24/09/2020
Mieliebom dip en floats het weer goed gewerk by Mihanzi vaaldam.
Ek het baie lanklaas by Mihanzi gehengel.
Ek het een stok gehengel op 115m
Rietvlei strop
Bo: Vampire soft float.
Onder: kariba wurm met geel harde float
Op die bol: pynapple tjop.
P5 so ver as moontlik gegooi maar kon nie een strop uit kry nie. Het daai stok na 55m geskyf en paar mooi geelvisse gevang. Nie getel hoeveel nie. Selfde hoek aas en bol dip. Nou en dan n biekie perdeby by.
08/09/2020
Die naweek het ons klubkomp saam Iscor HK by Kleinplaas vaaldam gehengel. Dit was vroegoggend lekker koud met baie mis en later die dag weer lekker warm. Water was baie vlak voor ons en het my gedwing op bietjie dieper te hengel. Ek kon darem 7 visse flous vir n totaalvan 9.5kg wat my n 3de plek vir die dag gegee het.
My kombinasie wat ek al my vis op gevang het was soos volg
Almond Super en Teiken en later die dag so elke 2de gooi wat ek gooi het ek bietjie Geel Activator ook bygesit.
Op die hoeke het ek bo n vampire soft float en onder n honey soft float met n Almond Semolina degie agter.
Was n baie lekker dag uit. Kan nie wag vir die volgende klubkomp nie.
18/08/2020
Stock reg om winkels toe te gaan
10/08/2020
Frederik het Saterdag 08/08/20 Vaaldam gehengel. Hy het n mooi sak vis gevang met die volgende Mieliebom produkte.
Boonste hoek: Vampire float
Onderste hoek: kariba wurm met geel "backing"
Op die bol: Vaalsous en pynappel-Tjop
Well done Valie
10/08/2020
Ons het Saterdag 08/08/20 bietjie gaan hengel by Vaaldam. Kon n paar visse in die net kry met Mieliebom Dips se produkte. Karpe was mooi fris en gesond. Tussen die 2 van ons kon ons 13 visse in totaal in die net kry. Die oggend was lekker koud met n sterk windjie wat gewaai het.
Kombinasie was soos volg.
Stok 1
Dips: Almond Super spray & Teiken spray
Boonste hoek: Soft Vampire float
Float onder: Soft Honey Float
Stok 2
Dips: Vaalsous & Poepsak
Boonste hoek: Soft Gumtree Float
Onderste hoek: Soft stoomtrein float
My penmaat Johnny se kombinasie was.
Stok 1
Dips: Cha-ka-lee en Pynappel tjop
Boonste hoek: Soft Stoomtrein Float
Onderste hoek: Soft Honey float
Stok 2
Dips: Almond Super spray & Geel Activator spray
Boonste hoek: Vampire soft float
Onderste hoek: soft Banlic float