Kimberley Rugby Club

Call Directions Contact the business

Kimberley  Rugby Club Kimberley Rugby Club Kimberley Police Rugby club is the best rugby club to play for. If you want to join your are more than welcome. practice times are from 6 pm.

KIMBERLEY POLISIE RUGBYKLUB 1933- (Lees verder)
Die Polisie-Klub het in 1933 by die GWRU geaffilieer, maar die Konstabels het van meet af โ€™n groot stryd gehad om tot die eerste liga toegelaat te word en om โ€™n eie rugbyveld te bekom. Op โ€™n bestuursvergadering van die klub op 13 Junie 1955 is die aankoop van โ€™n rugbyveld bespreek en die voorsitter, 1t Kriek, was in beheer van die subkomitee wat die moontlikheid ondersoek het om โ€™n eie rugbyveld te koop. Hoewel die Hoรซrskool Diamantveld sy veld tot die beskikking van die Polisie Klub gestel het, is aan die sekretaris van die SAP-rugbyklub opdrag gegee om te onderhandel om die ou Hoffepark-veld in die hande te probeer kry. Op โ€™n vergadering van 10 Februarie 1961 het Polisie steeds โ€™n veld gesoek, maar darem die gerusstelling gehad dat Diamantveld se geriewe steeds tot hul beskikking is. Die Konstables het aantreklike rugby begin speel en hul wedstryde is groot getalle toeskouers bygewoon. Die Greenstraat rugbyveld is teen 1962 bekom en op โ€™n vergadering van 13 Febuarie 1963 het Polisie besluit om sy veld tot die beskikking van die Kimberley-subunie vir sy ligawedstryde te stel. Gedurende 1993 besluit die Polisiebestuur onderleiding van die Distriks Kommadant, Kolonel JJJ Viljoen om die rugbyvelde op te gee en te skuif na Pirates Sportgronde.โ€™n Art 21 maatskappy was gestig tussen Polisie Sportklub en Pirates Sportklub. Pirates Rugbyklub was toe reeds ontbind en was die rugbyvelde deur Polisie Rugby gebruik. Diรฉ oefening was egter nie geslaagd nie en was die velde later deur diรฉ maatskappy aan Hoรซrskool Noord Kaap verkoop met die veronderstelling dat Polisie Rugbyveld by die skool sou huur. Ook hier het onderhandelinge skeefgeloop deurdat die skool die masligte laat sak het sonder om Polisie hierin te ken. Daar is toe met GWRU onderhandel om die Unie se B veld te gebruik vir die 2003 seisoen, in ruil vir die gelde verskuldig aan Polisie, tov Polisie spelers wat deur die Unie gekontrakteur is. As gevolg van te veel verkeer op diรฉ veld (GW junior en amateurspanne moes ook hier oefen) het Polisie op โ€˜n baie verwaarlose ou Hoffepark veld begin oefen en die Weermag velde gehuur vir sy tuis wedstryde. Ironies is dit die jaar wat Polisie die eerste keer kwalifiseer om aan die Nasionale Klubkampioenskappe te gaan deelneem en op die Kampioenskappe die Plaat te verower. Voorwaar โ€™n pluimpie vir die twee afrigters, Johan Myburgh en Eddie Lightfoot. Die sukses het die Polisiebestuur, onder Voorsitterskap van Supt Kapok van Eeden net meer gemotiveer om โ€˜n eie veld te bekom. Gedurende 2004 doen Polisieklub aansoek om die ou rugbyveld wat deel uitmaak van die Wes Einde Sportgronde by die Sol Plaatjie Munisipaliteit te koop. Die veld was laas nog deur die ontbinde Evkom Rugbyklub gebruik gewees. Die aansoek was gedurende 2004 goedgekeur en intussen het Polisie op Wes Einde se krieketveld geoefen en sy wedstryde steeds op die Weermag velde gespeel. Gou is egter besef dat die aankoop van die velde die maklikste deel van die nuwe velde was. Daar was feitlik geen grasbedekking op die veld nie en die klubhuis langs die veld was nog geokkupeer deur die Motorfietsklub wat nie die gebou wou ontruim nie. Daar was nie fondse beskikbaar vir die verbeteringe nie en het die klubbestuur hand in eie boesem gesteek en self begin om die veld in โ€˜n toestand te kry om daarop te oefen. Hier moet die name van Kapok en Bets van Eeden, Johan Myburgh, Eddie Lightfoot, Daan vd Merwe (snr), Danie vd Merwe (jnr), Danie vd Berg en Paul Marais genoem word. Gras op die veld en by die klubhuis is met hul privaat voertuie aangery en deur hulle geplant. Aan die einde van die 2005 seisoen is baie groot voorbereidings werke gedoen en met die hulp van Daan Slabbert en Mark Weyers is sowat 30 ton rooigrond, riviersand en hoendermis oor die veld versprei. Selfs spelers het betrokke geraak met die oprigting van die rugbypale en ander verbeterings. Dit het verseker dat die veld gedurende die 2006 seisoen selfs vir liga wedstryde gebruik kon word. Die veld was in so goeie toestand dat dit ook deur die GW Amateurspan as oefenveld gebruik is. In ruil hiervoor het GWRU onderneem om die veld te sny en te merk vir wedstryde. Gedurende 2007 het ITEC Kimberley betrokke geraak by Polisie en met die hulp van hul borgskap kon die bestaande kroeg voltooi word om as klubhuis te dien, wat tot groter samehorigheid onder Polisie rugbyspelers gelei het. Die velde is dan ook herdoop na ITEC Park en word as een van die beste klub velde in die provinsie beskou. Polisie Rugby

