Volkies Krieket

Volkies Krieket

Share

Offisiele Facebook blad vir Volkies Krieket

Photos from Volkies Krieket 's post 19/02/2026

Baie geluk aan ons spanne met hulle voortgesette prestasies tydens die Finsbury-liga.

Ons 1stes eindig 3de, 15As 4de en Volkies 4de algeheel. Volkies bly dus deel van die Finsbury A-liga sedert 2016!

Ons is trots op julle!🏏🦅

Photos from Volkies Krieket 's post 10/02/2026

Baie geluk aan ons spanne met voortgesette goeie prestasies.

In die besonder geluk aan Handré de Beer wat op sy 18de 5-paaltjies geneem het. Voorwaar 'n lekker verjaarsdag geskenk! 🦅🏏

Photos from Volkies Krieket 's post 04/02/2026

Baie geluk aan ons spanne se puik prestasies teen Die Hoërskool Menlopark. Ons wen 2 uit die 3 wedstryde! 🏏🦅

Photos from Volkies Krieket 's post 27/01/2026

Finsbury Krieketliga Hoogtepunte oor die afgelope naweek

Ons O/15 A-span en 1ste span het hierdie naweek hulle krag in die Finsbury liga gewys!

O/15 A-span
Verloor teen Hoërskool Waterkloof met 7 paaltjies, maar wen teen Hoërskool Rustenburg met ’n sterk 80 lopies.

1ste Span
Verloor teen Hoërskool Waterkloof met 9 paaltjies, maar wen teen Hoërskool Rustenburg met ’n asemrowende 113 lopies.

Photos from Volkies Krieket 's post 27/01/2026

Ons O/15 B-span het die naweek ’n vriendskaplike krieketwedstryd teen Hoërskool Gimnasium se O/15 B-span gespeel en met ’n indrukwekkende 288 lopies gewen! 🏏

Ons 2de span het ook kragte gemeet teen Waterkloof in 'n vriendskaplike wedstryd en, al het hulle met 8 paaltjies verloor, het hulle dapper geveg tot die einde. 💪

Ons is ongelooflik trots op altwee hierdie spanne!

Photos from Volkies Krieket 's post 19/12/2025

Volkies Krieket se spelers presteer!

Een van ons Volkies, AW van der Merwe, wat tans die Dragons se onder 16-span verteenwoordig, is 2 keer as speler van die wedstryd aangewys tydens die CSA onder 16 toernooi in die Paarl.

AW eindig die toernooi as die bouler wat die meeste paaltjies, (16) geneem het, en word aangewys as die bouler van die toernooi in die Goue afdeling.

AW se beste boulsyfers was 6/24 teen die Dolphins. Baie geluk AW, ons Volkies is TROTS op jou!

20/11/2025

Ons sien uit na 'n goeie dag op die Gholfbaan saam met ons Volkie-familie. Hierdie geleentheid word deur Volkies Krieket en Volkie Vonk gereël.

Dankie aan ons hoofborg, Century 21 Potchefstroom wat hierdie dag moontlik maak.

Sien julle op die baan!

Photos from Volkies Krieket 's post 29/10/2025

Baie geluk aan ons 2des wat as ligawenners uit die stryd getree het na 'n oortuidende oorwinning teen RHS!🏏

Baie geluk ook aan ons 15A's en 15B's wat as Noordwes naaswenners bekroon is.

Volkies hou julle ontwikkeling met arendsoë dop! 🦅🦅

Photos from Volkies Krieket 's post 29/10/2025

Volkies Krieket is baie trots op ons 1stes wat 'n baie goeie Wildeklawer toernooi agter die blad gehad het.

Ons eindig algeheel 5de en verseker vir die 3de agtereenvolgende jaar 'n plek onder die top 8.

Ons sien uit na die nuwe hoogtes van volgende jaar!🦅🏏

Photos from Volkies Krieket 's post 29/10/2025

Volkie-krieket behaal goeie uitslae in die Kalahari 🏏

Volkies se tweede krieketspan het hulle staal gewys met uitstekende uitslae tydens die NMI Toyota Kuruman toernooi.

Volkies het teen ander skole se eerste spanne meegeding en uiteindelik in die finaal teen Centrurion se 1ste span verloor.

Pierre Joubert het uitgeblink met die bal en neem 13 paaltjies tydens die toernooi en stap ook met drie speler van die wedstryd pryse weg. Righardt Kruger vaar ook baie goed met die kolf.

Baie geluk aan ons spelers en afrigters met ‘n baie suksesvolle toernooi.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Potchefstroom?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Website

Address


41 Kruis Straat
Potchefstroom
2531