18/05/2026
Tanya en Simeon 🦢
Baie geluk julle twee! Mag dit absoluut alles gewees het waaroor julle gedroom het en nog meer! My gebed vir julle is, is dat julle toekoms saam mooi sal wees en dat die Here julle lei in Sy wysheid elke dag!
13/05/2026
Donè en Marnus🦢
Ons tyd was so kort saam maar dit voel of ek julle so lank al ken. Mag julle vir altyd maats bly. Ek hoop julle dag ws alles wat julle oor gedroom het en meer!
18/04/2026
Desire en Tinus🦢
Hoe ongelooflik lekker was dit om twee mense te kon leer ken wat so rustig is oor die lewe en soveel ‘fun’ kan hê. En dan is ek natuurlik so dankbaar vir die vriendskap wat ook ontwikkel het!!
Mag ons nog jare saam dans en kuier!
Hoop vandag se son wat uitgekom het was spesiaal vir julle!! Hoop julle het so lekker getrou soos wat julle dans! 🥰