kontakte
🌊 Klubaktiwiteite, geleenthede en avonture
🚀 Praktiese boot- en hengelkennis
πŸ† En natuurlik die stories oor diΓ© een wat weggekom het!

πŸ‘‰ Sluit aan. Leer saam. Hengel saam. Beleef meer!

Hoedspruit Diepsee Hengelklub
Waar hengelaars vriende word en avonture begin! 🎣🌊

🎣 LEER DIE KUNS VAN VLIEGHENGEL! 🎣Kom kuier op 19 September vanaf 10:00 saam met ons tydens die Hoedspruit Diepsee Henge...
15/09/2026

🎣 LEER DIE KUNS VAN VLIEGHENGEL! 🎣

Kom kuier op 19 September vanaf 10:00 saam met ons tydens die Hoedspruit Diepsee Hengelklub se Boottoets en AJV te Klaseriedam.

Die ervare Greer Leo-Smith gaan ons touwys maak in die kuns van vlieghengel!

🐟 Dit beloof om ’n interessante en leersame demonstrasie vir ons lede te wees.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – ons sien julle daar! 🎣

🎣🚀 HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB – BOOTTOETS & AJV 2026 🚀🎣πŸ₯³HiΓ©rdie moet jy nie mis nieβ€¦πŸ“… 19 September 2026πŸ“ Klaserie Dam...
12/09/2026

🎣🚀 HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB – BOOTTOETS & AJV 2026 🚀🎣

πŸ₯³HiΓ©rdie moet jy nie mis nie…

πŸ“… 19 September 2026
πŸ“ Klaserie Dam

⚠️ BELANGRIK: HIERDIE IS ’N EKSKLUSIEWE KLUBGELEENTHEID – SLEGS VIR LEDE VAN HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB! ⚠️

Ons nooi al ons klublede en hul gesinne uit vir ’n lekker dag saam by Klaserie Dam! 🌊🎣

Kom kry jou boot reg vir die seisoen, woon die AGM by, en wees gesellig saam met al ons mede hengelaars πŸ₯³.

⏰ PROGRAM:
07:30 - 08:45 – Bootregistrasie
09:00 – AJV en Prysuitdeling
10:30 – Boottoets begin

🍽️ Kos word voorsien – bring net jou eie stoel saam.
πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦ Die hele gesin is welkom!

🚨 NIE ’N OPE DAG VIR DIE PUBLIEK NIE.
Toegang tot hierdie geleentheid is ’n voordeel van jou HDHK-lidmaatskap en is uitsluitlik vir klublede.

Nog nie jou ledegeld betaal nie? Maak seker dit is betyds betaal om deel te wees van die dag.

🎣 HDHK – meer as net ’n hengelklub. Dis ’n gemeenskap met ’n passie vir diepseehengel!

🎣🌊 10 REDES OM BY HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB (HDHK) AAN TE SLUIT! 🌊🎣Hou jy van die see, visvang, goeie geselskap en ’...
09/09/2026

🎣🌊 10 REDES OM BY HOEDSPRUIT DIEPSEE HENGELKLUB (HDHK) AAN TE SLUIT! 🌊🎣

Hou jy van die see, visvang, goeie geselskap en ’n bietjie kompetisie? 😎🐟 Dan is HDHK dalk presies waar jy hoort!

Hier is 10 goeie redes om deel van ons hengelfamilie te word: πŸ‘‡

1️⃣ DEEL DIE PASSIE 🎣
Kuier saam met mense wat net so mal is oor hengel soos jy!

2️⃣ LEER BY MEKAAR 🧠🐟
Deel kennis, wenke en stories – van aas en kunsaas tot tegnieke, toerusting en bootgebruik.

3️⃣ KOMPETEER & GROEI πŸ†
Kry die geleentheid om aan klub-, interklub- en ander hengelkompetisies deel te neem.

4️⃣ ONS BOU AAN ONS JUNIORS πŸ‘§πŸ‘¦πŸŽ£
Ons wil die volgende generasie hengelaars leer, ontwikkel en inspireer. Hulle is die toekoms van ons sport!

5️⃣ FAMILIE, VRIENDE & PRET ❀️
Hengel is soveel lekkerder wanneer die hele familie deel daarvan kan wees. Dis herinneringe wat ’n leeftyd hou!

6️⃣ VEILIGHEID & KENNIS βš“πŸŒŠ
Leer meer oor verantwoordelike bootgebruik, veiligheid op die water, weersomstandighede en goeie hengelpraktyke.

7️⃣ BEWARING 🌱🐟
Ons geniet die see, maar ons respekteer dit ook. Verantwoordelike hengel help om ons visbronne vir toekomstige generasies te beskerm.

8️⃣ LEKKER SOSIALE GELEENTHEDE πŸ₯³
Kompetisies, klubfunksies, prysuitdelings en natuurlik daardie hengelstories wat elke keer ’n bietjie groter raak! πŸ˜‚πŸŸ

9️⃣ WEES DEEL VAN IETS GROTER 🀝
’n Sterk klub bou ’n sterk hengelgemeenskap en bring hengelaars, families, plaaslike besighede en borge bymekaar.

πŸ”Ÿ HOU DIE SPORT LEWEND! πŸ’™πŸŽ£
Help ons om die kennis, tradisies en liefde vir diepseehengel aan die volgende generasie oor te dra.

🌊 HDHK IS MEER AS NET VISVANG…
Dis vriendskap. Familie. Avontuur. Kompetisie. Bewaring. En ’n gedeelde passie vir die water.

🎣 Nuwe lede, beginners, ervare hengelaars én juniors is welkom!

FROM HOEDSPRUIT TO THE DEEP BLUE! 🌊🐟

Kontak:
πŸ“ž Henry Badenhorst (voorsitter)- 0829285911
πŸ“ž Matts Blom (klubkaptein) - 0796200409
πŸ“§ Epos : [email protected]

31/08/2026

The dates for 2027 have been confirmed. One week. One challenge. One champion πŸ†

Address

Hoedspruit
1380

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoedspruit Diepsee Hengelklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hoedspruit Diepsee Hengelklub:

Shortcuts

Share

Category