JouStorie JouPad

Call Directions Website

JouStorie JouPad Connecting people through stories that heal and inspire. We explore our inner landscape through reflection, conversation and creativity.

Whether through hiking or a workshop, you are invited to rediscover yourself through the power of storytelling.

Dis hier waar my storie eintlik maar werklik begin het…. Hart, grein en brein.
24/12/2025

Dis hier waar my storie eintlik maar werklik begin het…. Hart, grein en brein.



Ek d**k ons moet ‘n laat lentestappie op die plaas doen volgende jaar. Wat sê julle? So middel Oktober voor dit te warm ...
29/11/2025

Ek d**k ons moet ‘n laat lentestappie op die plaas doen volgende jaar. Wat sê julle? So middel Oktober voor dit te warm raak. Werkswinkel storiestap of net storievertel en storieluister-stap. You choose.
As julle 4 is, reël ek!
15 - 18 Oktober 2026 (flexible)
[email protected]





Neurografiese kuns vul die proses van storievertelling wonderlik aan. Tydens ‘n werkswinkel word hierdie kunstegniek ink...
18/11/2025

Neurografiese kuns vul die proses van storievertelling wonderlik aan. Tydens ‘n werkswinkel word hierdie kunstegniek inkorporeer om jou die heerlikheid van ontdek, verstaan en transformasie te laat ervaar!
Storie-vertel is kuns en kuns vertel ‘n storie. Kom leer hoe.

Ek is in Johannesburg 16,17 en 18 Januarie 2026. Het jy maters wat wil meemaak? Bespreek my vir n werkswinkel!

Dis jou storie, jou pad, jou transformasie!
0824644501
[email protected]

Dis jou kans om te skryf, te skets en te groei. Doen dit vir jóú🌿

Wat ‘n sinvolle naweek!Nuwe insigte, nuwe planne en nuwe vaardigheid.JouStorieJouPad werkswinkel is deur Marika van Heer...
10/11/2025

Wat ‘n sinvolle naweek!

Nuwe insigte, nuwe planne en nuwe vaardigheid.
JouStorieJouPad werkswinkel is deur Marika van Heerden die naweek by Greenroots Gallery in Weltevredenpark aangebied.

Dit was goed en reg en eerlik.
Marika begelei deelnemers dmv storievertelling en skryfoefeninge om te reflekteer op die pad van sinskepping. Tydens hierdie werkswinkel is die sessies aangevul met neurografiese kuns, wat deur kunstenaar en eienaares van Greenroots Gallery, Helene Steyl gefassiliteer is.

Wat sê die deelnemers?
• Ek is só bly ek het gekom

• Ek het baie beter perspektief oor my situasie

• ek kan nou werk daaraan om ‘n sterker mens in myself te wees. Ek weet waar om te begin.

• Jis, ek het sommer weer lus vir die lewe

• die sin in my neuro-art toe ek daaroor reflekteer het (was ‘n hoogtepunt)

Intieme groepe 4-6 persone
Groter groepe en korporatief, 8+ persone

Bespreek ‘n werkswinkel en word bemagtig om jou storie skryf-skryf en verf-verf te stap terwyl jy sin skep op jou pad.

Lees meer oor die werkswinkels hier:

https://woordvirwoord.co.za/stories-strengths/

Hou dop vir JouStorieJouPad se nuwe webblad! Binnekort🔆

Navrae: whatsapp 0824644501

!



Die dag het aangebreek! Tussen die groot bome in Johannesburg en onder die pers skynsel wat die jakarandas in  die lug l...
07/11/2025

Die dag het aangebreek! Tussen die groot bome in Johannesburg en onder die pers skynsel wat die jakarandas in die lug laat, sit ons uiteindelik om ‘n tafel by die pragtige Greenroots Gallery in Weltevredenpark. Gereed om die pad met ons storie te stap.
Ons gaan skryf, binnetoe kyk en nuwe dinge agterkom. Boonop gaan ons breine oopbek lag as hulle trakteer word met interessante kunsoefeninge. ‘n Naweek van groei, leer, wees en weet.

(Drumroll……)



Op pad Jhb toe vir ‘n storievertel-werkswinkel. Refleksie, sinskep, bemagtig.Intussen is ek opgewonde oor die jakarandas...
03/11/2025

Op pad Jhb toe vir ‘n storievertel-werkswinkel. Refleksie, sinskep, bemagtig.
Intussen is ek opgewonde oor die jakarandas, om my kind te sien en om in die gemoedelike ritme van die stad in te val voor ek weer volgende week terug in die Mosselbaaise branders bollemakiesies maak en ‘n stuk van my storie in die Bo-Karoo gaan stap.

JouStorieJouPad - jou transformasie.

One life, outjies, one life, live it🌿
Jy skuld dit vir jouself.




Address

Kenhardt

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when JouStorie JouPad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share