Die Polisie-Klub het in 1933 by die GWRU geaffilieer en gedurende 1935 het hul die tweede liga โ€œGrand Challengeโ€, die โ€œCountry Challenge Cup en die HO Wright trofeรซ ingepalm. Die klub onderneem die eerste keerโ€™n toer in 1964 na Burgersdorp en Aliwal-Noord. Teen daardie tyd het die klub sewe agtereenvolgende seisoene โ€™n span in die eerste en tweede ligas ingeskryf. In 1966 deel Polisie die Groot Uitdaag Beker (GUB) met De Beers. In 1967 het die klub bestaan uit veertig spelers en in die loop van daardie seisoen het nie minder nie as dertig spelers diens in die eersts span gedoen. Beserings, siekte verlof, kursusse en verplasings het dit deurgaans baie moeilik gemaak om twee volle spanne in die veld te stoot. Op rugbydae het Polisie dikwels die beker verower, soos op die rugbysaamtrekke in 1968 op Koffiefontein, Hartswater en De Aar. Ammosal is in die seisoen op Beeshoek verslaan en Johannesburg-Polisie is ook op sy tuisveld geklop. Polisie wen gedurende 1955 die Groot Uitdaagbeker Beker die eerste keer. Daan Joubert en Manie Steyn het die Griekwa-span gehaal. In die jare sestig en sewentig het Polisie dikwels tweede na De Beers om die GUB geeindig, maar in 1966 en 1972 dit met De Beers gedeel. In 1972 het Polisie die Uitklopskild die eerste keer ingepalm, het hulle die Harold Leck trofee vir meeste punte om die Groot Uitdaging Beker gewen, en verower hulle ook die Trainer Jansen-trofee. Gedurende 1973, 1975 en 1976 het Polisie die Uitklopskild verower. Die eerste span het in 1972 slegs drie van sy 29 wedstryde verloor en in die proses 1200 punte aangeteken en net 200 punte afgestaan. Jannie van Aswegen (Kaptein), Derek Lategan, Koppa Esterhuizen en Louis Swanepoel het vir Griekwas gespeel. Jannie van Aswegen was ook Kaptein van die SA Gaselle wat in die jaar Suid-Amerika besoek het. Die groot puntemakers in die seisoen was Lochner met 162 punte, Hennie van der Merwe (158 punte) en Pat Luyt wat 33 driee gedruk het. Frank Eagleton het slegs die helfde van die seisoen gespeel, maar 22 driee gedruk! Die eerste span het โ€™n sege van 95-0 oor Jan Kempdorp behaal, die tweede het met 94-0 oor Crusaders geseรซvier en die derde span, wat die eerste keer in aksie vir die klub was, het โ€™n oorwinning van 49-0 oor Gevangenisdiens behaal. In 1978 word Polisie weer die alleenhouer van die GUB, palm ook die Harold Leck-Beker in en verloor in die eindstryd om die Uitklopskild teen De Beers. Lukas Noeth, Pierre van Colff, Daan Joubert, Manie Steyn, Jock Sindclair, Henning Lubbe, Kevin Twiname, Japie Visser, Deon Lotter, Karel Spangenberg, Leon Ferreira, Piet van Deventer, JJ Kruger en Eddie Lightfoot was almal Polisie spelers wat vir GW gespeel het, tot GW se eeufees vieringe gedurende 1986. Gedurende 1986 het Polisie oorweeg om saam met Pirates klub te smelt as gevolg van onlustedienste wat deur die spelers verrig moes word. Gelukkig is daarteen besluit, want โ€˜n paar jaar hierna het Pirates Rugbyklub ontbind. Polisie het oorleef en in 1988 en 1989 het hulle weer begin sukses behaal toe hulle die Trainer Jansen trofee verower het. Gedurende 1990 verower Polisie alle trofee en neem hulle aan die B Bonde se rugbydag te Brakpan deel. Gedurende 1991 en 1992 wen hulle weer die Groot Uitdaag Beker. Ongelukkig was daar geen B Bonde of klubkampioenskappe nie. Vanaf 1994 tot 2002 het Polisie verskeie kere die Kimberley liga gewen, maar kon nie