The Undisputed Divas - Kenhardt

Directions

The Undisputed Divas - Kenhardt The Undisputed Divas is a dynamic and fierce women's rugby club that's taking the sport by storm.

We are READY !!! 😤
17/08/2026

We are READY !!! 😤

🏉 UITNODIGING NA ’N SPESIALE RUGBYFEES! 🏉Die Undisputed Divas is ongelooflik trots en geëerd om uitgenooi te wees om dee...
16/08/2026

🏉 UITNODIGING NA ’N SPESIALE RUGBYFEES! 🏉

Die Undisputed Divas is ongelooflik trots en geëerd om uitgenooi te wees om deel te wees van die Cell C Heritage Celebration Tournament, waar Universal Rugby Football Club Kimberley hul indrukwekkende 140-jarige bestaan vier! 🖤💛

📅 25 September 2026
📍 Boys High School, Kimberley
🎟️ Toegang: R30 – Kontant of kaart

💪 DIVAS vs MANGAUNG

Ons Undisputed Divas sal om 14:00 die veld betree teen Mangaung Rugby Club in die Vroue-afdeling. 🏉🔥

Dit is meer as net ’n wedstryd — dit is ’n geleentheid om deel te wees van ’n dag wat rugby, geskiedenis en trots vier.

Van die openingsgeleentheid en vermaak tot die verskillende rugbywedstryde en die groot hoogtepuntwedstryd later die middag — dit beloof om ’n dag vol aksie en energie te wees! 🙌🏉

❤️ Ons sê dankie aan Universal Rugby Football Club vir die uitnodiging en die geleentheid om saam met julle hierdie besondere mylpaal te vier.

Heritage. Pride. Legacy.
En die Undisputed Divas us gereed om hul merk te laat! 🔥🏉👑

Our young Talent🔥🔥🔥
02/08/2026

Our young Talent🔥🔥🔥

BAIE GELUK AAN HOËRSKOOL KENHARDT DOGTERSKenhardt Undisputed Divas wil graag ons opregte gelukwense oordra aan  Mary-Joa...
08/07/2026

BAIE GELUK AAN HOËRSKOOL KENHARDT DOGTERS

Kenhardt Undisputed Divas wil graag ons opregte gelukwense oordra aan Mary-Joan Esau, Petronella Diedericks, Fredine Grioenewalt en Erin Titus met hul uitstekende prestasie om gekies te word vir die Noord-Kaap O/15 Rugby Damesspan wat aan die Winter Games gaan deelneem.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte toe. Speel met passie, geniet elke oomblik en wys waarvoor Kenhardt-rugby staan!

Baie geluk en maak die Noord-Kaap trots!

ONCE AGAIN, BAIE GELUK!Die Kenhardt Undisputed Divas is ongelooflik trots om ons eie Gaynor Adams geluk te wens met haar...
05/07/2026

ONCE AGAIN, BAIE GELUK!

Die Kenhardt Undisputed Divas is ongelooflik trots om ons eie Gaynor Adams geluk te wens met haar heraanstelling as Team Manager van die U18 Griquas Girls-span. Jou passie, harde werk en toewyding tot vrouerugby is 'n inspirasie, en ons is trots dat jy ons klub op provinsiale vlak verteenwoordig. Baie geluk met hierdie welverdiende prestasie!

'n Groot gelukwensing ook aan ons twee talentvolle spelers:

🏉 Ayanda Steenkamp. Sterkte met die U18 Girls Week. Geniet elke oomblik en speel met trots!

🏉 Christelle Titus . Baie geluk met jou aanwysing as Onderkaptein van die U18 Griquas Girls-span! Dit is 'n besondere prestasie en 'n bewys van jou leierskap, karakter en harde werk. Ons wens jou alle sterkte toe vir die week en weet jy sal die span met trots lei.

Die hele Undisputed Divas-familie staan vierkantig agter julle. Gaan geniet die ervaring, speel met hart en wys waarvoor Kenhardt staan.

Baie sterkte aan die hele U18 Griquas Girls-span! 💙❤️

🏉💜 BAIE GELUK, DIVAS! 💜🏉Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club is ongelooflik trots op ons spelers wat gekies is vir die G...
29/06/2026

🏉💜 BAIE GELUK, DIVAS! 💜🏉

Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club is ongelooflik trots op ons spelers wat gekies is vir die Griquas Senior Vrouespan!

🌟 Cageley Jors
🌟 Tamia Pretouris
🌟 Keysha Jantjies
🌟 Clarize Smith
🌟 Greshin Eksteen

Julle harde werk, toewyding en passie vir die spel het vrugte afgewerp. Julle dra nie net die naam van die Undisputed Divas met trots nie, maar ook dié van Kenhardt en die hele gemeenskap.

🔥 Hierdie naweek wag 'n groot uitdaging wanneer julle die Pumas aandurf. Ons wens julle alle sterkte toe. Speel met trots, geniet elke oomblik en wys waarvoor Griquas staan!

💜 Baie geluk en sterkte! Ons staan 100% agter julle.

Die Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club is ongelooflik trots op Ayanda Steenkamp, wat op die laaste oomblik 'n oproep o...
29/06/2026

Die Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club is ongelooflik trots op Ayanda Steenkamp, wat op die laaste oomblik 'n oproep ontvang het om deel te wees van die Griquas U18 Kamp

Hierdie geleentheid is 'n bewys van jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan die spel. Geniet elke oomblik.

Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club wil graag ons opregte gelukwense oordra aan ons Team Manager, Gaynor Adams, wat gek...
25/06/2026

Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club wil graag ons opregte gelukwense oordra aan ons Team Manager, Gaynor Adams, wat gekies is as die Team Manager van die Griquas U16 Girls-span vir die 2026 FNB Girls Week.

Ons wil ook die volgende spelers van Hoërskool Kenhardt geluk wens met hul insluiting in die Griquas-spanne:

💙 Griquas U16 Girls
• Wunicia Rooi
• Mary-Joan Esau

💙 Griquas U18 Girls
• Christelle Titus

📍 FNB U16 Girls Week
Kearsney College
30 Junie – 4 Julie 2026

📍 FNB U18 Girls Week
Grey High School, Gqeberha
6 Julie – 10 Julie 2026

Julle harde werk, toewyding en passie vir rugby het vrugte afgewerp. Julle verteenwoordig nie net die Griquas nie, maar ook ons klub, skool en die hele Kenhardt-gemeenskap met trots.

🏉 Ons wens julle alle sterkte toe vir die toernooi.
🌟 Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en sien uit daarna om julle sukses te volg.

Divas Top Try Scorers😎💜
15/06/2026

Divas Top Try Scorers😎💜

Bronze FinalDIVAS vs QUEENS Part 3
15/06/2026

Bronze Final
DIVAS vs QUEENS
Part 3

Address

Kenhardt Sport Ground
Kenhardt
8900

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Undisputed Divas - Kenhardt posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category