22/10/2026
2 more RTA players heading abroad
Congrats guys !
Gaan maak skade oorsee…
Twee klofies oppad Portugal toe.
Die Rugby Travel Academy het aangekondig dat Ruan Jacobs en Jedri Swart hul eersdaags by Tondela Rugbyklub in Portugal gaan aansluit.
Jedri en Ruan het die Hoërskool Waterkloof se eerste span albei in 2025 verteenwoordig waarna hulle by RTA aangesluit het.
Jedri is ń gedugte vaskop wat al in sy skooldae onder sy akademie-afrigter Nico Pretorius die fyner kunsies van skrumwerk geleer is.
Ruan is ń besige haker en daar word verwag dat die twee jong manne wat nou eers 19 jaar oud is , die ouer manne in Portugal se tweede divisie gaan besig hou.
“Jedri en Ruan kry ń ongelooflike geleentheid om op ń baie jong ouderdom oorsee te gaan leer en vir hulself verder deure oop te skop oorsee, hulle word ook ons 79ste en 80ste speler wat ons oorsee stuur in ons ses jaar bestaan.” Len Olivier , eienaar van die Rugby Travel Academy.
RTA stuur jaarliks menigte seuns oorsee wat veral naskool oor die hoof gesien is by plaaslike unies.
“Ons sien baie uit na ons nuwe groep van volgende jaar en dit gaan intressant wees om te sien wie ons volgende jaar oorsee stuur op nog lewens veranderende geleenthede vir ons jong manne. Ons is baie naby aan vol met net nog ń paar plekke oor vir 2027.” het Len Olivier laat weet.
RTA het hierdie jaar spelers geteken by top klubs in Frankryk , Italië , Engeland asook in Portugal.
Kontak Len Olivier by 076 633 6233 of [email protected] om die laaste plekke vir 2027 op te neem.