die GWRU liga wen om hom in staat te stel om na die klubkampioenskappe te gaan nie. Gedurende 2003 het Polisie weer alle trofee gewen en GW vir die eerste keer op die Nasionale Klubkampioenskappe verteenwoordig waar hulle ook die Plaat trofee op die kampioenskappe wen.Tydens die kampioenskappe ewenaar Eben Olivier, Rob Louw se rekord deur 5 drieรซ in een wedstryd tydens โ€˜n kampioenskap te druk. Polisie verteenwoordig weer GW gedurende 2004 en verras deur Buffalo in die eerste rondte te klop en in die boonste afdeling te speel. In die tweede rondte verloor Polisie 17-15 teen Thwane universiteit, die nommer een gekeurde op die toernooi. Die media verwys na Polisie as die verrassings pakkie van die toernooi. Gedurende 2005 en 2006 wen Polisie die Kimberley liga en gedurende 2007,2008 en 2010 en 2011 word hy weer as GW se klubkampioen getroon. Die volgende spelers verteenwoordig Griekwas vanaf 1986: Pieter Myburgh, Bertie Myburgh (Johan Myburgh verteenwoordig NWK), Buks Burger, Vernon Kaplan (Polisie Nasionale Span), Schalck vd Merwe, Bennie Coetzer, Piet van Niekerk, Soon Burger, Danie Bruwer, Leon Werth, Bossie Jacobs, Willie van Aswegen, Frikkie de Jongh( Polisie Nasionale Span), Casper Oosthuizen, De Waal Venter(SA A), Johan de Villiers, Kobus van Straaten, Hakkies Husselman(SA A), Fransie Roets, Dancun Vertue(Polisie Nasionale Span) , Nelis Swart (Polisie Nasionale Span), Sarel Pretoruis, Edrich Prinsloo (SA Amateurspan), Jaco Erwee, Gert Rossouw, Gideon Watts, Johan van Niekerk, Nati Swart, Pieter Smal, Raun Botha, Corrie Avenant, Jaco Taute, Tobie Botes, Godfrey Hendriks, Chris Pothumus en Robert Markram(Springbok). Die volgende Griekwa spelers het ook vir Polisie uitgedraf gedurende die proffesionele era: Tiaan Liebenberg(Springbok), Tank Hendriks(Rusland), Paul de Koker, Riaan v Jaarsveld, Eben Olivier, Josรฉ van Rensburg(SA 7's), Thinus van Rensburg, Bok Markram,Ernie Claasens, Kobus Grobbelaar, Lucky van Straaten. Kimberley Polisie lewer ook sy kwota provinsiale keurders,1970'2- Vel Kruger, Hennie van der Merwe is vanaf 1976 - 1986 as sameroeper van GW keurkomitee aangestel. Daan van der Merwe word as GW jongspan (O/20) keurder vir die tydperk 2000 aan gestel. Maj De Bruin word ook gedurende sy termyn tot keurder verkies. Johan Myburgh word gedurende 1994 aangestel as GW Jongspan keurder en vanaf 1996 dien hy op die GW Amateur keurkommitee, ook as sameroeper. Polisie afrigters word ook op hoรซr vlak aangewend. Jannie van Aswegen rig die GW span af. Eddie Lightfoot is hulpafrigter van die GW Amateurspan gedurende 2003 en 2004. Johan Myburgh rig die GW Amateurspan af vanaf 2005 en gedurende 2007 wen diรฉ span die sentrale afdeling . Johan Myburgh het ook vanaf 1997 tot 1999 ook die Presidentspan afgerig. Polisie lewer ook sy kwota skeidsregters oa, Pat Luyt, Hennie van der Merwe, Chris Jonker, Piet Pretoruis, PJ Ge**er, Schalck vd Merwe, Martin Coetzee, Francois de Bruin en Hugo Smith. Kol Herselman, kol Capy van Dyk en majoor de Bruin het ook op die GWRU bestuur gedien, terwyl hul lede van die klub was. Daan van der Merwe, die eerste ontvanger van Polisie Rugbyklub se administrateur van die jaar trofee, word HUB van GWRU Amateur tot 2009. Johan Myburgh word as Kimberley Rugbystreek voorsitter verkies gedurende 2010 en word hy Vise President van GW en dien hy op die GWRU. Hennie vd Merwe word verkies as President van GW.

