11/04/2024
Privileged to be a part of this.
Netbal:
Woensdae:Gr RR - Gr 7
Tye:14:00-15:00,15:00-16:00. Daar word gefokus op ouderdomme 5 - 13 jaar
(Graad RR - Graad 7).
Mighty Minions Netball ontwikkel:
Basiese netbal vaardigehede
Balvaardighede,
Voetwerk,
Hand-oog koordinasie,
Motoriese koordinasie,
Visuele koordinasie,
Veerkrag,
Spoed en visie. Speletjies word gebruik om die aanlering en ontwikkeling te vergemaklik. Alle sessies word by die Action cricket bane aangebied. Dogters kan enige van die sessies bywoon. Mighty Minions Netball academy will improve y
11/04/2024
Privileged to be a part of this.
15/05/2022
Wat ñ voorreg om nog ñ kursus te kon aanbied by Laerskool Uitkyk.
23/04/2022
Another great mini netball course! Thank you for all the support Nkangala region.
168 coaches attended.
Mini Netbal Kursus Hendrina.
Wat ñ fees!
Een van vele die jaar🙂
Hoop elkeen het ‘n Geseënde Kersfees gehad, vol liefde en Sy teenwoordigheid. Mag die jaar van 2022 een wees waarna elkeen kan uitsien!
Dankie vir julle getroue ondersteuning!
Sien julle in 2022!🥳
09/05/2021
Aan al die mamma’s wat altyd seker maak die dogters is by Minions en ontwikkel tot die beste van hulle vermoë...Gelukkige Moedersdag! Hoop julle is lekker bederf vandag, want julle verdien dit!
Ons weet dis nie altyd maklik om ‘n Ma te wees nie...weet net ONS SIEN JULLE EN ONS WEET JULLE DOEN ‘N ONGELOOFLIKE WERK!
Gelukkige Moedersdag!!!
02/02/2021
Ons skop weer die jaar af, sommer vroeg in Februarie.
Maak seker jy sluit vandag aan!
Met al die onsekerheid rondom skole sport, is dit belangrik om nie agter te raak nie en seker te maak daardie netbalvaardighede is op standaard.
Kontak ons gerus vir meer inligting.
1ste sessie vir 2021: Woensdag 3 Februarie
Word vandag nog deel van ons dinamiese groep!
20/10/2020
Na afloop van n harde Kwartaal, met al sy nuwe aanpassings, kry ons Minions n kans om te rus.
Mag elkeen die skoolvakansie baie geniet en lekker uitrus.
Ons sien almal weer, Woensdag 4 Nobember!
P.S moet nie môre se laaste sessie vir die Kwartaal mis nie. Daar wag n lekker verrassing vir jou!🏐
Die hitte stop nie ons oulike Minions nie. Lekker hard aan die oefen om seker te maak ons bly op ons tone vir volgende jaar se netbal.
Covid steel nie ons netbal-vreugde nie!
Trots op elke Minion!
Dit is vir ons so lekker om al die lyfies terug op die baan te sien.
Ons kan sien hulle het tydens die lockdown meer gefokus op die video-speletjies se vaardighede, so nou is dit weer opskerp op die netbalvaardighede 😉
Alhoewel hierdie ń nuwe manier is van dinge aanpak, maak ons seker almal is veilig, deur ons sosiale afstand ten alle tye te hou, van 2m!!!
Kan nie wag om die res ook terug te verwelkom nie!
Maak seker jy raak nie agter agv Covid nie.
Sluit aan om seker te maak jy is steeds reg vir volgende jaar se netbalseisoen!!!🏐
| 14:00 - 16:00 |