21/09/2026
ALPETRA — ’n JAG OM TE ONTHOU
Wat ’n ongelooflike paar dae in die bosveld! 🐾
Ons wil uit die diepte van ons harte dankie sê aan elke dame wat saam met ons kom jag het. Julle het hierdie jagtog besonders gemaak — die lag, die opwinding, die uitdagings en die herinneringe wat saam gemaak is, is presies waaroor Damesjag gaan. 🤍🩷🖤
’n Groot dankie aan Alpetra vir die gasvryheid en vir die voorreg om julle pragtige plaas met ons te kon deel.
Aan al die PH’s — dankie vir julle tyd, geduld, kennis en professionaliteit. Julle het elke jagter met sorg begelei en seker gemaak dat elkeen ’n onvergeetlike ervaring gehad het.
En dan natuurlik Kayla — dankie dat jy ons so bederf het met jou heerlike kos! 🥘❤️ Van vroegoggend se koffie tot die lekker kuier om die etenstafel — goeie kos maak enige jagtog net nog beter!
Laastens, maar beslis nie die minste nie, aan al ons borge — DANKIE.
Sonder julle ondersteuning, bydraes en geloof in wat ons met Damesjag probeer bereik, sou hierdie jagtog nie moontlik gewees het nie. Julle speel ’n belangrike rol daarin om vir ons dames hierdie geleenthede te skep en om ons groter doel met Damesjag te help verwesenlik.
Hierdie foto’s vertel net ’n klein deel van die storie… 📸
’n Storie van vriendskap, avontuur, vrouekrag, die bosveld en ’n liefde vir jag. 🐾
Dankie aan elkeen wat deel was van Alpetra se Damesjag.
Ons sien reeds uit na die volgende een! 🦌
Alpetra Nature Reserve