19/09/2026
HOE OEFEN EK OP 69?
Heavy duty training; Ek het nog nooit ure in die gym spandeer nie. Met my kragsessies doen ek 6 tot 8 oefeninge, elke oefeninge net een stel maar tot failure. My hoofoefening is alfyd aquats. Hier demonstreer ek met shoulder presses wat ek bedoel met 'tot failure". Ek het gister my sessie met squats begin, 8 oefeninge elk een stel gedoen en dit het my 22 minute gevat. Op bykans 70 jaar volg ek steeds hierdie metode van high intensity oefening, ek glo nie aan die storie van meer reps met ligte gewigte en minder intensief soos jy ouer word nie. Ek volg steeds my metode van heavy duty training. Wat ek wel doen is om rondom beserings te oefen - ek squat bv altyd met kettings om stress van my knië af te haal. Die plofaksie van die olympic lifts plaas ook stress op my knieë en ek moet dit ook ongelukkig begin uitskakel. Om 'n nekbesering wat ek as kind opgetel het te vermy sal ek ook chin ups agtertoe na my nek en nie vorentoe na my ken doen.
Die video wys wat ek bedoel met 'tot failure' - ek volg dieselfde prinsiep met squats en al my ander oefeninge.