12/04/2022
Dankie aan elke persoon wat gehelp het met die Paasprojek vir die Klerksdorp Community Centre ons het sopas 564 paaseiers aan Michelle van Niekerk oorhandig!
Ons is ‘n gemeenskapsprojek waar ons hande neem met plaaslike inisiatiewe, maar ook ons eie proje
12/04/2022
Dankie aan elke persoon wat gehelp het met die Paasprojek vir die Klerksdorp Community Centre ons het sopas 564 paaseiers aan Michelle van Niekerk oorhandig!
12/04/2022
Ons kan sover vir die Klerksdorp Community Centre 312 paaseiers oorhandig!!! 👏🎉
Dankie aan almal wat sover 'n bydra gemaak het tot die Paasprojek! Ons kort wel nog 168 paaseiers om vir Michelle van Niekerk te gee! Jyt nog kans tot Donderdag om te help!Laai af by Bsure Brokers se kantore in Michael straat of ons kom haal dit 0825521950
07/04/2022
As jy vandag jou Klerksdorp Rekord kry, koop sommer 'n boks paaseiers en ondersteun die Klerksdorp Community Centre se paaseier projek!
04/04/2022
Het jy al 'n boks paaseiers gekoop?
Ondersteun ons projek in samewerking met Klerksdorp Community Centre ons kort 480 paaseiers vir Michelle van Niekerk se ete vir bejaardes en 'n paar sopkombuise gedurende Paasfees!
Laai jou boks af by Bsure Brokers se kantore in Michael straat of stuur 'n what's app na 0825521950 en ons laai dit op!
02/04/2022
Paasfees is om die draai en die jaar ondersteun ons weer die Klerksdorp Community Centre, Michelle van Niekerk hou elke jaar 'n bederf ontbyt vir die bejaardes en ook sopkombuise waar sy graag 480 paaseiers benodig vir elke persoon! Kom ons vat hande en koop 'n boks saam met jou kruideniersware en laai dit af by Bsure Brokers se kantore in Michaelstraat! Ons het 12 dae! 🌈
06/09/2021
Triest Training Centre for people with Intellectual Disabilities se kliënte, Wilfred, is vandag heerlik bederf met 'n splinternuwe cd/radio speler!
Bsure 2 make a difference in samewerking met Bsure Brokers het sy droom bewaar na syne gebreek het! Wilfred het 'n liefde vir musiek en nou kan hy weer heerlik radio luister en na sy gunsteling CD's luister!
28/07/2021
Koop vandag nog jou geel lap vir Jolande van Greuning Ondersteuners Groep teen R50 en ondersteun haar op die pad na genesing! Lappe beskikbaar by Ebko
Michael straat is geel en Bsure Brokers en Bsure 2 make a difference ondersteun die inisiatief!
Ons daag ander besighede uit om dieselfde te doen!
07/04/2021
Wonderlik om sulke fotos te sien! So bly die bejaardes kon iets soet geniet!
26/03/2021
BAIE DANKIE aan elke inwoner van die Kosh omgewing wat paaseiers geskenk het vir ons paaseierprojek! Michelle van Niekerk van die Klerksdorp Community Centre het 372 paaseiers ontvang vir haar sopkombuise en bejaardes!
20/03/2021
Ons het nog net 'n paar dae om Paaseiers vir Klerksdorp Community Centre in te samel! Help Michelle van Niekerk om 'n paar bejaardes en ook mense wat by die sopkombuis kos kry se paasfees spesiaal te maak met 'n klein bederf in die vorm van 'n paaseier! Westpack het tans 'n promosie om 3 bokse te koop teen slegs R99
Laai jou paaseiers af by Bsure se kantore op die hoek van Michael en chris Hani strate oorkant Laerskool Saamtrek! 🐇