Joanelle Van Zyl Coaching

Joanelle Van Zyl Coaching

Share

Ek help ambisieuse vroue om selftwyfel te oorkom, aksie te neem en vervullende lewens te skep

19/02/2023

Toe ek begin het om met kliënte te werk, het ek vinnig agtergekom dat BAIE vroue nie lief is vir hulle self nie. En hierdie gebrek aan self-liefde speel ’n groot rol in die uitdagings wat ons as vroue ervaar.💔

So wanneer ’n kliënt na my toe kom, werk ons baie keer heel eerste aan hulle self-liefde voor enige iets anders, want sodra hulle hulself beter begin hanteer, dan begin alles anders ook in plek val. Dan het hulle die selfvertroue om die lewens te skep wat hulle waarlik wil hê.😍

Daarom het ek ’n GRATIS Self-Liefde Gids gemaak om jou te help om jou brein te herprogrammeer om weer in jouself te glo. Kry die gids hier:

https://joanellevanzyl.com/get-your-free-self-love-guide/

Ek hoop dat jy die gids sal geniet en dat jy die moed sal hê om jouself ’n bietjie meer lief te hê.

✝❤’n Vinnige herinnering : Die tweede grootste gebod wat Jesus ons gegee het is: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Markus 12:31). Dit impliseer dat om vriendelik, deernisvol en vrygewig teenoor ander te wees, moet ons eers hierdie dinge teenoor onsself wees.🥰

11/02/2023

Dankbaar.🤍

Photos from Joanelle Van Zyl Coaching's post 11/02/2023

🙏❤️

30/01/2023

"Om 'n betekenisvolle doelwit na te streef is soos 'n pynstiller."

Hier is 'n klein greep uit 'n projek waarmee ek besig is. Volle opname kom later.

05/01/2023

Wat is jy besig om te skep met jou woorde?

🗣 Vra jy om verskoning, selfs as iets nie jou skuld was nie?
🗣 Is jou woorde teenoor jouself kritiserend of opbouend?
🗣 Wanneer jy 'n kompliment ontvang, aanvaar jy dit met grasie of skiet jy dit af?
🗣 Kla jy konstant oor jou probleme of praat jy oor jou toekoms met die toewyding om dit verbeter?
🗣 Verwag en voorspel jy negatiewe uitkomste, voordat dit gebeur?
🗣 Verwag en voorspel jy positiewe uitkomste, voordat dit gebeur?

Ons breine is mal oor voorspelbaarheid. Jou brein hou daarvan om reg te wees oor alles wat jy vir jou brein vertel. Dit beteken dat ons onbewustelik die situasies SKEP waaroor ons altyd praat. Op die manier vervul ons, ons eie voorspellings.

Jou woorde vorm jou perspektief. Jou perspektief vorm jou optrede. Jou optrede skep jou toekoms.

Kom ons praat oor ons toekoms met vertroue en "commitment". Kom ons spreek kastele in bestaan in.🏰



Verwysings: Dr. David Schwartz, Dr. Benjamin Hardy

01/01/2023

Voorspoedige nuwe jaar! Jou visie vir jou toekoms is belangrik. My wens vir jou is dat jy jou visie vir 2023 GROTER sal maak. MAAK 2023 die jaar wat jy wil hê dit moet wees. WORD die persoon wat jy in 2023 wil wees. 💟

19/12/2022

Wanneer ons probeer om ander mense gelukkig te hou ten koste van onsself, is dit maklik om te d**k dat ons die "beter persoon" of selfs die slagoffer is.

Dit is hoekom ek geskok was toe ek uitgevind het dat "people-pleasing" 'n vorm van manipulasie is! Wanneer ons "people-please" probeer ons ander mense se gedrag teenoor ons te beheer.

Ons doen dinge wat ons nie wil doen nie, want ons is bang dat mense nie van ons sal hou wanneer ons hulle teleurstel nie. Ons vriendelikheid en behulpsaamheid is dan nie opreg nie en dit gaan ons uiteindelik uitgebrand en gegrief laat voel.

As jy opregte vriendelikheid en behulpsaamheid wil uitdeel, hê eerste jouself lief. Gee vir jouself die aanvaardig wat jy nodig het. Hou van jouself. Maak jou eie hart vol, sodat opregte liefde uit jou hart sal oorloop.❤️

16/11/2022

💃✨Opwindende nuus!✨💃

My ‘Black November’-aanbieding is nou beskikbaar:
▪️ Mini Coaching-pakket ▪️

Hierdie pakket is vir jou indien jy enige tipe doelwit het & jy gereed is om jou doelwit na te streef.

