30/09/2026
“Marlize, jou boodskap het my hart regtig geraak. ❤️🥹 Baie, baie dankie vir jou mooi woorde. Dit beteken vir my meer as wat jy besef.
Ek is ongelooflik trots op jou, maar veral trots op die feit dat jy aangehou het, selfs op die dae wat jy nie lus was nie. Jy het self die besluit geneem om vir jouself te kies en aan te hou probeer — en kyk net hoe ver het jy al gekom! 🌸
Vir my gaan dit oor soveel meer as net gewig of ’n broekgrootte. Dit gaan daaroor dat jy weer goed voel in jou eie lyf, sterker voel, meer energie het en trots is op jouself. ❤️
En onthou, jy hoef nooit perfek te wees of met iemand anders vergelyk te word nie. Jy is JY, en ons werk saam aan jóú doelwitte, teen jóú pas. Ek sal altyd probeer om jou te ondersteun, te motiveer en jou te druk wanneer jy daardie ekstra bietjie nodig het. 😘
Dankie dat jy my vertrou en dat ek deel mag wees van jou journey. Ek waardeer jou ongelooflik baie. En ja… EMS het dalk ’n groot rol gespeel, maar JY is die een wat opgedaag het en die werk gedoen het! 💪🏼🔥
Hou aan — jy doen ongelooflik goed! ❤️ Ek is baie trots op jou!”