12/10/2026
RUS IN VREDE, Oom Spinnekop.๐Ÿ•Š๏ธDit is met groot hartseer dat Kimberley Rugbyklub afskeid neem van โ€™n besonderse mens, Oom...
12/10/2026

RUS IN VREDE, Oom Spinnekop.๐Ÿ•Š๏ธ

Dit is met groot hartseer dat Kimberley Rugbyklub afskeid neem van โ€™n besonderse mens, Oom Spinnekop.

Oom Spinnekop was nie net โ€™n bekende gesig langs die rugbyveld nie, maar ook โ€™n belangrike deel van die KRC-familie. Hy het vir baie jare op die klub se bestuur gedien en ook as afrigter โ€™n waardevolle bydrae tot die klub gelewer. Sy liefde vir rugby en sy betrokkenheid by Kimberley Rugbyklub sal altyd deel wees van die klub se geskiedenis.

Dit is nooit maklik om afskeid te neem van iemand wat so โ€™n bekende en geliefde deel van jou rugbyfamilie was nie.
Aan sy vrou, sy seuns en almal wat hom liefgehad het, dra ons, ons innigste simpatie oor. Mag julle krag en vertroosing vind in die mooi herinneringe wat julle saam met hom kon maak.

Dankie vir jou ondersteuning, jou teenwoordigheid en die mens wat jy was, Oom Spider. Jy sal altyd deel van die KRC-familie bly en met liefde onthou word.
Rus sag, Oom Spinnekop. Ons gaan jou mis!๐Ÿ•Š๏ธ

Van almal by Kimberley Rugbyklub.โ™ฅ๏ธ

Kimberley Rugbyklub wens die Griekwas U21-span alle sterkte toe vir Saterdag se groot finaal teen Eastern Province! ๐Ÿ”ฅ Ga...
09/10/2026

Kimberley Rugbyklub wens die Griekwas U21-span alle sterkte toe vir Saterdag se groot finaal teen Eastern Province! ๐Ÿ”ฅ Gaan wys hulle wat in julle steek!