Die mini-pakket sluit in:

➡️ 3 x 1:1 coaching sessies (Zoom-oproepe)
Gedurende ons sessies ontvang jy ondersteuning & terugvoer spesifiek tot JOU behoeftes & doelwitte.

➡️ Persoonlike weeklikse aksiestappe
Die belangrikste deel van coaching is die deel waar jy aksie neem. Ons gaan saam besluit op aksiestappe wat jou nader gaan bring aan jou doelwit.

➡️ Whatsapp-ondersteuning tussen die sessies

Tydens die sessies kan ons werk aan die volgende:

Selftwyfel
Uitstel (procrastination)
Oord**k
Selfvertroue
Selfbeeld
Motivering
Doelwitstelling
Stres
Angstigheid
Verhoudings
en meer!

Die prys van die Black November Mini Coaching Pakket is: R750
Hierdie aanbieding is slegs geldig tot 30 Nov. 2022.
Ná hierdie datum gaan ek slegs my 6-Sessies Pakket aanbied, teen R1800.

As jy gereed is om saam te werk, of enige vrae het, stuur my ’n Messenger-boodskap of e-pos: [email protected]

Jy KAN die lewe skep wat jy wil hê; al wat jy nodig het, is om jou brein VIR jou te laat werk, in plaas van teen jou. En ek kan jou daarmee help!😍

Photos from Joanelle Van Zyl Coaching's post 13/11/2022

Klink dit soos jy? Is jy gereed om jou lewe te verander?

Dan wil ek jou nooi om te kom vir coaching!

Ek wil jou wys dat dit vir jou moontlik is om jou:
❤️ selfkritiek te verander in selfliefde
☑️ selftwyfel te verander in selfvertroue en aksie
✨ gevoel van oorweldig-wees te verander in ’n gevoel van helderheid
💪 angstigheid te verander in veerkragtigheid

Wanneer ons saam werk, gaan jy iemand hê wat in jou en in jou visie glo. Ek gaan jou help om jou gedagtes raak te sien wat jou terughou. Ek gaan jou help om nuwe gedagtes en nuwe gewoontes te skep wat jou nader gaan bring aan die lewe wat jy wil hê.

Besoek gerus my webtuiste vir meer inligting oor my coaching pakkette: https://joanellevanzyl.com/

**k

07/11/2022

Daar sal nooit vóór die tyd bewyse wees dat die moeite wat jy in jou drome insit, die moeite werd gaan wees nie. Ons moet dit self die moeite werd maak!

Baie keer vermy ons dit om tyd of geld in onsself te belê, want ons probeer om onsself te beskerm teen die pyn van potensiale mislukking. Ons weerhou onsself daarvan om moeite te doen, want dan kan ons vir onsself sê: "Ek SOU my doelwit bereik het, as ek regtig sou probeer het."

Hierdie denkwyse kan ons dalk goed laat voel vir 'n rukkie, maar dit hou ons net vasgevang waar ons is.

Ek het onlangs besluit om hosting te koop sodat ek 'n website kan begin bou, maar toe ek op die punt was om die betaling te maak, toe huiwer ek vir 'n oomblik. Vir 'n oomblik het ek getwyfel of dit die moeite werd sou wees om te belê in 'n website vir my besigheid. Maar ek weet dat angs en twyfel nie tekens is dat ek moet opgee nie; dis 'n normale deel van die proses wanneer 'n mens 'n doel nastreef. So toe besluit ek: natuurlik gaan my belegging die moeite werd wees, want ek gaan volhard totdat dit die moeite werd is!

⛔ Wat is jy besig om te vermy, omdat jy seker wil weet dat die moeite wat jy gaan insit die moeite werd gaan wees?

🏋️‍♀️Is jy gereed om dit die moeite werd te MAAK?

28/10/2022

Wat keer jou om te hê wat jy wil hê?

Ek het die vraag onlangs gevra in 'n poll op Instagram. Die antwoord wat die meeste stemme gekry het, was: "my omstandighede".

Jou omstandighede is nie ding wat jou keer nie!

As jy bereid is om nuuskierig te raak, dan sal jy ontdek dat jy soveel meer moontlikhede het as wat jy d**k!

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Jeffrey's Bay?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Jeffrey's Bay