06/10/2026
NELLIES SKIET RAAK OP NASIONALE VLAK
Righardt Coleman (Graad 11), Caela Venter (Graad 10) en Arissa Carstens (Graad 11) het Mpumalanga by die SANSSU (South African National School Shooting Union) Kampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig.
Die kompetisie op nasionale vlak was besonder sterk, wat hierdie prestasies des te meer besonders maak. Caela het ’n nuwe persoonlike beste telling aangeteken en ’n plek onder die Top 20 in die o/16 Sporter-afdeling behaal.
Ons is trots op al drie ons leerders vir hul toewyding, harde werk en deursettingsvermoë, asook vir die wyse waarop hulle Hoërskool Nelspruit en Mpumalanga op nasionale vlak verteenwoordig het.