Nelspruit Stoei Klub

Nelspruit Stoei Klub

Share

Nelspruit Stoei Klub @ The Square Nelspruit

Dinsdag & Donderdag
Beginners: 17:00 - 18:00
Pumatjies: 17:00 - 18:30
Kompetisie Stoeiers: 17:30 - 19:00

25/08/2026

🏉🇿🇦 WEN GROOT! RAAI DIE TELLING! 🇿🇦🏉

Die groot Springbokke vs All Blacks wedstryd is om die draai — en jy kan saam met ons groot wen! 🔥

🎟️ Hoe werk dit?

1. Koop jou lootjie teen slegs R10 per kaartjie.
2. Kies jou voorspelling vir die eindtelling van die wedstryd.
3. Hou duim vas en kyk hoe die wedstryd uitspeel! 🤞🏼
4. Die persoon met die naaste voorspelling aan die werklike eindtelling wen ’n ongelooflike R5 000 kontant! 💰🔥
5. Daar is ook lekker ander pryse wat deur middel van ’n lootjietrekking gewen kan word!

🎁 Ons het ’n fantastiese pryspakkette saamgestel met heerlike Laeveld produkte en borge.

R10 kan jou R5 000 laat wen! 😱💰

🇿🇦 Kom staan saam met ons en ondersteun ons Stoeiklub — en maak die wedstryd sommer nóg meer opwindend!

🎟️ Kaartjies is NOU reeds beskikbaar!
📲 WhatsApp Inge: 083 299 2999
Koop jou kaartjies hier via Whatsapp

📍Nelspruit Stoeiklub Toernooi 29 Aug te Church Unlimited, Nelspruit 🇿🇦💚💛

Photos from Nelspruit Stoei Klub's post 21/08/2026
19/08/2026
13/08/2026

Die Johnnie Reitz Big 5 Ope Kampioenskappe is die grootste en mees gesogte stoeitoernooi op die Afrika-kontinent.

2 Nellie Miere het die voorreg gehad om hulle stoeiklub by hierdie toernooi te verteenwoordig en het sommer gewys dat ons Laevelders weet van stoei!

JR Green en Pontaleon van Rooyen het op 8 en 9 Augustus in Pretoria deelgeneem aan hierdie Kampioenskappe. Hulle het albei in hulle afsonderlike gewigsafdelings goud behaal - voorwaar ń groot prestasie vir hierdie internasionale toernooi.

Geluk Miertjies, ons is trots op julle!

12/08/2026

A heartfelt THANK YOU to iSecure EMS Nelspruit for your incredible support of our upcoming 4th Pumatjies & MSV Age Championship Wrestling Tournament on 29 August 2026. ❤️🤼‍♂️

Your generous sponsorship of medical support, paramedics and ambulance services means so much to us. Knowing that our wrestlers, coaches, officials and spectators will have professional medical support available gives us great peace of mind.

Thank you for supporting our young athletes and being part of our wrestling family. Your commitment to our community truly makes a difference! 🙏❤️

We appreciate you more than words can say!

11/08/2026

🥇 BIG 5 OPE – BAIE GELUK, WILLEVARKE! 🐗🏆

Baie geluk aan al ons stoeiers wat die naweek aan die Big 5 Ope in Pretoria deelgeneem het, en ’n spesiale gelukwensing aan almal wat met ’n medalje huis toe gekom het! 🥇🥈🥉

Elke stoeier wat die mat betree het, kan voorwaar trots wees op homself. Dit was ’n harde kompetisie met baie sterk en hoëvlak-stoeiers wat deelgeneem het. Julle het jul harte op die mat gelos en elkeen het waardevolle ervaring opgedoen. 💪🔥

’n Groot dankie aan al ons afrigters vir julle leiding, tyd, toewyding en ondersteuning. Julle werk agter die skerms maak ’n ongelooflike verskil in die ontwikkeling van ons kinders. 🙌

Ons is trots op julle almal!
Hou aan werk, hou aan leer en, die belangrikste, hou aan glo in julleself! 🐗💪

BAIE GELUK, WILLEVARKE! 🏆🐗

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Mbombela?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


The Square (Above Dischem)
Mbombela
1200

Opening Hours

Monday 18:00 - 20:00
Wednesday 18:00 - 20:00