Hernu-U

Hernu-U

Share

Hernu-U: Wetenskap gebasseerde Persoonlike Afrigting. Science based Personal Coaching

23/04/2026

Moet jy jou spiere oefen tot hulle fisies nie meer kan nie? Tot ineenstorting of "failure".
Wat sê die wetenskap oor optimale spiergroei en hoe gaan ineenstorting jou spiergroei bevoordeel of benadeel.

Vir hulp met jou persoonlike afrigting kontak Susan deur Hernu-U:
[email protected]

17/04/2026

Eensaamheid Hernu-U Woorde uit sy Woning Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
In ’n wêreld waar sosiale media ons meer as ooit verbind, beleef ons ironies genoeg ’n eensaamheid epidemie. Eensaamheid is nie net die afwesigheid van mense nie. Dit is ’n diep, stil pyn wat baie in stilte dra. Maar wat sê ons geloof oor eensaamheid?

08/04/2026

Ooreet Siklusse

Soms in 'n poging om beter meer gedissiplineerde patrone aan te leer, kan mens onbewustelik gewoontes aanleer wat meer skade doen as goed. Ooreet-ondereet patrone is een van daardie soort patrone wat kan ontwikkel uit die beste bedoelings. Wanneer ooreet gevolg word deur 'n ondereet reaksie is jy amper gewaarborg dat die siklus weer gaan herhaal. Om uit die siklus te begin beweeg moet jy eers jou liggaam leer dat kos veilig is en jou kan vertrou.

Indien jy hierdie potroon erken kontak Susan gerus:

Kontak: Susan Fouché
[email protected]
www.hernu-u.co.za

01/04/2026

Krimp jou wêreld?

Jou lewe word kleiner as jy ophou beweeg. 'n Gereelde patroon van beweging hou nie net jou liggaam sterk nie, maar dit vergroot ook jou wêreld. Die prys wat ons betaal oor die jare om op te hou beweeg is dat ons vermoëns en daarmee saam ons wêreld met tyd krimp en al hoe kleiner word, tot basiese beweging vir ons swaar en moeilik voel.

Kontak: Susan Fouché
[email protected]
www.hernu-u.co.za

25/02/2026

Slaap is die primêre manier waardeur ons liggame herstel en reguleer. Daarom is goeie slaappatrone ontsaglik belangrik vir ons liggaamlike welstand sowel as vir ons gemoed.

Vir meer inligting rakende oefen- of eetplanne, of indien by 'n aanlyn of in-persoon klas wil aansluit kontak Susan deur Hernu-U.
[email protected]

18/02/2026

Nikotien en e-sigarette lyk dalk vir sommige mense soos ’n onskadeliker alternatief vir rook, maar dit hou steeds ernstige gesondheidsrisiko’s in. Nikotien is ’n hoogs verslawende stof wat die brein se beloningsisteem beïnvloed en vinnig afhanklikheid kan veroorsaak, wat dit moeilik maak om op te hou. Dit verhoog ook hartklop en bloeddruk, wat die risiko vir hartsiektes kan verhoog. E-sigarette bevat dikwels skadelike chemikalieë en fyn deeltjies wat die longe kan irriteer en beskadig, en die langtermyn-effekte is nog nie volledig bekend nie. Daarom is beide nikotien en e-sigarette nadelig vir gesondheid en word dit nie as ’n veilige gewoonte beskou nie. Beslis nie iets om te gebruik as jy jou liggaam probeer opbou en gesonder maak nie.

Kontak Susan deur Hernu-U indien u hulp wil hê met u eet of oefenplanne, of dalk by 'n aanlyn klas wil inskakel.

17/02/2026
11/02/2026

As jy iemand is wat jou liggaam gereeld beweeg vir oefening en jy wil graag resultate sien, dan is hierdie video krities belangrik vir jou.

As jy weerstandsoefeninge doen sonder die minimum hoeveelheid proteïene, kan jy jou liggaam skade aandoen, of eenvoudig net op een plek bly staan. Voeding gaan saam met beweging in ons pad na welstand! Vir mense wat oefen lyk daardie getal in meeste gevalle na 1.6g-1.8g proteïene per Kg wat jy weeg.

As jy hulp nodig het met jou oefen- of eetplanne, kontak Susan deur
Hernu-U: [email protected]

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Pretoria