15/09/2026
It's been a wile, right? Alweer … maar wat kan ek sê? Soms het mens net 'n extended time out van sekere dinge nodig. En om eerlik te wees, ek dink ek is op die stadium die meester daarvan.
Soos wat ek my 50's nader dink ek baie oor tyd. Ek dink gereeld aan die hoeveelheid, alhoewel onbekend, hoeveel tyd … gesonde, kwaliteit tyd mens oor het. En alhoewel ek geen idee natuurlik het nie, weet ek wel dat die tyd wat aan my as 'n seën gegee sal word, dat ek elke oomblik, deliberate sal wees dit. Geniet ek wat ek doen? Ja of nee. Maak dit my gelukkig om hierheen of daarheen te gaan? Ja of nee. Wil ek gaan na die social event? Ja of nee … en so kan ek aangaan en elke liewe voorbeeld noem, maar die punt is dat daar nie meer tyd is om te mors aan dit wat nie jou hart en siel voed en gelukkig maak nie. As dit nie werk nie .. dan werk dit nie. Dis eintlik heel eenvoudig ... En om kosbare tyd op die stadium in my lewe aan enigiets nietigs te spandeer .. is net nie die prys werd nie...
Sommige mense sal dalk dink dis selfsugtig … maar daar is regtig 'n baie fyn lyn tussen selfsug en self-preservation.
Ons kry nie nog 'n kans om dinge anders toe doen of oor te doen nie. Die kans en tyd is nou. Volg nou jou hart. Doen nou wat jou gelukkig maak. Maak die keuse, nou. Want, die dag as ek 80 of 'n blessed 90 slaan, wil ek verseker nie sit en dink: 'ag. Al het ek maar net nie ...'
Blessings mooie mense
Ax