Ons is ook trots op ons KRC-spelers wat deel was van verlede week se aksie en nou die Griekwas in die finaal gaan verteenwoordig! Julle het hard gewerk om hier te kom - maak ons trots!๐Ÿ‰๐Ÿฅณ

๐Ÿ“… 27 September 2026๐Ÿ“ Durban๐Ÿ‰ College Rovers vs KRC๐Ÿ† Gold CupA massive challenge awaits us, but this is exactly what we p...
19/09/2026

๐Ÿ“… 27 September 2026
๐Ÿ“ Durban
๐Ÿ‰ College Rovers vs KRC
๐Ÿ† Gold Cup

A massive challenge awaits us, but this is exactly what we play rugby for.

Weโ€™re going to Durban to represent Kimberley Rugby Club and everyone who stands behind this club.

ONE TEAM. ONE BADGE. ONE MISSION.

๐Ÿ”ฅ
๐Ÿ’™๐Ÿ’›
๐Ÿ†
๐Ÿค
๐Ÿ’ช
๐Ÿ”ฅ

THE ROAD TO GOLD CUP GLORY IS SET. ๐Ÿ†

The Pick n Pay Gold Cup Round of 32 fixtures are confirmed! ๐Ÿ”ฅ

College Rovers ๐Ÿ†š Kimberley
๐Ÿ“… 27 September
โฐ Kick-off time TBC

The countdown is on. One game. One opportunity. Letโ€™s go, Rovers! ๐Ÿ’ช

๐Ÿ“ข KRC ANNUAL GENERAL MEETINGKimberley Rugby ClubAll members are hereby invited to attend the KRC Annual General Meeting ...
16/09/2026

๐Ÿ“ข KRC ANNUAL GENERAL MEETING
Kimberley Rugby Club
All members are hereby invited to attend the KRC Annual General Meeting (AGM).
๐Ÿ“… Date: 30 September 2026
๐Ÿ•ก Time: 18:30
๐Ÿ“ Venue: Players Pub
NOMINATIONS FOR COMMITTEE POSITIONS
Nominations are now open for the following 2-year positions:
Chairperson
Vice-Chairperson
Treasurer
Secretary
All nominations must be submitted by 28 September 2026 via email to:
๐Ÿ“ง [email protected]
We encourage all members to get involved and help take KRC forward.
One Club. One Team. One Goal.

๐Ÿ”ฅTeam announcement ๐Ÿ“ฃ ๐Ÿ‰KRC VS SISHEN๐Ÿ“Sivos Sports ground, Kathu๐Ÿ—“๏ธSaturday, 11 July โฑ๏ธ15:00
10/07/2026

๐Ÿ”ฅTeam announcement ๐Ÿ“ฃ

๐Ÿ‰KRC VS SISHEN
๐Ÿ“Sivos Sports ground, Kathu
๐Ÿ—“๏ธSaturday, 11 July
โฑ๏ธ15:00

Ons Het Nog Heerlike Rou Sosaties en Boerewors beskikbaar
29/06/2026

Ons Het Nog Heerlike Rou Sosaties en Boerewors beskikbaar

Afrikaans Op Toer is oppad en on het die beste sitplek vir jou gehou!!Kom geniet die aand op ons Dek in die VIP area.
23/06/2026

Afrikaans Op Toer is oppad en on het die beste sitplek vir jou gehou!!
Kom geniet die aand op ons Dek in die VIP area.

22/06/2026
Wenners!!๐Ÿ‰ Frances Baard Cup in die sakkie! ๐Ÿ†๐ŸฅณKRC Duikers het 28-13 teen Hartswater gewen in die finaal! KRC Sables het ...
22/06/2026

Wenners!!๐Ÿ‰ Frances Baard Cup in die sakkie! ๐Ÿ†๐Ÿฅณ

KRC Duikers het 28-13 teen Hartswater gewen in die finaal!
KRC Sables het 33-51 teen Universals verloor.

Ruben Cilliers het man of the match gekry en Cee Jay Arends was beste back line speler in die Finaal. Trots op julle manne!๐Ÿ”ฅ

Baie dankie aan elke ondersteuner en ons bestuur vir julle moeite wat in die span in gaan, dit word opreg waardeer!
Volgende vat ons die Super liga aan!๐Ÿ‰

Address

6 Moore Street, Diamond Park
Kimberley
8301

Telephone

+27795199225

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kimberley Rugby Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kimberley Rugby Club:

Shortcuts

Share

Category