06/09/2026
🐎🏆 Menlo trots! 🏆🐎
Ons kondig met trots ons Menlo-ruiters aan wat gekies is om Gauteng by die 2026 SANESA Nasionale Kampioenskappe te verteenwoordig.
Die pad na 'Nationals' word nie oornag gestap nie. Na maande van kwalifiseerders, vroeë oggende, lang dae in en langs die arena, oomblikke in en dan ewe skielik uit die saal, opwinding, teleurstelling, uitdagings en oorwinnings, het hulle nou hierdie opwindende punt bereik. Hierdie prestasie is die resultaat van baie meer as net talent. Dit verg deursettingsvermoë, dissipline, opofferings en 'n ware liefde vir die sport.
Baie geluk aan:
⭐ Jessi Strydom (Equitation, Show Jumping, Working Hunter)
⭐ Leilanie Potgieter (Equitation, Working Hunter)
⭐ Annebelle Botha (Show Riding, Working Hunter)
⭐ Dea Higgins (Dressage Freestyle)
⭐ Miela Diamond-van Jaarsveld (Show Jumping)
⭐ Kaeley Smith (Show Jumping)
⭐ Annabell Burger (Show Jumping)
⭐ Leah de Wit (Endurance A-span, 80 km)
⭐ Jeante van der Merwe (Working Equitation Rising Stars)
⭐ Gizelle de Bruin (Working Equitation Rising Stars)
⭐ Mila Wiggett (Western Mounted Games)
Die 2026 SANESA Nasionale Kampioenskappe vind as volg plaas:
📍 Core League Nasionale Kampioenskappe
24 tot 27 September 2026 | Kyalami Equestrian Park, Gauteng
📍 Rising Stars Challenge
27 en 28 September 2026 | Kyalami Equestrian Park, Gauteng
📍 Western Mounted Games Nasionale Kampioenskappe
27 September tot 3 Oktober 2026 | Afridome, Parys
📍 Working Equitation Nasionale Kampioenskappe & Rising Stars Challenge
3 Oktober 2026 | Rosefield Equestrian Club
📍 Endurance Nasionale Kampioenskappe & Rising Stars Challenge
24 Oktober 2026 | The Willows, Bloemfontein
‘n Spesiale dankie ook aan al ons ouers, afrigters, ‘grooms’ en ondersteuners wat elke tree van die pad saamgestap het. Dankie vir elke kilometer met ‘n ‘horse box’ op die pad, die vroeë oggende, die laat middae, die eindelose logistiek, kophou met arena skedules, aanmoediging en onvoorwaardelike ondersteuning!
❤🤍💙