16/09/2026
Wes-Bolandjag & Afri-Forum Jeugskietdag.
Gedurende Saterdag 12 Sepetember 2026 het die jaarlikse Afri-Forum Jeugskietdag in samewerking met Wes-Bolandjag plaasgevind by die Kaapjag Skietbaan te Moorreesburg. Vanjaar was die 3de jaar wat hierdie gesamentlike dag aangebied is.
14 Jongelinge het die dag met groot opgewondenheid en afwagting tegemoet gegaan. Die wind was aan die sterk kan met reΓ«n wat gedreig het. Die skietformaat was βn ghongskiet met randslaggewere (.22) met die wapens en ammunisie wat deur Kaapjag geborg is. Ten spyte van die wind en dreigende reΓ«n, het die jongelinge die dag met vreugde en entoesiasme aangepak.
Kaapse Natuurbewaring het ook kleur aan die dag verleen. Donnie Malherbe het βn stalletjie voorberei met interessange inligting aangaande natuurbewaring en wapengebruik, wat hy met die jongelinge gedeel het. Daar is ook βn uitstalling van 3 skelette van roofdiere (leeu, luiperd en hiΓ«na). Die jongelinge moes deur middel van βn kompetisie die roofdiere identifiseer (of is dit raaiβ¦) en dan so in aanmerking kom vir pryse wat deur Kaapse Natuurbewaring geskenk is. Die identifisering van die skelette het selfs die meeste van die volwassenes aan die raai gehad.
Die dag is afgesluit met βn prysuitdeling. Soos voorheen, was die dag βn reuse sukses en word daar reeds beplan vir nog Jeugskietdae in die Weskaap. Servaas Rabie, Voorsitter van Wes-Bolandjag en Kaapjag se Bestuurder verantwoordelik vir Jeugontwikkeling , is reeds besig met die beplanning vir hierdie geleentheide. Wildlife Conservation SocietyAfriForumKaapjag - Cape HuntKaapjag Wes-Boland Moorreesburg Skietbaan