29/05/2026
30 vreemdelinge word vriende in die Klein Karoo.
Die Klein Karoo Camino is ‘n reistog vir die siel. Kom stap saam deur die beeldskone voetheuwels van die Swartberge terwyl jy ook jou binnelandskap verken.
Dalk wil jy op ‘n bewuswordingstog gaan om te reflekteer, of dalk wil jy jouself bloot uitdaag en 'n paar berge gaan uitstap of trap of, dalk wil jy sommer net lank stap. Klein Karoo Camino bied staproetes, fietsroetes en korporatiewe geleenthede aan in die Suid-Kaap vanaf die kus van Mosselbaai tot in hart van die Klein Karoo. Ons bied fietsroetes aan waar jy met jou bergfiets die skoonheid, uitd
29/05/2026
30 vreemdelinge word vriende in die Klein Karoo.
29/04/2026
Hier is 'n paar foto's van die stappers wat tans die Klein Karoo Camino stap. Die natuur is pragtig na die onlangse reën. Daar is 'n heerlike kameraadskap tussen die 32 stappers.
Geniet dit saam met ons!
Dit was 'n spesiale 1e dag van die Klein Karoo Camino
18.5 km in die mooiste natuur met pragtige kerke besoek. Vanaand rus ons heerlik!
25/04/2026
Vanaand kom die 30 stappers wat more met die Camino begin by Oudemuragie Guest Farm bymekaar. Almal is opgewonde oor die 7dae wat voorlê.
16/03/2026
Vir meer besonderhede: www.kleinkaroocamino.co.za/bosoorlog of WhatsApp 071 209 1977
Bespreek vandag nog, plekke raak skaars
📅 Datum: 25 April tot 2 Mei 2026.
👉 Begin vandag droom en beplan.
👉 Navrae en besprekings by [email protected]
13/12/2025
Daar is nog 'n paar plekke oop op hierdie Camino. Kom stap saam en ervaar die Klein Karoo se skoonheid!
29/08/2025
Video | Karoo Camino wag, kom skryf jou eie storie langs sandsteenkerke - Maroela Media Van pelgrimspsalms tot sterrekyk: elke dag op dié staptog deur die Klein Karoo bring nuwe insigte, nuwe vriende en nuwe hoop.
01/08/2025
Maak gereed - vanaf 25 April tot 2 Mei 2026 pak ons weer die roete van die Sandsteenkerke al langs die voetheuwels van die Swartberge aan saam met Hannes Noeth!
Vir navrae kontak: [email protected]
06/05/2025
Verlede week het ons die agterpaaie gevat en teen die voetheuwels van die Swartberge vir 120km gestap. Solidariteit Helpende Hand het die staptog ten bate van hul en veldtog aangepak. Ons het ver gestap, soms baie warm gekry, soms nat gereën en soms koud gekry. Maar ons het nooit opgegee nie. Ons het met moed en grasie deur die mooie natuur gestap, elkeen met ‘n eie rede en die oog op ‘n groter doel.
Ons het stories vertel, karakters van die streek onthou, plaaslike mense beter leer ken en met Spitskop aan ons sy die skoonheid van die natuur tussen blase en seer spiere bly waardeer.
Wat ‘n lekker klomp mense. Elkeen so braaf en eiesoortig.
Wat ‘n voorreg was dit nie vir die Klein Karoo Camino om hierdie staptog te kon aanbied nie!
Sien jou binnekort op die Swartberg en in die Klein Karoo!